Die 21steFIFASokker-Wêreldbekertoernooi (Russies: Чемпионат мира по футболу FIFA 2018,Tsjempionat mira po foetboloe FIFA 2018, [tɕɪmʲpʲɪɐˈnat ˈmʲirə pə fʊdˈboɫʊ ˈfiːfə dvʲɪˈtɨsʲɪtɕɪ vəsʲɪmˈnatsətʲ];Engels:FIFA World Cup) is vanaf 14 Junie tot 15 Julie 2018 inRusland aangebied. Dit was die eersteSokker-Wêreldbekertoernooi wat in Rusland aangebied is en die elfde inEuropa; net die stadJekaterinburg met die Sentrale Stadion is in dieAsiatiese deel van dié land (Noord-Asië enSiberië) geleë, waarmee die toernooi vir die eerste keer op twee vastelande gehuisves is: Asië en Europa.[3] Ná dieOlimpiese Winterspele 2014 inSotsji was die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 die tweede groot sportkompetisie in Rusland. DieFIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 het as ’n voorbereiding vir die gasheerland gedien.
Die Sokker-Wêreldbekertrofee waarom meegeding is
32 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 deelgeneem. Die spanne is in agt groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die agtste eindrondte deurgedring het. Frankryk het die trofee gewen nadat hulle Kroasië op 15 Julie in die Loezjnikistadion vanMoskou, die Olimpiese stadion van dieOlimpiese Somerspele 1980, met 4–2 geklop en sodoende hul tweede wêreldbekertitel ingepalm het. Frankryk sou regstreeks vir dieFIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2021 gekwalifiseer het, maar dié toernooi is later deur FIFA geskrap.[4] Gunstelinge vir die wêreldbekertitel voor die afskop van die toernooi wasBrasilië,Duitsland,Frankryk enSpanje.[5] Die verdedigende kampioen Duitsland is reeds in die groepfase uitgeskakel; dieselfde lot wat voorheen Brasilië in1966, Frankryk in2002,Italië in2010 en Spanje in2014 toegeval het, maar vir Duitsland was dit die eerste keer wat hulle nie na die uitklopfase kon deurdring nie.[6] Dit is die vierde agtereenvolgende Sokker-Wêreldbekertoernooi wat deur 'n Europese nasionale sokkerspan gewen is, ná Italië in 2006, Spanje in 2010 en Duitsland in 2014.
DieSuid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie vir die toernooi gekwalifiseer nie en dus nie daaraan deelgeneem nie. Die nasionale sokkerspanne vanPanama enYsland het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem.
Die Russiese reëlingskomitee vier die toekenning van die Sokker-Wêreldbekertoernooi 2018 aan Rusland
Kandidaat vir 2018
Kandidaat vir 2022
Gekanselleerde bod
Onverkiesbaar vir 2018
Onverkiesbaar vir 2018 én 2022
Openingseremonie van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 inMoskou seLoezjnikistadion
FIFA het op 19 Desember 2008 inTokio beslis dat die toernooie van 2018 en 2022 gesamentlik toegewys sou word. Volgens FIFA se beleid mag net al om die drie toernooi deur dieselfde vastelandse vereniging gehou word. Lande vanCAF was dus onverkiesbaar vir 2018, omdat dieFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 aanSuid-Afrika toegewys is; lande vanCONMEBOL was onverkiesbaar vir 2018 én 2022, omdat die vorigeFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 aan Brasilië toegewys is.[7]
Die gasheer Rusland het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 gekwalifiseer. Van die 31 oorblywende plekke is 13 vir nasionale sokkerspanne vanUEFA (Europa) gereserveer, vyf vir CAF (Afrika), vier vir CONMEBOL (Suid-Amerika), vier virAFC (Asië) en drie virCONCACAF (Karibiese gebied,Noord- enSentraal-Amerika). Twee plekke is tydens uitspeelwedstryde tussen AFC en CONCACAF, asook tussenOFC (Oseanië) en CONMEBOL beslis.
Die kontinentale kwalifiseringswedstryde is tussen 12 Maart 2015 en 15 November 2017 beslis. Noemenswaardige lande wat nie gekwalifiseer het nie sluit in die viermalige wêreldbekerwenner Italië en die derde plek van 2014, Nederland. Vier verdedigende kontinentale kampioene kon ook nie kwalifiseer nie: die Afrikanasiesbeker 2017-wennerKameroen, die tweemalige Copa América- enFIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017-naaswennerChili, die Oseanië Nasiesbeker 2016-wennerNieu-Seeland en die CONCACAF se Gouebeker 2017-wenner dieVerenigde State. Vir die eerste keer het drieSkandinawiese lande (Denemarke,Swede enYsland) en vierArabiese lande (Egipte,Marokko,Saoedi-Arabië enTunisië) aan dieselfde Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem.[9]
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 is oor 32 dae tussen 32 verskillende nasies oor 64 wedstryde uitgespeel. Dit het op 14 Junie 2018 op die Loezjnikistadion in Moskou met ’n wedstryd tussen die gasheer Rusland en Saoedi-Arabië afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 15 Julie met die eindstryd tussen Frankryk en Kroasië, waartydens Frankryk die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooie in 2006, 2010 en 2014 ingespan.[23]
Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 is deur 32 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 32 deelnemende spanne in agt groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
Een vir ’n gelykop;
geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit 16 wedstryde bestaan het: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die agtste eindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B het teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes vanekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’nstrafskopkompetisie bepaal.
Ná die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[24][25] Die ranglys vir die 2018-toernooi is soos gevolg: