DieGanges ofGanga (Hindi: गंगा;Bengaals: গঙ্গা,Gônga;Sanskrit: गङ्गा;Oerdoe: گنگا,Gaṅgā) is 'n grootoos-vloeienderivier inAsië. Dié rivier, met 'n lengte van 2 525 km (1 569 myl), is ná dieIndus en dieBrahmaputra die derde langste rivier inSuid-Asië. Die Ganges is die heiligste rivier inHindoeïsme[4] en sterk besoedel deur riool.[5]
Die Ganges ontstaan deur die saamvloei van die Bhagirathi en die Alaknanda binne dieHimalaja in die streek Garhwal van dieIndiese deelstaatUttarakhand, net suid van die grens tot dieChinese outonome gewesTibet, naby die bergKailash. Aansluitend vloei dié rivier in 'n suidelike rigting, voordat dit die Groot Vlakte bereik, een van die mees digbevolkte gebiede van die wêreld. Net oos van die Indiese hoofstadNieu-Delhi vloei die Ganges in 'n oostelike rigting en bereik die deelstaatUttar Pradesh. Hier vloei dié rivier deurKanpur, die grootste stad aan die boloop. InAllahabad mond dieYamuna, die Ganges se belangrikste sytak, in dié rivier uit. Net oos daarvan bereik dié rivier die stadWaranasi, in die Hindoeïsme die mees belangrike pelgrimsoord aan die Ganges. Aansluitend vloei die Ganges deur die deelstaatBihar en bereikPatna, die grootste stad aan dié rivier. Beide stede, Waranasi en Patna, behoort tot Indië se oudste nedersettings. Verder oos vloei dié rivier deur die deelstateJharkhand enWes-Bengale, waar waterryke sytakke vanuit die Himalaja in die Ganges uitmond. Aansluitend bereik die GangesBangladesj, waar die rivierHugli genoem word. Net wes van dié land se hoofstadDhaka vloei die Ganges en dieBrahmaputra saam en vorm die Padma. Die Padma vloei verder in 'n suidwestelike en aansluitend in 'n suidelike rigting. Later mond dit in die Gangesdelta in dieGolf van Bengale uit.