Gallium is 'n baie skaars sagte silwerige metaal en is 'n bros vastestof teen lae temperature maar vervloei teen temperature bietjie hoër as kamertemperatuur en sal inderdaad selfs in 'n mens se hand smelt. Dit kom as spoorelement inbauxiet ensinkertse voor. 'n Belangrike aanwending is in diegalliumarseniedverbinding wat gebruik word as 'nhalfgeleier, veral virlig-emmisie diodes (LED)s.
Baie suiwer gallium het 'n asemrowende silwerkleur en die soliede metaal breekkonkoïdaal soosglas. Gallium metaal sit met 3.1% uit wanneer dit stol en moet daarom nie in glas of metaal houers gestoor word nie. Gallium korrodeer ook die meeste metale deurdat in hulle metaalraamwerk in diffundeer.
Gallium is een van die vier metale (saam metsesium,kwik enfrankium) wat vloeibaar is naby aan kamertemperatuur en daarom kan dit ook in hoë temperatuurtermometers gebruik word. Dit het ook die uitstaande eienskap dat dit die wydste vloeibare bereik van enige metaal het en (anders as kwik) het ook 'n baie laedampdruk teen hoë temperature.
Hierdie metaal het 'n sterk neiging totsuperverkoeling onder sysmeltpunt wat dit nodig om saadkristalle by te voeg om dit te laat stol. Hoë suiwerheid gallium word stadig deurminerale sure aangeval. Diesmeltpunt is baie laag,T = 30 °C en die digtheid van die vloeistof is hoër as in die kristallyne toestand (net soos water maar anders as die meeste ander materiale).
Gallium het nie 'n eenvoudigekristalstruktuur nie. Die stabiele fase onder normale toestande isortorombies met 8 atome in die konvensioneleeenheidsel. Elke atoom het slegs een naaste atoom (op 'n afstand van 244 pm) en ses ander naburige atome binne 39 pm daarvandaan. Baie stabiele en metastabiele fases is teenwoordig by verskillende temperature en drukke.
Die verbinding tussen die naaste atome het 'nkovalente aard en daarom word Ga2dimere as die fundamentele boublokke van die kristal beskou. Die verbindings metarseen,galliumarsenied, is 'nhalfgeleier wat algemeen gebruik word in lig-emissie diodes.
Aangesien ditglas ofporselein benat, kan gallium gebruik word om baie helderspieëls te vervaardig.
Dit word gereeld gebruik omhalfgeleiers te doop om vaste-toestand toestelle soostransistors te vervaardig.
Gallium vorm geredelik legerings met die meeste metale en is al gebruik om laagsmeltende legerings te vervaardig. Dieplutoniumputte vankernwapens gebruik 'n legering met gallium om dieallotrope van plutonium te stabiliseer. Baie navorsing word ook gedoen rondom die gebruik van gallium legerings omkwikamalgame vir tandheelkundige gebruike te vervang, maar sulke verbindings word nog nie in die bedryf aanvaar nie.
Gallium wat bygevoeg word in hoeveelhede van soveel as 2% in gewone soldeersels kan die benattings- en vloei-eienskappe verbeter.
Gallium word gebruik in sommige hoë-temperatuurtermometers en 'neutektiese legering van gallium,indium entin is algemeen beskikbaar in koorstermometers as vervanging vir kwiktermometers. Hierdie legering met die handelsnaamGalinstan het 'n vriespunt van −20 °C.
Daar is al voorgestel dat 'n vloeibare gallium-tinlegering gebruik moet word om hoofraamrekenaars se stroombane te verkoel in plaas van water. Dit gelei hitte ongeveer 65 keer beter as water wat dit 'n uitstekende verkoelingsmiddel maak.[1]
Galliumsoute soos galliumsitraat en galliumnitraat word asradiokontraserende middels gebruik in mediese verbeelding. Dieradio-aktiewe isotoop67Ga word gebruik vir die toepassing.
Gallium (LatynGallia watGallië beteken; engallus wat hoenderhaan beteken) is in 1875 ontdek met behulp vanspektroskopie deurLecoq de Boisbaudran aan die hand van sy kenmerkende spektrum (tweepers lyne) tydens 'n analise van sinkblende vanuit diePireneë. Die element se bestaan is voor die ontdekking daarvan reeds deurDmitri Mendelejef voorspel en van die eienskappe daarvan beskryf aan die hand van sy ligging in dieperiodieke tabel. Boisbaudran het die element later in 1875 geïsoleer deur die elektrolise van diehidroksied in 'nKOH oplossing. Hy het die element na sy geboorteland,Frankryk vernoem en deur die woordspeling ook na homself aangesien 'Lecoq' die haan beteken in Frans.
Gallium kom nie in die suiwer vorm in die natuur voor nie. Gallium word ontgin as 'n spoorelement inbauxiet,steenkool,diaspore,germaniet ensfaleriet. DieUSGS beraam die gallium reserwes gebaseer op 'n aanname van 'n inhoud van 50 ppm konsentrasie op 'n massabasis in bekende reserwes van bauxiet en sinkertse. Sommige fyn steenkoolas is al gevind wat soveel as 1.5 percent gallium bevat het.
Gallium word normaalweg nie as toksies beskou nie. Sommige bronne beweer dat dit moontlikdermatitis kan veroorsaak by langdurige blootstelling; toetse het dit egter nog nie bevestig nie. Dit vlek egter jou vel indien dit met die kaal hande vasgehou word.
Aangesien aluminium en gallium 'n laagsmeltendeeutektiese mengsel vorm, verteenwoordig die vervoer van gallium 'n risiko in die lugvaartbedryf in die sin dat as die gallium uit sy houer sou lek dit moontlik diealuminiumstruktuur van die vliegtuig kan aanval en dit verswak met potensieel katastrofiese gevolge. Dis om hierdie rede dat lugvervoerregulasies streng vereistes stel vir die verpakking en maksimum hoeveelhede gallium wat vervoer mag word.