Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind. Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Die Sokker-Wêreldbekertrofee waarom meegeding sal word
FIFA het die moontlike gashere opAsië enOseanië beperk nadat hy besluit het om die 2030-toernooi op drie vastelande aan te bied (Afrika,Europa enSuid-Amerika). Volgens waarnemers het FIFA sy eie reëls gebuig om die weg te baan vir Saoedi-Arabië as gasheer deur die aantal moontlike gashere te sny.[2] FIFA het ook die bodtydperk onverwags met drie jaar versnel wat ander moontlike botte gekniehalter het. Volgens berigte deurThe New York Times het FIFA se presidentGianni Infantino 'n sleutelrol gespeel deur FIFA se reëls te buig en die goedkeuring van Saoedi-Arabië se bod te vergemaklik.[3][4]
Die bodproses vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2034 het op 4 Oktober 2023 begin en oorspronklik dieselfde vereistes behels as dié vir die 2030-toernooi. FIFA het later die aantal vereiste stadions met 'n minimum kapasiteit van 40 000 van sewe na vier verlaag.[5] Weens FIFA se rotasiebeleid het slegs lidlande vanAFC enOFC in aanmerking gekom as gasheerlande.[6] FIFA het besluit om die 2030-toernooi op drie vastelande te huisves (Afrika, Europa en Suid-Amerika) en die 2026-toernooi sal in Noord-Amerika beslis word, waarvolgens die 2034-toernooi slegs in Asië of Oseanië aangebied kan word.[2]
Op 31 Oktober 2023 het FIFA se presidentGianni Infantino aangekondig dat Saoedi-Arabië die 2034-toernooi sal huisves, waarvolgens dit die derde toernooi sal wees wat in een van AFC se lidlande aangebied sal word ná die 2002-toernooi in Japan en Suid-Korea en die 2022-toernooi in Katar. Ná die 2022-toernooi in Katar is dit ook die tweede toernooi in dieMidde-Ooste.[7]
Volgens ondersoekende verslaggewing deurThe New York Times het Infantino 'n sleutelrol gespeel in die keuring van Saoedi-Arabië as gasheer. Hy was namens Saoedi-Arabië betrokke in privaat diplomasie, toe hy die moontlikheid ondersoek het ofGriekeland saam met Saoedi-Arabië as medegasheer wou optree vir die 2030-toernooi. ToeSpanje,Portugal enMarokko aangekondig het dat hulle gesamentlik wil aansoek doen as gashere vir die 2030-toernooi, het die Saoedi's dit as onwaarskynlik beskou dat dié bod geklop sou kon word. Vervolgens het die Saoedi's hul 2030-bod teruggetrek. FIFA het vervolgens twee skuiwe gemaak watThe New York Times as "vreemd" beskryf het, toe FIFA aangekondig het dat die eerste drie wedstryde van die 2030-toernooi inUruguay,Argentinië enParaguay beslis sal word, waarna die res in Spanje, Marokko en Portugal sal plaasvind. Met dié besluit was Europa, Afrika en Suid-Amerika onverkiesbaar as moontlike gashere vir die 2034-toernooi, waarvolgens slegs lede vanAsië ofOseanië in aanmerking kon kom. FIFA het ook die bodtydperk vir die 2034-toernooi onverwags versnel, waarvolgens belangstellende lande slegs 25 dae gehad het om hul belangstelling aan te kondig. Saoedi-Arabië het sy belangstelling binne minute aangekondig.[3]
Op 11 Desember 2024 het FIFA bevestig dat Saoedi-Arabië die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2034 sal aanbied. Dié besluit is tydens 'n buitengewone FIFA-kongresvergadering aangekondig, waar die gashere vir beide die 2030- en 2034-toernooie ná 'n stemming gefinaliseer is.[8]
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2034
Die amptelike lys stadions het op 31 Julie 2024 in die bodboek verskyn. Die toernooi sal in vyf stede aangebied word, naamlikRiaad,Djedda,Khobar,Abha enNeom, met altesaam 15 stadions (waaronder elf nuwes). DieKoning Salman Int’l Stadion in Riaad sal waarskynlik beide die openings- en eindstryd huisves.[9]