Kalsiumfosfied reageer met water en stel fosfien vry:
'n Ander sintese behels witfosfor en 'n sterk basis, soos natriumhidroksied. Dit is 'noutoredoksreaksie wat ookfosfaat vrystel. Fosfien is analoog aanammoniak en kan soute vorm soosPH4I maar hulle is baie minder stabiel as die ammoniumsoute.[4]
Fosfien word soms vir berokingsdoeleindes gebruik bv. teen die amandelmotCadra cautella of die ryskalanderSitophilus oryzae. Vanweë die hoë toksisiteit is die gebruik aan groot beperkings onderhewig. Fosfien se lewensduur in lug egter taamlik kort, ongeveer 5 uur. Dit word deur hidroksielradikale vernietig.[3]