Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Felis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Felis
Die wildekat,Felis silvestris
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Felis
Spesie:
F. chaus
F. margarita
F. nigripes
F. silvestris
F. attica
F. lunensis
F. catus

Felis is ’ngenus van katte in die familieFelidae. Dit sluit die bekendehuiskat en sy naaste wilde verwante in. Die wilde spesies kom wydverspreid inEuropa, Suid- en Sentraal-Asië enAfrika voor; die huiskat word wêreldwyd aangetref.

Lede van die genusFelis is almal klein katte wat min of meer soos die huiskat lyk. Die kleinste is die woestynkat van sowat 40 cm lank en die grootste die moeraskat van sowat 94 cm. Hulle kom in ’n verskeidenheid habitats voor, van moerasse tot woestyne, en leef gewoonlik van klein knaagdiere, voëls en ander klein diere, na gelang van hul omgewing.

Genetiese studies het getoon dat die genusFelis sowat agt tot tien miljoen jaar gelede ontstaan het, waarskynlik in dieMediterreense streek.[1]

Spesies en subspesies

[wysig |wysig bron]

Daar word tans gereken dat die genus uit vyf bestaande katte bestaan; dieSjinese bergkat word sedert 2007 beskou as 'n subspesie vanF. silvestris. Diehuiskat word ook soms onderF. silvestris gereken.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Pecon-Slattery, J. and O'Brien, S.J. (1998)."Patterns of Y and X chromosome DNA sequence divergence during the Felidae radiation".Genetics.148 (3): 1245–1255.PMC 1460026.PMID 9539439.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
Wikimedia Commons bevat media in verband metFelis.
Taksondatabasisse
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Felis&oldid=2254664"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp