Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Fort Galle

Koördinate:6°1′22″N80°13′3″O / 6.02278°N 80.21750°O /6.02278; 80.21750
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Fort Galle*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Ligging van Fort Galle op 'n kaart (Sri Lanka)
Fort Galle
Fort Galle
Posisie van Fort Galle in Sri Lanka
Koördinate:6°1′22″N80°13′3″O / 6.02278°N 80.21750°O /6.02278; 80.21750
LandeVlag van Sri Lanka Sri Lanka
TipeKultuur
Kriteriaiv
Verwysings451
StreekAsië en Stille Oseaan
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie1988 (12deSessie)
*Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Fort Galle is 'n fort in die stadGalle in die suide vanSri Lanka, met 'n geskiedenis van meer as 400 jaar. Die eerste beskeie fort by hierdie ligging, is in 1588 deur diePortugese opgerig. In 1541 is 'n kapel in die fort opgerig, wat tans vervalle is. Dit was egter onder dieNederlandse bewind na hul oorname in 1640, wat die fort grootliks ontwikkel is. Fort Galle het as 'n versterkte handelsnedersetting van dieVerenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) gedien, waar Nederlandse handelaars en soldate ingewoon het. In 1796 het die Britte dit oorgeneem, en dit sou tot die einde van die koloniale periode onder hulle voogdyskap bly. Die fort en die vesting is as 'nwêrelderfenisgebied verklaar.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Die eerste (veel kleiner) fort is in1588 deur die Portugese gebou. In1640 is die fort deur Nederlandse troepe verower, waarna dit aansienlik versterk en uitgebou is. Die vesting het 'n totale oppervlakte van 52 hektaar. Van 1646 tot 1658 was Galle die setel van die Nederlandse regering op Ceylon. In 1656 isColombo verower en enkele jare later word hierdie stad die setel van die Hollandse regering op Ceylon. In 1775 is dieGroote Kerk, 'n nuwe protestantse kerk in barokstyl, daar gebou. Die kerk se oorspronklike orrel kan steeds daar gevind word. In 1796 val die fort inBritse hande. Onderwys in Nederlands is vanaf 1837 verbied, hoewel die taal se invloed steeds daar te bespeur is.

Die fort het nog 'n paar Nederlandse straatname, soos dieMoorse Kramerstraat, dieZeeburgstraat,Middelpuntstraat enKerkstraat. Die ou poort van die stad het die wapen van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie tussen twee leeufigure met die jaar 1669 daaronder. Aan die ander kant van die poort is 'n Engelse wapen.

Die geboue is tydens die Indiese Oseaan-tsoenami van 2004 effens beskadig.

Fotogalery

[wysig |wysig bron]
  • Fort Galle
    Fort Galle
  • Die fort se seekant
    Die fort se seekant
  • Die Groote Kerk
    DieGroote Kerk
  • Die vesting se toegangspoort
    Die vesting se toegangspoort
  • Kaart van die fort
    Kaart van die fort

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Fort_Galle&oldid=2149713"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp