By baiediere kom daargebiedsgebondenheid voor, dit wil sê hulle bly lank en soms selfs hul hele lewe lank in 'n bepaalde gebied. Diere wat só 'n bepaalde afgebakende gebied bewoon, sal dan ook, wanneer nodig, die reg van toegang tot so 'n gebied verdedig. Soms geld territorialiteit net ten opsigte vanvoortplanting, byvoorbeeld 'nnes op 'n bepaalde plek. Dikwels geld dit vir voortplanting énvoeding of net vir voeding. Dit is egter duidelik dat territorialiteit 'n belangrike rol in die uitskakeling van kompetisie tussenorganismes speel deurdat dit individue of groepe territoriaal beter spasieer. Hierdie verskynsel is oral in dienatuur opvallend en kan maklik tydens beplande ekologiese studies waargeneem word.