Die 17deFIFASokker-Wêreldbekertoernooi (Koreaans: 2002 FIFA 월드컵 한국/일본,2002 FIFA Woldeu Keop Hanguk/Ilbon;Japannees: 2002 FIFAワールドカップ 韓国/日本,2002 FIFA Waarudo Kappu Kankoku/Nippon;Engels:FIFA World Cup) is vanaf 31 Mei tot 30 Junie inKorea enJapan aangebied. Dit was die eerste keer dat die toernooi inAsië en buite dieAmerikas ofEuropa gehou is; asook die eerste keer wat dit deur twee lande gesamentlik georganiseer is. DieFIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2001 het as ’n voorbereiding vir die twee gasheerlande gedien.
Die Sokker-Wêreldbekertrofee waarom meegeding is
32 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 deelgeneem. Die spanne is in agt groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die agtste eindrondte deurgedring het.Brasilië het die toernooi gewen nadat hulleDuitsland met 2–0 in die eindstryd geklop en sodoende hul vyfde wêreldbekertitel ingepalm het, ’n algehele rekord. Met sy verowering van die wêreldbekertitel het Brasilië regstreeks vir dieFIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 inFrankryk en dieFIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2005 in Duitsland gekwalifiseer. Buitendien het Brasilië ná Duitsland die tweede land geword wat vir die derde agtereenvolgende keer die eindstryd gehaal het, nadat hulle ook in die1994- en1998-eindstryde verskyn het. Die verrassend suksesvolle nasionale sokkerspanne vanTurkye het in die derde en die medegasheer Suid-Korea in die vierde plek geëindig. Die ander medegasheer Japan is in die agtste eindrondte uitgeskakel.
DieSuid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het vir die toernooi gekwalifiseer, maar hulle is reeds in die groepfase uitgeskakel. Die nasionale sokkerspanne vanEcuador,Senegal,Slowenië en dieVolksrepubliek China het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem. Dit was die laaste toernooi waartydens die goue doel-reël vir die beslissing van ’n wedstryd ingespan is, nadat dié reël vir die vorige 1998-toernooi ingevoer is; die verdedigende kampioen het ook die laaste keer regstreeks vir ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi gekwalifiseer. Die destydse wêreld- en Europese kampioen Frankryk kon nie een enkele doel aanteken nie en het in hul groep in die laaste plek geëindig.
Suid-Korea en Japan is op 31 Mei 1996 inZürich deur FIFA gekies as gashere vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002. Die enigste ander kandidaatland wasMeksiko, maar hulle het op 28 Februarie 1996 hulself onttrek. ’n Aansluitende gesamentlike kandidatuur deur die lande Japan en Suid-Korea is voorgestel en aanvaar.[2]
Die gashere Japan en Suid-Korea en die verdedigende kampioen Frankryk het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 gekwalifiseer. Van die 29 oorblywende plekke is 13 vir nasionale sokkerspanne vanUEFA (Europa) gereserveer, vyf virCAF (Afrika), vier virCONMEBOL (Suid-Amerika), drie virCONCACAF (Karibiese gebied,Noord- enSentraal-Amerika) en twee virAFC (Asië). Twee plekke is tydens uitspeelwedstryde tussen AFC en UEFA, asook tussen CONMEBOL enOFC (Oseanië) beslis.
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 is oor 31 dae tussen 32 verskillende nasies oor 64 wedstryde uitgespeel. Dit het op 31 Mei 2002 op die Seoel-wêreldbekerstadion in Seoel met ’n wedstryd tussen die verdedigende kampioen Frankryk en Senegal afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Internasionale Stadion Jokohama in Jokohama op 30 Junie met die eindstryd tussen Duitsland en Brasilië, waartydens Brasilië die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het.[4]
Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 is deur 32 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 32 deelnemende spanne in agt groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
Een vir ’n gelykop;
geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit 16 wedstryde bestaan het: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes vanekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting, waartydens die wedstryd deur die aantekening ’n goue doel dadelik beslis kon word. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’nstrafskopkompetisie bepaal.
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 1 Desember 2001 in die Uitstallings- en Konvensiesentrum in Busan gehou.
Ná die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[5][6] Die ranglys vir die 2002-toernooi is soos gevolg:
Deelnemende spanne volgens ranglys:
Kampioen
Tweede plek
Derde plek
Vierde plek
Kwarteindrondte
Agtste eindrondte
Groepfase
Geen deelname
GasheerlandeJapan enSuid-KoreaRivaldo wys die FIFA Sokker-Wêreldbekertrofee nadat Brasilië die toernooi gewen het