Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Gabriel Fauré

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Gabriel Fauré
Fauré in 1937. (Foto: Eugène Pirou)
Agtergrondinligting
Gebore12 Mei1845
Pamiers, Ariège, Midi-Pyrénées,Frankryk
Sterf4 November 1924 (op 79)
Parys,Frankryk
GenresRomantiek
Beroep(e)Komponis, orrelis

Gabriel Urbain Fauré (Frans: [ɡabʁiɛl yʁbɛ̃ fɔʁe];12 Mei18454 November1924) was 'n romantiekkomponis, orrelis, pianis, en onderwyser. Hy was een van die belangriksteFranse komponiste van sy generasie, saam met sy jonger tydgenoteClaude Debussy enMaurice Ravel. Fauré is bekend vir sy klaviermusiek, kamermusiek en liedjies. Hy het ook Franse godsdiensmusiek vernuwe – dieRequiem is een van sy bekendste werke. Operas is ook deel van syoeuvre, maar hulle het nie 'n repertorium gehou nie.

Lewensloop

[wysig |wysig bron]

Fauré studeer aan die kerkmusiekskool van Louis Niedermeyer inParys, waar onder andereCamille Saint-Saëns een van sy onderwysers was, waarna hy 'n orrelis geword het, eers inRennes en later in verskeie Paryse kerke. In 1897 word hy 'n dosent in komposisie aan die "Conservatoire National Supérieur de Musique" in Parys, en in 1905 direkteur van hierdie instituut.Maurice Ravel enGheorghe Enescu was onder sy studente.

Vir baie jare was hy verbonde aan die Paryse Madeleinekerk, eers as koorleier, en later vanaf 1896, as orrelis. Hy het onder meer sy Requiem daar geskryf; dit is vandag steeds een van sy mees opgevoerde werke. Die komposisie is gebou rondom die bekendePie Jesu. Hy was kieskeurig in die keuse van tekste vir sy requiem. Hy het harde woorde soos 'Dies Irae', die Oordeelsdag, uitgelaat. Sy sienings oor die dood was nie gitswart nie. "Dit is 'n vreugdevolle bevryding, 'n verlange na geluk anderkant die graf, eerder as 'n pynlike ervaring." Daardie hoopvolle, harmoniese toon is duidelik merkbaar in sy Requiem.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Bronne

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Internasionaal
Nasionaal
Akademie
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Gabriel_Fauré&oldid=2506674"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp