Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Gastehuis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Gastehuis Altmõisa inEstland.

'nGastehuis is 'n vorm van betaalde losies of verblyf. In sommige dele van die wêreld is 'n gastehuis soortgelyk aan 'n koshuis, bed en ontbyt, of herberg, terwyl in ander dele (soos byvoorbeeld dieKaribiese eilande), gastehuise 'n tipe goedkoop hotelverblyf is. Verder kan dit 'n private woning wees wat omskep is vir eksklusiewe gebruik as gaste-akkommodasie. Die eienaar woon gewoonlik in 'n aparte deel van die eiendom, en die gastehuis funksioneer as 'n verblyfbesigheid.

Hierdie tipe akkommodasie bied groot voordele soos:

  • Persoonlike aandag
  • Gesonde en tuisgemaaktekos
  • Rustige atmosfeer
  • Bekostigbaarheid
  • Moderne ontwerp

Oorsig

[wysig |wysig bron]

In sommige gebiede van die wêreld, is gastehuise die enigste soort akkommodasie wat beskikbaar is vir besoekers wie nie familie het om by te bly nie. Van die kenmerke wat 'n gastehuis onderskei van 'n hotel of herberg is die gebrek aan voltydse personeel.

Bed en ontbyt en gastehuise inEngeland is in familiebesit, en al die familielede woon op die perseel, maar is gewoonlik nie saans beskikbaar nie. Hotelle hou 'n personeelteenwoordigheid in stand vir 24 uur per dag en 7 dae per week, terwyl 'n gastehuis 'n beperkte personeelteenwoordigheid bied. As gevolg hiervan is aanmelding by 'n gastehuis dikwels slegs op afspraak. 'n Herberg het gewoonlik ook 'nrestaurant verbonde daaraan.

Indië het 'n geweldige groei in die gastehuisbesigheid ondervind, veral inDelhi waar vordering in dieIT-sektor en dieStatebondspele in 2010 twee van die mees invloedryke faktore was. Deesdae het die gastehuissektor soveel verbeter, dat selfs 'n woonhuis wat omskep is in 'n gastehuis, 3 ster-fasiliteite aan sy gaste kan bied.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieEngelse Wikipedia vertaal.
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Gastehuis&oldid=2582821"
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp