Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Fin de siècle

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie



Fin de siècle


Stylperiode
1890-1914


Historiese ontwikkelinge

Tweede nywerheidsomwenteling
Nuweimperialisme


Wetenskap



Eugenetika
Psigoanalise

Fin de siècle ([ˌfɛ̃ dəˈsjɛkl],Frans: "Einde van die eeu"), dikwels ookDekadentisme genoem, was 'nkunsstroming wat in die tydperk tussen omstreeks 1890 en 1914 gefloreer het. Die term het die konnotasie van dekadensie wat daarna verwys dat dieFin de siècle askulturele beweging juis kulturele verval getematiseer het, maar beskryf ook die lewensgevoel van die tydperk wat aan die een kant deur onsekerheid oor die toekoms bepaal is en sy neerslag in pessimistiese houdings van baie fiksieskrywers van die tyd vind, maar ook in 'n euforiese leefstyl tot uitdrukking kom as mense die hede probeer geniet het.

Oorsprong van die term

[wysig |wysig bron]

As vakterm isFin de siècle vir die eerste keer in 1886 in dieFranse tydskrifLe Décadent gebruik. In 1888 het Francis de Jouvenot en H. Micard dié naam aan een van hul toneelkomedies gegee. In dieDuitse taalgebied het dieOostenrykse skrywer Hermann Bahr (1863-1934) in 1891 'n bundelnovelles met dié titel gepubliseer.

Alhoewel die term oorspronklik spesifiek na 'n lewensgevoel verwys het wat eie was aan dieFranse Derde Republiek in hierdie tyd, word dit ook gebruik om die tydsgees en stemming, wat in die twee dekades voor dieEerste Wêreldoorlog in die heleEuropa geheers het, te beskryf.

Bronne

[wysig |wysig bron]
  • Schwartz, Hillel.Century's End: A Cultural History of the Fin de Siècle—From the 990s Through the 1990s. New York: Doubleday, 1990.
  • La Belle Époque. New York: The Metropolitan Museum of Art. 1982.ISBN 978-0870993299.
Normdata: NasionaalEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Fin_de_siècle&oldid=2715371"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp