Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Groep van 20

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanafG20)
Groep van 20 voorste nywerheids- en ontwikkelende lande:

   Lidlande van G20

   Lede van die Europese Unie wat nie individueel verteenwoordig word nie

   Gaste

DieGroep van die 20 voorste nywerheids- en ontwikkelende lande (G-20) is 'n informele vereniging wat uit dieEuropese Unie en 19 ander lidstate bestaan.Suid-Afrika is die enigste lid op die vasteland vanAfrika. Die Groep van 20 is as 'n belangrike internasionale forum, ten opsigte van samewerking en wedersydse raadpleging en konsultasie in verband met kwessies wat die internasionale finansiële stelsel raak, gestig.

Die G-20 se berade word deur die ministers van finansies en die direkteurs van die Sentrale of Reserwebanke van dieGroep van Agt en twaalf ander state asook die president van die Europese Raad bygewoon (mits hierdie amp tydens die beraad nie reeds deur 'n verteenwoordiger van een van die G7-state beklee word nie), die president van die Europese Sentrale Bank, die besturende direkteur van dieInternasionale Monetêre Fonds (IMF), die voorsitter van die Internasionale Komitee van Geldeenhede en Finansies (IKGF/IMFC), die president van die Wêreldbank en die voorsitter van dieWêreldbank en die IMF seDevelopment Assistance Committee bygewoon.

Lys van die Groep van 20-spitsberade

[wysig |wysig bron]
DatumLandStadPlekGasheerNotas
1ste15–16 Desember 1999Vlag van Duitsland DuitslandBerlyn
2de24–25 Oktober 2000Vlag van Kanada KanadaMontreal
3de16–17 November 2001Vlag van Kanada KanadaOttawa
4de22–23 November 2002Vlag van Indië IndiëDelhi
5de26–27 Oktober 2003Vlag van Meksiko MeksikoMorelia
6de19–21 November 2004Vlag van Duitsland DuitslandBerlyn
7de15–16 Oktober 2005Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek ChinaBeijing
8ste18–19 November 2006Vlag van Australië AustraliëMelbourne
9de17–18 November 2007Vlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaKaapstad
10de8–9 November 2008Vlag van Brasilië BrasiliëSão Paulo
11de14–15 November 2008Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde StateWashington, D.C.National Building MuseumGeorge W. Bushspesiale byeenkoms oor die ekonomiese wêreldkrisis
12de2 April 2009Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde KoninkrykLondenExCeL LondonGordon BrownDie G20-byeenkoms in Londen was hoofsaaklik gewy aan die gevolge van die ekonomiese krisis en is bygewoon deur die leiers van die lidlande, aangevul metSpanje enNederland (as verteenwoordigers van die Europese Unie), asook die ministers van Finansies en die presidente van die sentrale banke. Die vernaamste resultate was 'n ekstra impuls vir die finansiële wêreld, steun aan die IMF en 'n wêreldwye reguleringsorgaan vir die finansiële markte. Die IMF het 'n bykomende bedrag van 500 miljard dollar gekry om die finansiële stabiliteit in die wêreld te versterk. Japan, die Europese Unie en die Verenigde State sou elk die IMF met 100 miljard dollar versterk. Met hierdie toegif verdrievoudig die middele van die IMF vir die bestryding van die finansiële krisis. Daarbenewens is afgespreek om proteksionisme teen te werk en 'n halt te roep met belastingparadyse.
13de24–25 September 2009Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde StatePittsburghDavid L. Lawrence Convention CenterBarack ObamaTweede byeenkoms vir 2009. Vir hierdie geleentheid was ook die leiers uitgenooi van die lande Spanje en Nederland en die organisasies NEPAD,ASEAN,Verenigde Nasies,Wêreldbank,Internasionale Monetêre Fonds,Wêreldhandelsorganisasie,APEC en die FSF. Hulle het samesprekings gevoer oor die vooruitgang wat gemaak is sedert die voorafgaande twee byeenkomste en verdere aksies is bespreek wat moet lei tot herstel weens die wêreldwye finansiële en ekonomiese krisis.
14de26–27 Junie 2010Vlag van Kanada KanadaTorontoMetro Toronto Convention CentreStephen HarperOp die agenda is onder andere bankbelasting. Protesaksies kom voor. Enkele mense het vreedsaam geprotesteer, maar ander verwoes winkelvensters, steek polisievoertuie aan die brand en verniel antennas van televisiestasies.
15de11–12 November 2010Vlag van Suid-Korea Suid-KoreaSeoelCOEX Convention & Exhibition CenterLee Myung-bakDie oorheersende tema was die dreigende valutaoorlog. Die voortgesette ruim geldpolitiek van die Verenigde State bly die waarde van die dollar voortdurend ondermyn. Die samesprekings lewer geen resultaat op nie.
16de3–4 November 2011Vlag van Frankryk FrankrykCannesPalais des FestivalsNicolas Sarkozy
17de18–19 Junie 2012Vlag van Meksiko MeksikoSan José del Cabo, Los CabosLos Cabos Convention CenterFelipe Calderón
18de5–6 September 2013Vlag van Rusland RuslandSint PetersburgStrelnaWladimir Poetin
19de15–16 November 2014Vlag van Australië AustraliëBrisbaneBrisbane Convention & Exhibition CentreTony Abbott
20ste15–16 November 2015Vlag van Turkye TurkyeSerik, AntalyaRegnum Carya Hotel Convention CentreRecep Tayyip Erdoğan
21ste4–5 September 2016Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek ChinaHangzhouHangzhou International Exhibition CentreXi JinpingDie hooffokus was die swak groei in die wêreldekonomie. As grootste risiko's vir die wêreldekonomie is wispelturige kapitaalstrome genoem, 'n skerp val in grondstofpryse en geo-politieke spanning. Die enigste konkrete ooreenkoms was dat sentrale bankiers hul monetêre beleid beter met mekaar gaan koördineer.[1]
22ste7–8 Julie 2017Vlag van Duitsland DuitslandHamburgHamburg MesseAngela Merkel
23ste30 November–1 Desember 2018Vlag van Argentinië ArgentiniëBuenos AiresCosta Salguero CenterMauricio Macri
24ste28–29 Junie 2019Vlag van Japan JapanOsakaIntex OsakaShinzo Abe
25ste21–22 November 2020Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-ArabiëRiaadKing Abdullah Financial DistrictSalmanWeens die wêreldwyeCovid-19-pandemie aanlyn gehou
26ste30–31 Oktober 2021Vlag van Italië ItaliëRomeEUR Nuwe KonferensiesentrumMario Draghi
27ste15–16 November 2022Vlag van Indonesië IndonesiëBaliBali Nusa Dua KonferensiesentrumJoko Widodo
28ste9–10 September 2023Vlag van Indië IndiëNieu-DelhiBharat MandapamNarendra Modi
29ste18–19 November 2024Vlag van Brasilië BrasiliëRio de JaneiroMuseum vir Moderne KunsLuiz Inácio Lula da Silva
30ste22–23 November 2025Vlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaJohannesburgn.v.t.Cyril Ramaphosa
31ste2026Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde Staten.v.t.n.v.t.Donald Trump

Leiers van die G20

[wysig |wysig bron]

Lidlande

[wysig |wysig bron]

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Die G20 is vir die eerste keer bespreek tydens die konferensie van dieG7 inKeulen in Junie 1999, en formeel gestig tydens die vergadering van die G7 op 26 September 1999. Die eerste byeenkoms van die G20 vind plaas op 15 en 16 Desember 1999 inBerlyn. Aanvanklik het die ministers van Finansies van alle lidstate, die presidente van die sentrale banke van die lande van die G7 en van 12 ander belangrike lande en die voorsitter van dieEuropese Unie sitting in die G20.

Organisasie

[wysig |wysig bron]

Die G20 het geen permanente sekretariaat van permanente beamptes nie. Hierdie take word per vergadering deur ander lande uitgevoer. Die land wat die byeenkoms organiseer stel 'n tydelike sekretariaat saam, wat die werk en die organisasie van die byeenkoms lei.

Die vergaderings is onreëlmatig maar in die algemeen jaarliks, voorafgegaan deur 'n voorbereidende byeenkoms. In Oktober 2008 is 'n spesiale byeenkoms gewy aan die gevolge van diekredietkrisis, bygewoon deur die regering leiers van die lidlande. Hierdie word in April 2009 opgevolg.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (nl) Het Financieele DagbladDijsselbloem: 'Voldoende ruimte om groei aan te jagen', 27 Februarie 2016, besoek op 4 Maart 2016

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metGroep van 20.
Huidige leiers van dieGroep van 20
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Groep_van_20&oldid=2734077"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp