Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

GNOME

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
GNOME
Logo van die GNOME-projek
Skermkiekie van GNOME 41

OntwikkelaarGNOME-ontwikkelaars
Aanvanklike vrystelling3 Maart 1999; 26 jaar gelede (1999-03-03)
Nuutste weergawe47.4[1] Edit this on Wikidata/ 16 Februarie 2025
ProgrammeertaalC, C++, C#, Javascript
Beskikbaar inmeer as 50 tale
KategorieWerkskermomgewing
LisensieGPL enLGPL
Webbladwww.gnome.orgEdit this at Wikidata
Ubuntu

DieGNOME-projek is 'n internasionale poging om 'n maklik-om-te-gebruik rekenaarwerkskermomgewing, wat heeltemal uit programmatuur wat asvry deur dieFree Software Foundation beskou word, te skep. Dit beteken die skep van gereedskap wat ontwikkelaars help om nuwe alleenstaande toepassings te skryf, die kies van toepassings vir insluiting in die amptelike werkskermproduk, en werk aan wat bekendstaan as die werkskerm-omgewing, dit wil sê, die werkskerm, toepassingskieslys , taakbalk, lêerbeheerder en venstermaker.

'n Groot hoeveelheid programmatuur word geskep of aangebied onder die sambreel van die GNOME-projek, waarvan sommige versamel word en saam vrygestel word asThe GNOME Desktop. Die werkskerm word saam met 'nbedryfstelsel, soos 'nGNU/Linux verspreiding ofSun Microsystems seSolaris, versprei om 'n volfunksie rekenaarstelsel te skep.

GNOME is die amptelike werkskerm van dieGNU-Projek en die korrekte uitspraak van die naam is/gəˈnom/, alhoewel/nom/ is ook in algemene gebruik. Die naam is geskep as 'n akroniem vanGNU Network Object Model Environment, maar gebruik van die volledige uitbreiding word nou as uitgedien beskou.

Oogmerke

[wysig |wysig bron]

Volgens die GNOME webwerf,[2]

Die GNOME-projek verskaf twee goed: Die GNOME werkskermomgewing, 'n intuitiewe en aantreklike werkskerm vir gebruikers, en die GNOME ontwikkelingsplatform, 'n uitgebreide raamwerk vir die bou van toepassings wat in die res van die werkskerm integreer.

Die GNOME-projek plaas heelwat klem op eenvoud, bruikbaarheid en om goed "net te laat werk". Die ander doelstellings van die projek is:

  • Vryheid — om 'n werkskermomgewing te skep wat altyd gratis sal wees met die bronkode beskikbaar vir hergebruik onder 'n Vrye Programmatuur lisensie.
  • Bruikbaarheid — om te verseker dat die werkskerm deur enige iemand gebruik kan word ongeag van tegniese vaardigheid of fisiese gestremdheid.
  • Internasionalisering en lokalisering — om die werkskerm beskikbaar te stel in baie tale.
  • Ontwikkelaarvriendelikheid — om te verseker dat dit maklik is om programmatuur te skryf wat maklik met die werkskerm integreer, en ontwikkelaars vrye keuse vanprogrammeertaal gee.
  • Organisasie — 'n gereelde vrystellingsiklus en 'n gedissiplineerde gemeenskapstruktuur.
  • Ondersteuning — om ondersteuning van ander instansie buiten die GNOME-gemeenskap te verseker.

Oorsprong

[wysig |wysig bron]

Die GNOME-projek is in Augustus 1997 deurMiguel de Icaza enFederico Mena begin na aanleiding van lisensiëring bekommernisse oor programmatuur wat deurKDE, 'n vrye programmatuur werkskermomgewing wat op dieQtkoppelvlakelementgereedskapstel, gebruik is. Op daardie stadium het Qt nie 'nvrye programmatuurlisensie gebruik nie en het lede van die GNU-projek bekommerd geraak oor die gebruik van so 'n gereedskapstel vir die bou van 'n vrye programmatuur werkskerm en toepassings. Twee projekte is begin:Harmony, om 'n vrye plaasvervanger vir die Qt biblioteke te skep, en die GNOME-projek om 'n nuwe werkskerm sonder Qt te skep en geheel en al op vrye programmatuur gebou.[3]

In November 1998 is die Qt gereedskapstel onder die oopbronQ Public License (QPL) gelisensieer, maar debatte oor die aanpasbaarheid daarvan met dieGNU General Public License (GPL) het voortgesleep. In September 2000 maak Trolltech die GNU/Linux weergawe van die Qt biblioteke onder die GPL beskikbaar waarmee meeste van die besware wat jarelange lisensiëring debatte aangespreek is.[3] Die lisensiëring van Qt is vir sommige mense steeds omstrede omdat die gebruik van die GPL vir 'n biblioteek beperkings plaas op die lisensiëring van kode wat daarnakoppel, soos toepassings en biblioteke wat die KDE/Qt raamwerk gebruik. In besonder, omproprietary software met KDE en Qt te ontwikkel, moet 'n kommersiële lisensie van Trolltech gekoop word.

GNOME 2.13.3 (ontwikkelingsweergawe) wat in Japannees met dieTango Desktop Project voorvrysteluitgawe ikone.

In plaas van die Qt-gereedskapstel is dieGTK+-gereedskapstel gekies as die basis van die GNOME-werkskerm. GTK+ gebruik dieGNU Lesser Public License (LGPL), 'n vrye programmatuur lisensie wat toelaat dat programmatuur wat daarna koppel, soos toepassings wat vir GNOME geskryf is, om 'n baie wyer stel lisensies te gebruik, insluitend propriëtêre sagtewarelisensies.[4] Die GNOME werkskerm self word onder die LGPL gelisensieer vri sy biblioteke, en die GPL vir toepassings wat deel is van die GNOME-projek opsig self.

Die naam "GNOME" is deur Elliot Lee, een van die outeurs vanORBit en dieObject Activation Framework voorgestel.[verwysing benodig] Dit verwys na die moontlikhede wat mense, op daardie stadium, gedink het datCORBA na 'n werkskermomgewing sou bring — 'n Netwerk Objek Model. Aangesien dit nie meer die kernvisie van die GNOME-projek verteenwoordig nie, staan sommige lede van die projek die verandering van die projeknaam van die akroniem na voor om "GNOME" na "Gnome" te vernoem.[5]

Organisasie

[wysig |wysig bron]

Soos meeste ander vrye programmatuur projekte is die GNOME-projek losweg georganiseer. Bespreking gebeur hoofsaaklik op 'n aantal openbare e-poslyste.[6]

In Augustus 2000 is dieGNOME Stigting opgerig om na administratiewe take om te sien, pers belang te hanteer en om op te tree as 'n kontak punt vir maatskappye wat daarin geïnteresseerd is om GNOME-programmatuur te ontwikkel. Alhoewel die stigting nie direk betrokke is by tegniese besluite nie, koördineer die stigting wel vrystellings en besluit watter projekte deel sal vorm van GNOME. Lidmaatskap is oop vir enige iemand wat 'm nie-triviale bydra tot die projek gemaak het.[7] Lede van die stigting kies elke November 'n raad van direkteure, en kandidate vir die posisies moet self lede wees.

Ontwikkelaars en gebruikers van die GNOME werkskerm vergader by 'n jaarvergadering wat asGUADEC bekendstaan om die jongste stand van die projek en die toekomste rigting te bespreek.[8]

Platforms

[wysig |wysig bron]

GNOME wat oorspronklik vir GNU/Linux ontwerp is loop nou op meesteUnix-agtige stelsels en is in besonder deurSun Microsystems aangeneem as deel van dieJava Desktop System, wat die verouderdeCDE op hulle Solarisplatform vervang. Dit is die verstek werkskermomgewing vir menige moderne werkskermGNU/Linux verspreidings, insluitendFedora Core,SUSE enUbuntu. 'n Lys van GNU/Linux-verspreidings wat GNOME insluit word op die GNOME webwerf in stand gehou.[9]

'n Amptelike GNOMELiveCD, wat 'n rekenaar toelaat om direk van 'nCD teselflaai sonder om die bestaande bedryfstelsel te verwyder of verander kan van die GNOME webwerf afgelaai word.[10]

Baie GNOME-komponente is naCygwin oor geskryf wat dit moontlik maak om GNOME-toepassings opMicrosoft Windows te loop.

GNOME 2.10 skermkiekie (opFedora Core 4) watRhythmbox (musiek),GThumb (beeldbestuurder),gedit (teksredigeerder), en dieNautilus-lêerbeheerder insluit.

Die GNOME werkskerm is uit 'n groot aantal verskillende projekte saamgestel. 'n Paar van die belangrikstes word onder gelys:

'n Aantaltaalkoppelings is beskikbaar wat die skryf van toepassings in verskillende programmeertale soosC++ (gtkmm),Java (Java-GNOME),Ruby (ruby-gnome2),C# (Gtk#),Python (PyGTK),Perl (gtk2-perl) en baie ander, moontlik maak.

Die gebruik van GTK+ as die basis koppelvlakelementgereedskapstel laat GNOME toe om te baat by sekere eienskappe soos temas (die vermoë om die voorkoms van 'n toepassing te verander), gladde grafika waaranti-kartelvorming op toegepas is en die geleentheid om die toepassing na ander platforms soos Windows en Mac OS X oor te dra (voorbeelde hiervan sluit dieGIMP enInkscape in).

Voorkoms en gedrag

[wysig |wysig bron]

Die voorkoms van GNOME kan verander word deur die gebruik van temas, wat versamelings is wat bestaan uit 'nikoonversameling,metacity omslag enGTK+ temaenjin en parameters. GewildeGTK+ temas sluitBluecurve enClearLooks (nou die verstektema) in.

Toekomstige ontwikkelings

[wysig |wysig bron]

Daar is baie sub-projekte wat onder die seggenskap van GNOME projek onderneem word, en nie almal daarvan word tans in GNOME uitgawes ingesluit nie. Sommige word as suiwer eksperimentele konsepte beskou, of vir die toets van idees wat later in stabiele GNOME-toepassings opgeneem kan word; ander is kode wat afgerond vir direkte insluiting. Sommige voorbeelde sluit in:

  • GNOME Storage — databasis lêerstelsel vir GNOME. Vergelyk metWinFS.
  • Projek Topaz[11] — idees vir GNOME uitgawe 3.0.
  • Projek Soylent[12] — om "mense" en hulle interaksies eerste-klas voorwerpe binne die GNOME-raamwerk te maak.
  • Projek Ridley — om verskeie klein swak ondersteunde biblioteke, soos libgnome en libgnomeprint, in GTK+ in te konsolideer.
  • DiePortland Projek
  • Die gebruik van die Mozilla projekte seXUL op die GNOME werkskerm.[13]

Die enigste programmeertale wat in toepassings wat deel is van die amptelike GNOME-werkskerm is, isC enPython,[14] maar daar is heelwat gesprekke oor die insluiting van programmatuur wat inC# ofJava geskryf is in GNOME-uitgawes in te sluit. Beide die tale word reeds gebruik om GNOME-toepassings buite die projek te ontwikkel, maar die gebruik daarvan in die werkskermuitgawe sou die insluiting van die onderskeie tale sevirtuele masjien met elke GNOME-installasie afdwing. Dit sou die minimum spesifikasie van rekenaars wat nodig is om die jongste GNOME-werkskerm te loop verhoog. Pogings soos dieGNU Vertaler vir Java bied 'n moontlike oplossing tot die probleem deur die vereiste van 'n java virtuele masjien te verwyder.

