DieHoofburo van Missiele en Artillerie van die Departement van Verdediging van die Russiese Federasie (GRAOE) (Russies: Главное ракетно-артиллерийское управление МО РФ (ГРАУ)) is 'n onderafdeling van die Russiese departement van verdediging. Dit val onder die hoof van bewapening en munisie van die Russiese weermag. (Russies: начальник вооружения ВС РФ - заместитель Министра обороны РФ).
Een van die funksies van die GRAOE is omGRAOE-indeksnommers toe te ken aanRussiese enSowjet-wapentuig en -toebehore.
GRAOE-nommers is in die formaat<nommer> <letter> <nommer>, met 'n moontlike afsluitkode<letter> <nommer>. 'n Spesifieke kodenaam kan op die indeks volg.
Voorbeeld: «2 S 19 Msta-S», die2S19 Msta selfaangedrewe houwitser.