Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Gambiërivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Gambiërivier
Die westelike deel van die Gambiërivier, soos vanuit die ruimte gesien.
Die westelike deel van die Gambiërivier, soos vanuit die ruimte gesien.
Die westelike deel van die Gambiërivier, soos vanuit die ruimte gesien.

Die stroomgebied van die Gambiërivier.

OorsprongnabyLabé
MondingBanjul,Gambië
Atlantiese Oseaan
StroomgebiedGuinee,Senegal,Gambië
Lengte1 130 km (702 myl)
Oorspronghoogte438 m (1 437 voet)
Mondinghoogte0 m
Gemiddelde afloop2 000 m/s³ (70 629 ft³/s)
Stroomgebiedopp.69 931 km² (13 427 myl²)
Kaart van die Gambiërivier-bekken in Afrika.
Kaart van die Gambiërivier-bekken in Afrika.
Die Gambiërivier in die Niokolo-Koba Nasionale Park

DieGambiërivier (Engels:Gambia River,Frans:fleuve Gambie) is 'n belangrikerivier inAfrika wat oor 1 130 km vanaf die Fouta Djallon-plato in Noord-Guinee tot in dieAtlantiese Oseaan vloei by die stadBanjul. Dit is bevaarbaar vir ongeveer die helfte van sy lengte.

Die rivier is hoofsaaklik bekend as gevolg vanGambië, die kleinste land in Afrika, wat uit omtrent net die stroomafhelfte van die rivier en sy twee oewers bestaan.

Van Fouta Djallon loop die rivier noordwes in die Tambacounda provinsie vanSenegal in waar dit deur dieParc National du Niokolo Koba vloei en die Nieri Ko en Koulountou daarby aansluit voor dit in Gambië invloei by Fatoto. Van hierdie punt af vloei die rivier hoofsaaklik wes, maar kronkelend met 'n aantal hoefystermere. Sowat 100 km van die monding begin dit geleidelik wyer word, tot meer as 10 km wyd waar dit by die see uitmond.

Volgens Alex Haley se romanRoots, het die Gambiërivier een van die leidrade verskaf wat hom gehelp het om sy Amerikaanse familiegeskiedenis terug te spoor na Afrika. Die woorde "Kamby Bolongo" was van die min woorde wat sy familie oor die geslagte heen aangegee het; hy ontdek dat 'nbolongo 'n "bewegende water" of "rivier" is in Mandinka, hy lei dus daaruit af dat die frase waarskynlik na die Gambiërivier verwys. Sy teorie is bevestig toe hy na Juffure, Gambië, op die noord-oewer van die rivier reis, en vind dat die mondelingse familiegeskiedenis ooreenkom met sy eie.

Langs die rivier naby Juffure is Jameseiland, 'n plek gebruik in dieslawehandel wat nou 'nUNESCOWêrelderfenisgebied is.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Gambiërivier&oldid=2187613"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp