Fanon is inMartinique gebore as die seun van 'n doeaneamptenaar. Hy word groot in 'n middelklasgesin, en gaan skool by dieLycée Schoelcher, toe die mees gesogte hoërskool in Martinique. Aimé Césaire, een van die stigters van die négritude beweging in die Franse literatuur, was een van sy onderwysers in Martinique. Tydens dieTweede Wêreldoorlog dien hy in die leër van dieVrye Franse en vervolgens studeer hygeneeskunde enpsigiatrie inFrankryk. Hy werk van1952 tot1956 as psigiater in Algerië. waar hy betrokke raak by die Algerynse onafhanklikheidstryd, en wel as redakteur van die nuusblad van die FLN (Front de Libération Nationale).
Hy is veral bekend vir sy boeke. Sy eerste boek,Peau noire, masques blancs (Black Skin, White Masks, 1952), gaan oor die psigologiese gevolge van kolonisasie en onderdrukking. Met sy tweede boek,Les damnés de la terre (The Wretched of the Earth,1961), verwerf hy wêreldwye roem as 'n bron van inspirasie vir vryheidsvegters in die Derde Wêreld. Fanon stel homself nie tevrede met net nasionale of ekonomiese onafhanklikheid nie, maar doen 'n oproep op 'n totale herontwaking, ook in kulturele en intellektuele opsigte. Fanon se siening is veral in die postkoloniale stroming invloedryk. Fanon sterf op 36-jarige leeftyd.