DieFanerosoïkum ofFanerosoïese Eon is die huidigegeologiese eon, die een waarin die dierelewe volop is. Dit strek oor sowat 542 miljoen jaar, vanaf die tyd dat uiteenlopende hardedopdiere hul verskyning gemaak het. Die naam is afgelei van dieAntieke Griekse woorde φανερός en ζωή, wat beteken "sigbare lewe", omdat eens geglo is dat lewe begin het in dieKambrium, die eerstegeologiese periode van hierdie eon. Die tyd voor die Fanerosoïkum word diePrekambrium genoem.
Die Fanerosoïkum word gekenmerk deur die vinnige ontstaan van verskeie diere-filums, dieevolusie van dié filums in uiteenlopende vorme, die ontwikkeling van komplekseplante, die evolusie vanvisse en die ontstaan vaninsekte en vierpotiges. In dié tyd hetplaattektoniek veroorsaak dat diekontinente beweeg en een landmassa,Pangaea, gevorm het wat weer uiteengedryf en die huidige kontinente gevorm het.
Die Fanerosoïkum word verdeel in drieeras: diePaleosoïkum,Mesosoïkum enKainosoïkum.[1]