Friends is 'n Amerikaanse televisie- komedie wat gemaak is deur David[1]Crane en Marta Kauffman, wat in 22 September 1994 tot 6 Mei 2004 opNBC uitgesaai is en het tien seisoene gehad. Met die rolverdeling vanJennifer Aniston,Courteney Cox,Lisa Kudrow,Matt LeBlanc,Matthew Perry enDavid Schwimmer.Die program gaan oor ses vriende in hul twintigs tot in hul dertigs wat in die omgewing vanManhattan, New York Stad, woon. Die oorspronklike uitvoerende vervaardigerswas Kevin S. Bright, Kauffman en Crane.
Kauffman en Crane het die reeks in November en Desember in 1993 begin omFriends onder die werktitelInsomnia Cafe ontwikkel. Hulle het die idee aan Bright voorgestel en saam het hulle sewe bladsy geskryf van die reeks. Na baie veranderinge van die naam is daar besluit dat die reeks Friends genoem sal word.
Al tien seisoene vanFriends het onder die top tien van die beste televisieseisoen -graderings geland en toe uiteindelik het dienommer 1- plek in die reeks se agtste seisoen bereik. Die laaste episode is op 6 Mei 2004 uitgesaai. Daar het 52,5 miljoen Amerikaanse kykers geky. Dit het die die vyfde gewildste reeks in televisiegeskiedenis en die mees gekykte televisie-episode is die era van 2000's gemaak.Friends het baie roem ontvang en het self een van die gewildste en hoogste inkomste-televisiereekse van alle tye geword.Tedanke aan die program se sukses het gelei tot 'n spin-off-reeks,Joey[2], en 'n reünie-spesiale,Friends: The Reunion .
In hul oorspronklike kontrakte vir die eerste seisoen is rolverdelinglede $22 500 per episode betaal.[3] Die rolverdelinglede het verskillende salarisse in die tweede seisoen ontvang, beginnende van die $20 000-reeks tot $40 000 per episode.[3][4] Voor hul salarisonderhandelinge vir die derde seisoen het die rolverdeling besluit om kollektiewe onderhandelinge te begin, ten spyte van Warner Bros. se voorkeur vir individuele ooreenkomste.[5] Die akteurs het die salaris van die minste betaalde rolverdelinglid ontvang. Die sterre is elk $75 000 per episode in seisoen drie betaal, $85 000 in seisoen vier, $100 000 in seisoen vyf, $125 000 in seisoen ses, $750 000 in seisoene sewe en agt, en $1 miljoen in seisoene nege en tien, wat Aniston, Cox en Kudrow die hoogsbetaalde TV-aktrises van alle tye maak.[6][7][8] Die rolverdeling het ook sindikasie-tantième ontvang vanaf 2000 na heronderhandelinge. Destyds is daardie finansiële voordeel van 'n deel van die program se winsgewende agterkantwinste slegs gegee aan sterre wat eienaarskapsregte in 'n program gehad het, soosJerry Seinfeld enBill Cosby .[9]