Freedesktop.org en GNOME

[wysig |wysig bron]

Freedesktop.org is 'n projek ominteroperability en gedeelde tegnologie tussen die verskillendeX Window werkskerms soos GNOME, KDE enXfce te ondersteun. Alhoewel dit nie 'n formele standaarde organisasie is nie, definieer Freedesktop.org sekere basiese eienskappe van 'n X Werkskerm, insluitend onder meer:sleep en los tussen toepassings, venstermakerspesifikasies, kieslysuitleg, onlangse lêerlyste, kopieer en plak tussen toepassings en 'n gedeeldeMIME-tipe databasis. Die navolg van Freedesktop.org spesifikasies verseker dat GNOME-toepassings meer geïntegreerd vertoon in ander werkskerms as waarvoor dit aanvanklik ontwikkel is en moedig samewerking sowel as kompetisie aan.

Voorbeelde van tegnologie wat hulle oorsprong by Freedesktop.org gehad het en nou deel vorm van GNOME se kerntegnologiestel sluit in:

  • Cairo — 'n gevorderde 2D grafika biblioteek.
  • D-BUS — interproses-kommunikasiestelsel.
  • GStreamer — 'n multimedia raamwerk.
  • HAL — 'n spesifikasie en 'n implementasie van 'n hardwareabstraksie laag.
  • Poppler — a PDF verbeeldbiblioteek.

'n Onlangse Freedesktop.org inisiatief wat deur GNOME gesteun word is dieTango Werkskermprojek, wat daarop gemik is om 'n gemene visuele standaard oor verskillende platforms daar te stel. Dit sal gebruikers en ontwikkelaars toelaat om die tegnologië en toepassings waarvan hulle hou te kies ongeag van die werkskermomgewing wat hulle gebruik.

GNOME-toepassings

[wysig |wysig bron]

KykLys van GNOME-toepassings vir 'n meer volledige lys. 'n Versameling toepassings wat tegnologie uit die GNOME-projek gebruik en waarskynlik op 'n gemiddelde GNOME-werkskermsluit die volgende in:

Stabiele uitgawes

[wysig |wysig bron]

Al die onderdele waaruit die GNOME-projek bestaan (kykArgitektuur) het hulle eie uitgawenommer en vrystellingskedule. Individuele module onderhouers koördineer egter hulle werk om 'n volledige GNOME-stabiele uitgawe rofweg volgens 'n ses-maandelikse skedule vry te stel. Die uitgawes wat in die onderstaande tabel gelys word, word geklassifiseer asstabiel. Onstabiele uitgawes vir toetsers en ontwikkelaars word nie gelys nie – ook nie herstelwerkuitgawes vir individuele modules nie.

UitgaweDatumInligting
 Augustus 1997[15]GNOME-ontwikkeling aangekondig
1.0Maart 1999[16]Eerste groot GNOME-uitgawe
1.0.53Oktober 1999[17]"October"
1.2Mei 2000[18]"Bongo"
1.4April 2001[19]"Tranquility"
2.0Junie 2002[20]Groot opgradering gebaseer op GTK2. Invoer van dieMenslike Koppelvlak Riglyne
2.2Februarie 2003[21]Multimedia en lêerbeheerder verbeterings
2.4September 2003[22]Epiphany, toeganklikheidsondersteuning
2.6Maart 2004[23]Nautilus verander na 'nruimtelike lêerbeheerder, en 'n nuwe GTK+lêerdialoogblokkie word ingevoer. 'n Kortstondige vurk van GNOME,GoneME word geskep in reaksie op die veranderinge in die uitgawe.
2.8September 2004[24]Verbeterde verwyderbare-toestelondersteuning, byvoeging vanEvolution
2.10Maart 2005[25]Laer geheue vereistes en verrigtingverbeterings. Bygevoeg: nuwe paneel miniprogramme (modembeheer, skyfaanhegter en vullisblik); en dieTotem enSound Juicer toepassings
2.12September 2005[26]Nautilus verbeterings; verbeterings in knip/plak tussen toepassings en freedesktop.org integrasie. Byfevoeg:Evince PDF-kyker; Nuwe verstek tema:ClearLooks; kieslysredigeerder; sleutelringbeheerder en admininstrasiegereedskap. Gebaseer op GTK+ 2.8 met Cairo ondersteuning
2.14Maart 2006[27]Verrigting verbeterings. Bygevoeg:Ekiga video konferensie toepassing; Werkbalksoekprogram; Pessulus lockdown redigeerder; Vinnige gebruikerskakeling; Sabayon stelseladministrasiegereedskap

Bronkode

[wysig |wysig bron]

GNOME uitgawes word asbronkode geskep wat danvertaal en met die res van die stelsel geïntegreer word. Meeste bedryfstelselinstallasies gebruik slegs stabiele en getoetsde uitgawes van die GNOME-werksblad, en verskaf dit in die vorm van maklik installeerbare voorafvertaalde pakkette.

Die handbronkodeaflaaiproses vertaling, en installasie van die volledige GNOME-werksblad is 'n moeisame en tydrowende proses, en 'n aantal bou-skripte (soosJHBuild ofGARNOME) word gebruik om dit te outomatiseer.

Mense wat in toets, herstel van foute of bywerk van nuwefeatures belangstel kan die jongste onstabiele tak van die GNOMEbronkode bewaarplek wat as "HEAD" bekend staan, gebruik — ontwikkelingskode word egter nie aanbeveel vir algemene gebruik nie aangesien dit baie ongetoetste eksperimentele veranderings. Die bronkode van elke stabiele uitgawe van GNOME kan ook van die GNOME-bronkode bewaarplek verkry word.[28]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "GNOME 47.4 released" (in Engels). 16 Februarie 2025. Besoek op8 Maart 2025.
  2. About GNOME besoek op 8 September 2005
  3. 3,03,1"Stallman on Qt, the GPL, KDE, and GNOME" (in Engels). 5 September 2000.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2012. Besoek op9 September 2005.
  4. Section 6 of the LGPL v2.1 prohibits linking to software with a license that restricts reverse-engineering and modification of the work for the customer's own use.
  5. Desktop Development mailing list, URL accessed7 Mei2006.
  6. GNOME e-poslyste reëls enFAQs.
  7. Membership of the GNOME foundation besoek op 8 September 2005
  8. About GUADEC
  9. "List of GNU/Linux distributions that include GNOME". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 17 April 2009. Besoek op28 Mei 2006.
  10. The official GNOME LiveCD, although this LiveCD does not always contain the very latest GNOME release.
  11. Project Topaz homepage
  12. "Project Soylent homepage". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 28 September 2007. Besoek op30 Mei 2006.
  13. Mozilla, Gnome mull united front against Longhorn, URL accessed on20 April, 2006.
  14. GNOME desktop-devel mailing list
  15. The story of the GNOME projectGeargiveer 24 Februarie 2001 opWayback Machine by Miguel de Icaza
  16. "GNOME-persverklaring". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 3 Maart 2008. Besoek op31 Mei 2006.
  17. GNOME-poslys
  18. "GNOME-persverklaring". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 7 Februarie 2008. Besoek op31 Mei 2006.
  19. "GNOME-persverklaring". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 3 Maart 2007. Besoek op31 Mei 2006.
  20. GNOME-poslys
  21. "GNOME-persverklaring". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 6 Maart 2008. Besoek op31 Mei 2006.
  22. GNOME-poslys
  23. GNOME-poslys
  24. "GNOME-persverklaring". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 7 Februarie 2008. Besoek op31 Mei 2006.
  25. "GNOME-persverklaring". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 25 Desember 2010. Besoek op31 Mei 2006.
  26. GNOME-persverklaring
  27. GNOME-persverklaring
  28. Inligting oor die GNOME bronkode bewaarplek[dooie skakel]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikinews bevat nuus in verband metGNOME Project unveils latest version of Linux and Unix desktop.
Wikimedia Commons bevat media in verband metGNOME.
Amptelike skakels
Derde-party skakels
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=GNOME&oldid=2720870"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp