Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Gérard Depardieu

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Gérard Depardieu
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Depardieu in 2015 by dieCannes-rolprentfees.

GeboortenaamGérard Xavier Marcel Depardieu
Geboorte27 Desember 1948 (1948-12-27) (76 jaar oud)
Aktiewe jare1964-tans
Depardieu in 1994 inCannes.

Gérard Xavier Marcel Depardieu (IFA: ʒeʁaʁ dəpaʁdjø;27 Desember1948) is ’nFranseakteur, rolprentmaker en sakeman. Hy is een van die besigste akteurs in die bedryf en was sedert 1967 in sowat 170rolprente.

Loopbaan

[wysig |wysig bron]

Depardieu het op 16 jaar naParys verhuis en in die nuwe komedieteater Café de la Gare begin toneelspeel.[1] Hy het ook dans onder Jean-Laurent Cochet studeer.

Sy deurbraakrol was in 1974 in die Franse komedieLes Valseuses (Going Places).[2] Ander vroeë rolle sluit in die epiese1900 saam metRobert de Niro (1976);The Last Metro (1980), waarvoor hy die Franse César-prys gewen het;Police (1985), waarvoor hy die prys vir beste akteur op dieVenesiese Rolprentfees gekry het;Jean de Florette (1986) enCyrano de Bergerac. Vir laasgenoemde het hy die prys vir beste akteur op dieCannes-rolprentfees en sy tweede César gewen, asook ’nOscar-benoeming vir beste akteur gekry.

Hy was ook te sien inGreen Card (1990), waarvoor hy ’nGolden Globe gewen het, en daarna in verskeie grootHollywood-flieks, soos1492: Conquest of Paradise (1992),Hamlet (1996) enLife of Pi (2012).

Hy is ’n kavalier van die Franse Erelegioen en van die Nasionale Meriete-orde. Hy het in Januarie 2013Russiese burgerskap gekry[3] en het in dieselfde maand ’n kulturele ambassadeur vanMontenegro geword.[4]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (fr)30ste herdenkining van Café de la Gare, L'Express, 15 Augustus 2002
  2. Gérard Depardieu by IMdb
  3. "Executive Order on granting Russian citizenship to Gerard Depardieu".Russiese presidensiële kantoor (in Engels). 3 Januarie 2013.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2015. Besoek op20 Februarie 2016.
  4. "Depardieu nommé ambassadeur de la culture du Monténégro".La Voix de la Russie (in Frans). 9 Januarie 2013.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2014. Besoek op27 April 2014.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Internasionaal
Nasionaal
Akademie
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Gérard_Depardieu&oldid=2782663"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp