Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2030

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
FIFA Sokker-Wêreldbeker
Copa Mundial de la FIFA 2030(es)
Coupe du Monde FIFA 2030(fr)
٢٠٣٠ كَأْسُ الْعَالَمِ لِكُرَةِ الْقَدَمِ(ar)
ⵜⴰⵇⴱⵓⵛⵜ ⵏ ⵓⵎⴰⴹⴰⵍ ⵏ FIFA 2030
Campeonato do Mundo da FIFA de 2030(pt)
FIFA Tembiesarái Yvypavẽ 2030(gn)
Toernooi-inligting
GasheerlandeVlag van Argentinië Argentinië
Vlag van Marokko Marokko
Vlag van Paraguay Paraguay
Vlag van Portugal Portugal
Datums13 Junie – 21 Julie
Spanne48 (van 6 konfederasies)
Stadions20 (in 20 stede)
2026
2034

Die 24steFIFASokker-Wêreldbekertoernooi (Engels:FIFA World Cup) sal van 13 Junie tot 21 Julie 2030 inArgentinië,Marokko,Paraguay,Portugal,Spanje enUruguay beslis word. Soos die2026-toernooi sal dit deur 48 nasionale sokkerspanne uitgespook word, insluitend dié van die gasheerlande.[1] Dit sal presies 100 jaar ná die eersteFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930 inMontevideo,Uruguay, gehou word.

Die Sokker-Wêreldbekertrofee waarom meegeding sal word

Vir die eerste keer sal drie lande van twee vastelande die toernooi aanbied, metSpanje,Portugal enMarokko as gashere. Daarbenewens salArgentinië,Paraguay enUruguay ter herdenking van dieeerste toernooi in 1930 in Uruguay een openingswedstryd elk aanbied.[2] Die eerste wedstryd, saam met 'n spesiale eeufeesviering, sal op dieEstadio Centenario in Montevideo, Uruguay, gehou word. Die tweede en derde wedstryde sal onderskeidelik in Argentinië en Paraguay gehou word, waarna die toernooi na Spanje, Marokko en Portugal sal verskuif.[3]

Dit sal die eerste toernooi wees wat inNoord-Afrika aangebied word en die eerste inAfrika ná die2010-toernooi inSuid-Afrika, ná die2014-toernooi inBrasilië die eerste inSuid-Amerika, asook ná die2018-toernooi inRusland die eerste inEuropa. Daarbenewens sal dit die eerste toernooi ooit in Marokko, Paraguay en Portugal wees, ná die heel eerste 1930-toernooi die tweede in Uruguay, ná die1978-toernooi die eerste inArgentinië en ná die1982-toernooi die eerste inSpanje.

Toewysing

[wysig |wysig bron]

FIFA het die bodproses in 2022 begin.[4][5] Aangesien die2022-toernooi inKatar en die2026-toernooi inKanada,Meksiko en dieVerenigde State aangebied word, wasAFC- enCONCACAF-lede nie verkiesbaar vir die 2030-toernooi nie.[6][7]

Op 11 Desember 2024 het FIFA bevestig dat Spanje, Portugal en Marokko die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2030 gesamentlik sal aanbied. Dié besluit is tydens 'n buitengewone FIFA-kongresvergadering aangekondig, waar die gashere vir beide die 2030- en 2034-toernooie ná 'n stemming gefinaliseer is.[8]

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2030
LandeStemming
Vlag van Marokko Marokko
Vlag van Portugal Portugal
Vlag van Spanje Spanje
Vlag van Argentinië Argentinië
Vlag van Paraguay Paraguay
Vlag van Uruguay Uruguay
eenparig

Kwalifisering

[wysig |wysig bron]

Kwalifiserende spanne

[wysig |wysig bron]

Die volgende span het vir die finale toernooi gekwalifiseer (soos op 11 Desember 2024):

Uitslag van die kwalifisering:

   Nie ’n geassosieerde lid van FIFA nie

   Land het homself onttrek of is geskors

   Land het nie gekwalifiseer nie

   Land neem aan die kwalifisering deel

   Land het gekwalifiseer

SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie
Vlag van Argentinië Argentiniën.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.
Vlag van Marokko Marokkon.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.
Vlag van Paraguay Paraguayn.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.
Vlag van Portugal Portugaln.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.
Vlag van Spanje Spanjen.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.
Vlag van Uruguay Uruguayn.v.t.n.v.t.n.v.t.n.v.t.

Stadions

[wysig |wysig bron]

Voor die afsluiting van die bodboek op 31 Julie 2024 het die Koninklike Spaanse Sokkerfederasie sy elf voorgestelde stadions in nege stede benoem. Dié beheerliggaam het ook twee bykomende stadions voorgestel, naamlikNou Mestalla inValencia enBalaídos inVigo, maar dié twee stadions oorskry dalk FIFA se maksimum twintig stadions.[9] Die lys gasheerstede is twaalf dae later gefinaliseer. Dit sluit ses stadions in ses stede dwarsdeur Marokko, drie stadions in twee Portugese stede en elf stadions in nege Spaanse stede in; altesaam twintig stadions in 17 stede.[10]

Lys van moontlike kandidaatstede
StadStadionKapasiteit
Vlag van SpanjeA CoruñaEstadio Riazor34 889 (vereis uitbreiding tot 40 000)
Vlag van MarokkoAgadirAdrar Stadium45 480 (sal uitgebrei word tot 70 000)[11]
Vlag van SpanjeBarcelonaCamp Nou105 000
Stage Front-stadion40 000
Vlag van SpanjeBilbaoSan Mamés-stadion53 331
Vlag van MarokkoCasablancaHassan II-stadion (nuut)115 000
Vlag van MarokkoFesFes-stadion45 000 (moontlike uitbreiding tot 55 800)
Vlag van SpanjeLas PalmasEstadio Gran Canaria32 392 (vereis uitbreiding tot 40 000)
Vlag van PortugalLissabonEstádio da Luz66 647 (moontlike uitbreiding tot 70 000)[12]
Estádio José Alvalade50 095 (moontlike uitbreiding tot 52 095)[13]
Vlag van SpanjeMadridSantiago Bernabéu Stadium80 000
Metropolitano-stadion70 460
Vlag van SpanjeMálagaLa Rosaleda-stadion30 044 (vereis uitbreiding tot 40 000)
Vlag van MarokkoMarrakesjMarrakesj-stadion45 240
Vlag van PortugalPortoEstádio do Dragão50 033
Vlag van MarokkoRabatPrins Moulay Abdellah-stadion65 000 (nuut)[14]
Vlag van SpanjeSan SebastiánAnoeta-stadion39 313 (vereis uitbreiding tot 40 000)
Vlag van SpanjeSevillaEstadio de La Cartuja57 600 (moontlike uitbreiding tot 70 000–75 000)
Vlag van MarokkoTangierIbn Batouta-stadion65 000 (moontlike uitbreiding tot 75 600)
Vlag van SpanjeZaragozaLa Romareda42 500 (ná uitbreiding)

Drie Suid-Amerikaanse stede is ook in die bodboek benoem vir eeufeeswedstryde.[15]

Lys van moontlike kandidaatstede
StadStadionKapasiteit
Vlag van ParaguayAsunciónEstadio Osvaldo Domínguez Dibb46 000[16]
Vlag van ArgentiniëBuenos AiresEstadio Monumental84 593
Vlag van UruguayMontevideoEstadio Centenario62 782

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)"Unanimous decision expands FIFA World Cup™ to 48 teams from 2026".FIFA. 10 Januarie 2017.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2019. Besoek op29 Junie 2019.
  2. (en)"2034 Fifa World Cup: Saudi Arabia confirmed as tournament hosts".BBC. 11 November 2024. Besoek op11 Desember 2024.
  3. (en)"FIFA Council takes key decisions on FIFA World Cup editions in 2030 and 2034".FIFA. Besoek op4 Oktober 2023.
  4. (en)"Agenda of meeting no. 11 of the FIFA Council"(PDF).FIFA. 21 Oktober 2019.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2021. Besoek op29 Oktober 2021.
  5. (en)"Who will host 2030 FIFA World Cup? Bids from Africa, South America, and Europe in the running, including Ukraine". The Sporting News. 5 Oktober 2022.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2023. Besoek op11 Januarie 2023.
  6. (en)Tim Hill (9 Maart 2017)."Trump travel ban could prevent United States hosting World Cup".The Guardian.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 November 2021. Besoek op14 November 2021.
  7. (en)Ben Rumsby (14 Oktober 2016)."England's hopes of hosting 2030 World Cup given boost".The Daily Telegraph.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2022. Besoek op12 Januarie 2022.
  8. (en)Jonty Colman (11 Desember 2024)."Fifa confirms Saudi Arabia as 2034 World Cup hosts".BBC. Besoek op12 Desember 2024.
  9. (en)Ali Rampling (19 Julie 2024)."Spain's 11 proposed 2030 World Cup stadiums announced by RFEF".The New York Times. Besoek op13 Desember 2024.
  10. (en)"FWC30 Bid book Yalla Vamos"(PDF).FIFA. 31 Julie 2024. Besoek op31 Julie 2024.
  11. (en)"When and where is next AFCON? Confirmed dates, year, host cities, stadiums for Africa Cup of Nations 2025 in Morocco". Sporting News. 21 Junie 2024. Besoek op13 Desember 2024.
  12. (pt)Tiago Caeiro Lusa."Lotação do Estádio da Luz vai aumentar para 70 mil lugares, anunciou Rui Costa". Observador. Besoek op12 Desember 2024.
  13. (pt)"Mais 2 mil lugares, lounges exclusivos e fecho do fosso confirmado: Sporting anuncia novidades em Alvalade". Record. Besoek op12 Desember 2024.
  14. (en)"Stade Moulay Abdellah". Stadiumdb. Besoek op12 Desember 2024.
  15. (en)"CCM FWC30 Bid book"(PDF).FIFA. 31 Julie 2024. Besoek op31 Julie 2024.
  16. (es)"Así será el ODD, el estadio que albergará el partido inaugural". D10. Besoek op13 Desember 2024.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]


Sokker-Wêreldbekertoernooie

Uruguay 1930Italië 1934Frankryk 19381942Brasilië 1950Switserland 1954Swede 1958Chili 1962Engeland 1966Meksiko 1970Wes-Duitsland 1974Argentinië 1978Spanje 1982Meksiko 1986Italië 1990Verenigde State 1994Frankryk 1998Suid-Korea/Japan 2002Duitsland 2006Suid-Afrika 2010Brasilië 2014Rusland 2018Katar 2022Kanada/Meksiko/Verenigde State 2026Marokko/Portugal/Spanje 2030Saoedi-Arabië 2034

Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=FIFA_Sokker-Wêreldbekertoernooi_in_2030&oldid=2763040"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp