Friedrich Nietzsche is op15 Oktober,1844, in Röcken, nabyLeipzig in die eertydse Pruisiese provinsie vanSakse gebore. Sy ouers was onderskeidelik Karl Ludwig (1813-1849), 'nLutheraansepastoor en voormalige onderwyser, en Franziska (1826-1897). Na die dood van sy vader in 1849 en sy jonger broer in 1850, het die gesin na Naumburg getrek, waar hulle by sy ouma aan sy ma se kant en sy vader se twee ongetroude susters gewoon het.
In 1854 het Nietzsche by dieDomgymnasium in Naumburg ingeskryf, waar hy besondere talente inmusiek en taal vertoon het. Hy is tot die internasionaalbekende Schulpforta toegelaat, waar hy sy studies van 1858 tot 1864 voortgesit het. In hierdie tyd het hy digkuns beoefen en aan sy musikale komposisies gewerk. Tydens sy studies aan die Schulpforta, is hy ook aan die antieke Griekse en Romeinse letterkunde bekendgestel. Na afloop van sy skoolloopbaan in 1864, het Nietzsche begin met sy studies inteologie en klassiekefilologie aan die Universiteit vanBonn. Hy het na een semester sy studies in die teologie beëindig en op die filologie gekonsentreer, onder leiding van Professor Friedrich Wilhelm Ritschl, wie hy die daaropvolgende jaar na die Universiteit van Leipzig gevolg het. Sy eerste filologiese werke is kort daarna gepubliseer.
In 1865 en 1866 onderskeidelik, het Nietzsche vertroud geraak metArthur Schopenhauer seDie Welt als Wille und Vorstellung (Die Wêreld asWil en Voorstelling), en Friedrich Albert Lange seGeschichte des Materialismus (Geskiedenis van die Materialisme). Beide het hom geïnspireer om sy studies voort te sit. In 1867 het Nietzsche 'n jaar se vrywillige diens in die Pruisieseartillerie afdeling te Naumburg onderneem. 'n Ongeluk in Maart 1868 het egter sy diens kortgeknip en hy het gevolglik sy studies hervat. Later in die selfde jaar het hyRichard Wagner die eerste keer ontmoet.
Met Ritschl se ondersteuning het Nietzsche in 1869 'n merkwaardige prestasie behaal deur as professor in klassiekefilologie aan die Universiteit van Basel aangestel te word, nog voordat hy sy doktorsgraad en onderwyssertifikaat voltooi het.
Na sy verhuising na Basel het Nietzsche sy Pruisiese burgerskap opgesê en was hy vir die res van sy lewe effektief staatloos. Hy het nogtans as mediese ordonans aan die Pruisiese kant van dieFrans-Duitse Oorlog gedien. Sy tyd in die weermag was kort en hy het die traumatiese effekte van oorlogvoering beleef. Hy het in die tyd ookwitseerkeel endisenterie opgedoen.
Met sy terugkeer na Basel in 1870, het Nietzsche die vestiging van dieDuitse Ryk aanskou.
Hy onderhou homself gedurende die periode met 'n pensioen van Basel en met die finansiële hulp van sy vriende. Nietzsche het gereeld gereis om klimate te vind wat sy gesondheid ondersteun. Hy woon tot1889 as onafhanklike skrywer in verskillende Europese stede. Hy bly tydens verskeie somers in Sils Maria nabySt. Moritz inSwitserland. Hy woon tydens die winters in Italiaanse stede vanGenoa, Rapallo,Turyn en die Franse stadNice. Nietzsche het af en toe teruggekeer na Naumburg om sy familie te besoek, vernaamlik sy suster. Gedurende dié tyd is Nietzsche die mees produktiefste, beginnende metMenschliches, Allzumenschliches: Ein Buch für freie Geister wat in1878 gepubliseer is. Daarna publiseer hy 'n boek of 'n deel van 'n boek elke jaar tot1888, dus vyf altesame.
Op3 Januarie1889, het Nietzsche 'n senuweeineenstorting in Turyn gehad waarvan hy nie weer volkome sou herstel nie. Nietzsche se geestelike siekte is aanvanklik gediagnoseer as tersiêresifilis in lyn met die mediese paradigmas van daardie tyd. In1898 en1899, kry Nietzsche ten minste tweeberoertes. Dit het hom ontneem van die vermoë om te praat of te loop. Nadat hylongontsteking opgedoen het in die middel vanAugustus1900, kry hy nog 'n beroerte gedurende die nag van 24 Augustus en sterf teen 12 uur die middag op 25 Augustus 1900.
Nietzsche word sterk beïnvloed deur die filosoofArthur Schopenhauer, wie se metafisika gefokus op die “Wil”. Hy neem dit min of meer oor, behalwe dat hy daaraan ander etiese implikasies heg. Waar Schopenhauer pleit vir 'n asketiese 'apollinistiese' lewenshouding was Nietzsche juis 'n voorstander van 'n 'dionistiese' bevestiging van die lewenswil. Hierdie strydlustige konsep word beliggaam deur sy konsep van dieÜbermensch (supermens). DieÜbermensch is volgens hom die toekomstige lewende resultaat van die voortdurende bevestiging van die wil tot mag, wat in verhouding met die kontemporêre mens staan soos die huidige mens in verhouding staan tot 'n aap. Hierdie gedagte vind sy bekendste uitdrukking in die boekAlso sprach Zarathustra. Vir hierdie boek volg hy tot op daardie stadium 'n onbekende benadering tot die filosofie. Sy benadering volg 'n verklarende toon van profeties georiënteerdefiksie, waarin die rojale gebruik van uitroeptekens opval.
Omdat Nietzsche homself rigied rig op heersende idees – insluitende sy eie - noem hy homself die filosoof met die hamer. Bekend in die verband is sy waarneming datGod dood is (Die fröhliche Wissenschaft, §§ 108, 125 en 343). In besonder; het die mens volgens hom vir God vermoor. Hy bedoel daarmee dat God nie buite die raamwerk van die mens kan bestaan nie, maar 'n middel is om mense in knegte te omskep deur 'n priesterkaste met opgelegde leefreëls en met 'n vals besef van goed en kwaad. Dit word deur sy teenstanders beskryf as 'nihilisme'. Die lewens-ontkennende slawe-moraliteit van die Joods-Christelike tradisie is volgens Nietzsche uitgedien. Nietzsche was van mening dat die slawe-moraliteit ontstaan het as verset teen die heersende orde. Daarom stel Nietzsche dat slawe-moraliteit as 'n moraliteit 'n eksterne oorsaak het. Hierteenoor stel hy die heersers-moraliteit, 'n moraliteit wat sonder invloede van buite af ontstaan het. Die slawe-moraliteit is immer teen die heersers-moraliteit gekant. Die heersers-moraliteit is die moraliteit vir diegene wat uit ware krag sterk, mooi en vernaamlik die wêreld tegemoet wil gaan. Die slawe-moraliteit staan in die oë van Nietzsche assimbool van alles wat swak is, maar veral slu is om uit bedrog mag te verkry. Na sygeestesversteuring het sy suster Elisabeth Förster-Nietzsche die bevordering van sy gedagtes op haarself geneem, deur dit 'n plek te gee in die ekstreem nasionalistiese denke, waarby die slawe-moraliteit geïdentifiseer word met dieJodedom, en dieÜbermensch met die "edele-Germaan", soos hierdie denkrigting gemanifesteer het in sommige Duitsers van daardie tye, en wat weldra aanleiding gegee het tot die nasionaalsosialisme. Dit bly steeds 'n vraag of Nietzsche self ooit met hierdie banale interpretasie van sy denke sou ingestem het. As prominentNSDAP-party-lid wou sy suster hom nietemin postuum verhef tot 'n geestelike voorganger van die nasionaalsosialisme.
Dit is belangrik om te weet dat Nietzsche die neiging gehad het om in sy denke gereeld sy eie standpunte te hersien. Daardeur blyk daar baie teenstrydighede in sy werk te wees. Weens dit is dit moontlik om Nietzsche se werk in drie ontwikkelingsfases te deel:
•Eerste periode: (tot Ongewone beskouinge) verafgoding van Schopenhauer en Wagner, as ook vir diekuns enkultuur van die Antieke Grieke. Nietzsche tree op as filtreerder van die Westerse kultuur;
•Tweede periode: (Menslik, al te menslik; Die vrolike wetenskap) hier keer hy homself teen al sy vorige ideale, bekyk alles nou vanaf 'n positivistiese standpunt: metafisika, kuns en religie is 'n verraad teenoor die werklike lewe, 'n nie-aanvaarde wat vir die lewe leed inhou.
•Derde periode: (vanafAlso sprach Zarathustra) hierin ontwikkel Nietzsche 'n eie waardeleer en maak homself los van die positivisme. Begrippe soos God is dood, die wil tot mag en die idee van die ewige wederkoms speel 'n belangrike rol.