Paul Villard, ’n Fransechemikus enfisikus, het gammastraling in 1900 ontdek terwyl hy straling bestudeer het wat deurradium vrygestel word. In 1903 het die Britse fisikusErnest Rutherford dié soort bestraling "gammastrale" genoem vanweë hul relatief sterk deurdringingsvermoë; hy het voorheen twee minder deurdringbare soorte vervalstraling ontdek wat hy alfa- en betastrale genoem het.[1]
Alfastrale (boonste figuur) word deur ’n vel papier gekeer. Virbetastrale is iets dikkers nodig (byvoorbeeld tinfoelie), maar gammastrale kan deur veel dikker materiale dring.
Gammastrale van radioaktiewe verval kom voor in die energie-omvang van ’n paarkeV tot ~8 MeV, en dit stem ooreen met die tipiese energievlakke in kerns met ’n redelike lang leeftyd. Die energiespektrum van gammastrale kan gebruik word om die vervallende radionukliede te identifiseer met die gebruik vangammaspektroskopie. Gammastrale met ’n baie hoë energie, van 100-1 000 TeV, is al opgespoor in bronne soos dieCygnus X-3-mikrokwasar.
Natuurlike bronne van gammastrale wat opAarde ontstaan het, is meestal die gevolg van radioaktiewe verval en sekondêre straling uitatmosferiese wisselwerkings met kosmiese strale. Daar is egter ook ander, seldsame natuurlike bronne, soos gammastraalflitse in die Aarde se atmosfeer wat gammastrale produseer uit elektronaksie op die kern. Kunsmatige bronne van gammastrale sluit insplyting, soos inkernreaktors, en fisika-eksperimente by hoë energievlakke, soosneutrale pionverval enkernfusie.
Nasa se gids tot die elektromagnetiese spektrum wys die oorvleueling van gamma- en X-strale.
Gamma- enX-strale is albei elektromagnetiese straling en oorvleuel in dieelektromagnetiese spektrum; by sekere energieë kan hulle nie bloot deur opsporing uit mekaar geken word nie. Om hulle te onderskei moet hul oorsprong vasgestel word. In die geval van X-strale is die bron buite die kern vanweë elektronwisselwerking. Wetenskaplike terminologie verskil van veld tot veld. Inastrofisika word strale watfotonenergieë bo 100 keV het as gammastrale beskou en dit is die onderwerp van gammastraal-astronomie. Straling onder 100 keV word as X-strale geklassifiseer en is die onderwerp van X-straal-astronomie. Dié gebruik kom van die vroeë X-strale wat deur die mens gemaak is en energieë van net tot 100 keV gehad het, terwyl baie gammastrale hoër energieë gehad het.
Gammastrale is ioniserende straling en dus biologies gevaarlik. Dit hou ’n risiko vir die mens se gesondheid in; dit kanbeenmurg enorgane beskadig. Anders as alfa- en betastrale beweeg hulle maklik deur die liggaam en verg dik beskermingmateriale soosbeton oflood.
’n Goeie voorbeeld van ’n radio-isotoop wat gammastraling uitstraal, is60Co. Hierdiekobaltisotoop word gebruik omstaal te maak en in hospitale omkanker te behandel. Wanneer dit in die verkeerde hande beland, soos dié van diewe, kan dit groot gevaar inhou.[2]