Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Foneem

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

In mensliketaal is 'nfoneem die kleinste onderskeibare strukturele eenheid wat betekenis oor dra.[1] Foneme is nie die fisiesesegmente self nie, maar, in teoretiese terme, kognitiewe abstraksies daarvan.

'n Voorbeeld van 'n foneem is die/t/ klank in die woordetop, stand, water, enkat. (In transkripsie, word foneme soos hier tussen skuinsstrepe geskryf.) Hierdie voorbeelde van /t/ word as dieselfde klank beskou al word hulle in elkeen van die woorde effens anders uitgespreek, al is die verskille moontlik nie onderskeibaar selfs vir eerste taal sprekers nie. Foneme kan dus verskeie herkenbaar verskillendespraakklanke,, genaamdfone, omvat. In die voorbeeld word die/t/ intop geaspireer,[tʰ], terwyl die/t/ instand nie geaspireer word nie,[t] (In transkripsie word spraakklanke wat nie foneme is nie in hakkies geskryf). In baie tale soosKoreaans enSpaans is hierdie fone verskillende foneme: Byvoorbeeld,/tal/ is "maan" in Koreaans, terwyl/tʰata/ is "om te brand". In Spaans is daar geen geaspireerde[tʰ], maar die foon in Amerikaanse Englelswriter is soortgelyk aan die Spaanser/ɾ/ in kontras met die Spaanse/t/.

Fone wat tot dieselfde foneem behoort soos[t] en[tʰ] vir die Afrikaanse/t/, wordallofone genoem. 'n algemene toets om te bepaal of twee fone allofone of aparte foneme is berus daarop om minimale pare te vind: woorde wat slegs ten opsigte van die fone onder beskouing verskil. Byvoorbeeld, die woordetop endop illustreer dat[t] en[d] verskillende foneme is in Afrikaans, terwyl die gebrek aan kontras (/tʰata/ word byvoorbeeld as[tʰada] uitgespreek) aandui dat dit in die taal allofone van 'n foneem/t/ is.

Ingebare tale word die basiese elemente van gebare en plekcheremes (ofcheiremes) genoem, maar algemene gebruik het dit verander nafoneem.Toonfoneme word somstoneme genoem en tydfonemechroneme.

Sommige taalkundiges (soosRoman Jakobson) beskou foneme as verder afbreekbaar in eienskappe, sulke eienskappe verteenwoordig volgens die teorieë die ware minimale boublokke van taal. Eienskappe oorvleuel mekaar in tyd, soos wat suprasegmentale foneme in gesproke taal en talle foneme in gebare taal ook doen.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. SIL International,Glossary of linguistic terms,What is a clitic? (Grammar)Geargiveer 10 Mei 2004 opWayback Machine, besoek op 30 Maart 2008
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Foneem&oldid=2449654"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp