DieFrans-Nederlandse Oorlog (1672–1678) was 'n oorlog tussen dieKoninkryk van Frankryk, die Bisdom van Münster, dieBisdom van Keulen enEngeland teen dieNederlandse Republiek. DieHeilige Romeinse Ryk enSpanje het later by Nederland aangesluit om 'n viervoudige alliansie te vorm. Die oorlog is beëindig met dieVerdrag van Nijmegen (1678). Die verdrag het Frankryk beheer van dieFranche-Comté gegee wat te vore aan Spanje behoort het.
Frankryk het 'n koalisie gelei wat die Bisdom van Münster, die Bisdom van Keulen en Engeland ingesluit het. Die koalisie het deur dieVerdrag van Dover, 'n geheime verdrag wat in1670 tussenKarel II van Engeland enLodewyk XIV van Frankryk gesluit is, ontstaan.Lodewyk XIV was vies oor die Nederlanders se weiering om saam te werk ter vernietiging en verdeling van dieSpaanse Nederlande. Aangesien die Nederlandse weermag sedert1648 verwaarloos is, het die Franse geen probleme ondervind nadat hulle onverwags by die fort vanMaastricht verbygemarsjeer enUtrecht oorgeneem het nie. Daar word aangeneem datPrins Willem III van Oranje die leidende Nederlandse politikusJohan de Witt afgeset en vermoor het en asstadhouer verklaar is. Aangesien die Franse die belangrikste stede in Nederland aan die Engelse belowe het, was hulle nie te gretig om dié in te neem nie en het hulle probeer om sestien miljoen gulde van die Nederlanders te kry vir 'n aparte vrede. Die buitensporige eis het die Nederlandse weerstand verstewig en onderhandelinge het die Republiek tyd gegee om die platteland te oorstroom deur opsetlike vloede, wat die Franse opmars gestuit het. Die biskop van Münster hetGroningen probeer beleër, maar was onsuksesvol. 'n Poging is aangewend om die Republiek van die see af in te val maar dit is gefnuik deur admiraalMichiel de Ruyter in vier strategiese oorwinnings teen die gekombineerde Engels-Franse vloot (die gebeure staan algemeen bekend as dieDerde Engels-Nederlandse Oorlog). Engeland het toe in1674 kragtens dieVrede van Westminster uit die oorlog getree.
Bondgenote het intussen by Nederland aangesluit, naamlik dieKeurvors vanBrandenburg, die Keiser van dieHeilige Romeinse Ryk en Karel II vanSpanje. Frankryk se Lodewyk XIV moes ondanks die suksesvolle beleëring van Maastricht in1673 sy planne om die Nederlanders te verslaan, laat vaar en terugkeer na 'n oorlog aan die Franse grense. Teen1678 het hy daarin geslaag om sy opponente se koalisie op te breek en het hy aansienlike grondgebied gewen in die bepalings van die Verdrag van Nijmegen. Frankryk het naamlik dieFranche-Comté en verskeie gebiede in dieSuidelike Nederlande van Spanje bekom. Die Nederlanders het nogtans daarin geslaag om die ambisies van twee van die belangrikste koningshuise van die tyd: dieStuarts en dieBourbons, in die wiele te ry.
Die oorlog dui die begin van die nimmereindigende wedywering tussen die twee magtigste mans inEuropa aan.Willem III (wat later ook die troon van Engeland sou oorwin) enLodewyk XIV en hulle onderskeie leërs sou mekaar in die daaropvolgende jare in 'n lang reeks oorloë teëstaan.