DiedépartementFinistère (Bretons: Penn-ar-Bed) is die mees westelike punt vanFrankryk met 'n oppervlakte van 6 733 km² en sowat 855 000 inwoners (2003, waarvan meer as 100 000 menseBretons – naas Frans – as huistaal praat); die naam is afgelei van die Latynsefinis terrae en beteken letterlik "die einde van die wêreld". Die vasteland vanEuropa eindig hier in 'n asemberowende skouspel van natuurskoon, lig en kleure wat al sedert die19de eeu skare kunstenaars trek. Alhoewel dit die geografiese einde van Europa vorm, staan Finistère aan die begin van die Bretonse geskiedenis. Dit is die landingsplek van dieKeltiese setlaars, wat in die 5de en 6de eeu vanuitCornwall na die Europese vasteland gekom het. Die naam van hulle oorspronklike tuisland leef voort inCornouaille, 'n streek in Finistère.
Die landskap van Finistère is 'n geskakeerde vlakte van velde, heideland en bosgebiede wat geleidelik oorgaan in die Monts d'Arrée, berge wat sowat 400 meter bo seevlak lê. Koue winde in die winter en hitte in die somer maak dit 'n leefruimte vir geharde plantspesies wat veral in die kusstrook in kleiner variante as elders groei om die winde te kan weerstaan. Die natuurreservaat van Armorika bewaar hierdie natuurerfenis.
Die ou stadskern van Quimper
Megalitiese ruïnes, menhirs en dolmens (Keltiese grafmonumente) wat orals in Finistère te vinde is, maak van die gebied 'n lewende geskiedenisboek. Die argeologiese vondse van plaaslike opgrawings lewer bewys dat hier reeds 6 000 jaar lank menslike nedersettings bestaan. Die mense van Finistère – wat hul brood oorwegend as vissers, boere en ambagsmanne verdien – maak danksy die seehandel vroeg kennis met kunsstyle van dwarsoor die vasteland en begin hulle in die argitektuur van die streek te verwerk. Dieenclos paroissial, die parogiale insluiting, is 'n plaaslike kerk wat saam met die knekelhuis encalvaire (kalvarieberg), en soms ook 'n oorvloed van beeldhouwerke, 'n mistieke oorgang na die wêreld van die oorledenes vorm. Hierdie simboliek gaan terug tot keltiese tradisies waarvolgens die dood slegs 'n soort oorgang na 'n ander bestaan is.
Naas die argitektuur en beeldhoukuns is pottebakkery 'n belangrike inheemse kuns, en besoekers moenie versuim om een van diefayenceries in die hoofstad Quimper te besoek nie.
Die skouspel van natuurskoon, lig en kleure lok vroeg in die19de eeu talle skilders na Finistère. Die beroemde Paul Gauguin het besoek afgelê aan een van die klein hawens, Pont-Aven, en hy begin die tradisie van dieBretonsesujets in die Franse skilderkuns. Volkskundige tonele soos die Bretonsepardons (vergewensfeeste), drag, oes- en landskapsmotiewe oefen 'n sterk invloed op die kuns van die tyd uit. Auguste Renoir is 'n ander beroemde skilder wat na Finistère kom om die poësie van die natuurskoon en die argitektuur in sy skilderye vas te vang.
Kunsgalerye en museums in die streek bied die geleentheid om hierdie kunswerke te bewonder, en daar is 'n skilderroete ingerig wat die belangstellende op die voetspore van die skilders van Cornouaille laat wandel. Soos Douarnenez en Pont-Aven is dit een van die plekke waar kunstenaars gereeld byeengekom het om inspirasie te vind.
Finistère maak deel uit van die Bretonse taalgebied. DieFestival de Cornouaille, wat inQuimper plaasvind, is 'n fees van die Bretonse musiek en tradisie wat sedert die jaar1923 plaasvind. Die fees duur nege dae en lok jaarliks byna 300 000 besoekers.
DieFête de l'oignon rosé (Fees van die rooskleurige ui) word jaarliks in Augustus in Roscoff gevier. Uie word hier sedert die 17de eeu verbou, en omtrent1830 verkoop die sogenaamdeOnion Johnnies uit Roscoff hulle kranse van uie oorkant die Kanaal in Engeland,Wallis enSkotland. Die museumMaison des Johnnies et de l'Oignon Rosé is aan hierdie manne en die beroemde uie van die streek gewy.
Weens die gevaarlike stroming van dieAtlantiese Oseaan ly baie seevaarders in die 18de en 19de eeu langs die kus van Finistère skipbreuk. Die skrywerAnatole Braz haal 'n ouspreekwoord aan om die lot van talle seevaarders en vissers in die gewes te beskryf:Qui se fie de la mer, se fie de la mort ('n Mens wat hom aan die see toevertrou, vertrou hom aan die dood toe). Volksverhale in die streek sê dat die siele van die oseaan se slagoffers in die Baie des Trépassés (Baai van die Oorledenes) gaan voortleef.