Kaart van die kommunes van Frankryk se metropolitaanse gebiede
Diekommune ofcommune (Franse uitspraak: [kɔmyn] (luister(hulp·inligting))) is 'n administratiewe afdelingsvlak in dieFranse Republiek. Franse kommunes is soortgelyk aanmunisipaliteite in Suid-Afrika,gemeinden inDuitsland,comuni in Italië,gemeentes inNederland ofmunicipios in Spanje. Die ekwivalent in die Verenigde Koninkryk is dieadministratiewe parogie. Die kommune is gebaseer op historiese geografiese gemeenskappe of dorpe, en is beklee met beduidende magte om die bevolkings en grond van die geografiese gebied te bestuur. Die kommune is die vierde administratiewe afdelingsvlak van Frankryk.
Kommunes verskil beduidend wat grootte en area betref; van groot uitgestrekte stede met miljoene inwoners soosParys, tot kleingehuggies met slegs 'n handvol inwoners. 'n Kommune is tipies gebaseer op 'n voorafbestaande dorp en fasiliteer plaaslike bestuur. Alle kommunes beskik oor name, maar nie alle benoemde geografiese areas of groepe mense wat saam woon is kommunes ("lieu dit" of"bourg") nie. Die verskil lê in die gebrek aan administratiewe magte.
Behalwe vir die munisipale of kommunale arrondissemente[1] van Frankryk se grootste stede, is die kommune die laagste administrasievlak in Frankryk en word dit bestuur deur verkose beamptes soos 'n burgemeester (maire) en 'n munisipale raad (conseil municipal). Die rade beskik oor uitgebreide outonome magte om nasionale beleid te implementeer.
↑In Frankryk is 'n munisipale of kommunale arrondissement (Frans:arrondissement municipal [aʁɔ̃dismɑ̃ mynisipal]) 'n onderafdeling van die kommune (Dit staan administratief gelyk aan kantons.). Dit word in die land se drie grootste stede gebruik: Parys, Lyon en Marseille. Dit funksioneer as 'n selfs laer administratiewe afdeling met sy eieburgemeester. Alhoewel dit bloot na verwys word as "arrondissemente", moet dit nie verwar word met die departementelearrondissemente nie, wat groepe kommunes binne eenDépartement is.
Maryvonne Bonnard,Les collectivités territoriales en France, 2005,La Documentation française,ISBN 2-11-005874-9(in Frans)
Cour des comptes (2005)."L'intercommunalité en France"(PDF).Journaux Officiels. Parys: 370.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2023. Besoek op8 Februarie 2022.