'n GSM-telefoontoestel.Die GSM-kenteken wat gebruik word om versoenbare selfone en toerusting te identifiseer.
GSM ('nFranse afkorting virGroupe Spécial Mobile) is die gewildste standaard vir mobieletelefoonstelsels ter wêreld. Die GSM-assosiasie skat dat 80% van die wêreldwye selfoonmark die standaard gebruik. Dit word gebruik deur meer as 1,5 miljard mense in meer as 212 lande en gebiede.Selfone wat aan 'nGSM-telefoonnetwerk gekoppel is, kan wêreldwyd gebruik word, danksy internasionale "roaming"-reëlings tussen netwerkoperateurs. GSM verskil van die voorgangertegnologieë omdat beide die sein- en spraakkanaledigitaal is.GSM kan beskou word as 'n tweede generasie (2G) selfoonstelsel. Dit fasiliteer ook die wydverspreide implementering vandatakommunikasietoepassings in die stelsel.
Tweede generasie (2G) gebruikTyddeelmultipleksering (TDM) beginsels vir skakeling, derde generasie (3G) gebruikAsynchronous Transfer Mode (ATM) beginsels en vierde generasie (4G), ook bekend asLong term evolution (LTE) gebruikIP beginsels.
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.