Die twaalfdeFIFASokker-Wêreldbekertoernooi (Spaans:Copa Mundial de Fútbol – España 82;Engels:FIFA World Cup) is vanaf 13 Junie tot 11 Julie 1982 inSpanje aangebied. Dit was die eersteSokker-Wêreldbekertoernooi wat in Spanje aangebied is en die sewende inEuropa.
Die Sokker-Wêreldbekertrofee waarom meegeding is
24 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982 deelgeneem. Die spanne is in ses groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die tweede rondte deurgedring het. Die boonste spanne van die vier groepe het die halfeindrondte beslis.Italië het die trofee gewen nadat hulleWes-Duitsland met 3–1 in die eindstryd geklop en sodoende hul derde wêreldbekertitel ingepalm het.Pole het in die derde enFrankryk in die vierde plek geëindig. Tydens die halfeindstryd tussen Wes-Duitsland en Frankryk is vir die eerste keerstrafskoppe ingespan om ’n wedstryd te beslis; Wes-Duitsland het met 5–4 strafskoppe gewen en sodoende die eindstryd bereik. Beide die verdedigende kampioenArgentinië en die gasheer Spanje is in die tweede rondte uitgeskakel.
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982 is oor 29 dae tussen 24 verskillende nasies oor 52 wedstryde uitgespeel. Dit het op 13 Junie 1982 op Camp Nou in Barcelona met ’n wedstryd tussen die verdedigende kampioen Argentinië en België afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Estadio Santiago Bernabéu in Madrid op 11 Julie met die eindstryd tussen Italië en Wes-Duitsland, waartydens Italië die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het.[4]
Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die tweede rondte, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982 is deur 24 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 24 deelnemende spanne in ses groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
Een vir ’n gelykop;
geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die tweede rondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Die tweede rondte het uit vier groepe met drie spanne elk bestaan, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne gespeel het. Die boonste span in elke groep het na die halfeindrondte deurgedring.
Beide die eindstryd en die kein finale moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes vanekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’nstrafskopkompetisie bepaal.
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die eerste en die tweede rondte met die aansluitende uitklopfase. Die loting is op 16 Januarie 1982 in diePalacio de Congresos in Madrid gehou.
24 spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die tweede rondte deurgedring. In die tweede rondte het net die boonste span van die vier groepe in die halfeindstryd verskyn.
In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydseFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[5][6] Die ranglys vir die 1982-toernooi is soos gevolg: