16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1978 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die tweede rondte deurgedring het. Die boonste spanne van albei groepe het in die eindstryd ontmoet, terwyl die tweede spanne in die klein finale gespeel het. Argentinië het die trofee gewen nadat hulleNederland met 3–1 in die eindstryd geklop en sodoende hul eerste wêreldbekertitel ingepalm het. Argentinië was ook die vyfde gasheer náUruguay in1930,Italië in1934,Engeland in1966 enWes-Duitsland in1974 wat die toernooi gewen het.Brasilië het in die derde en Italië in die vierde plek geëindig. Die verdedigende kampioen Wes-Duitsland is in die tweede rondte uitgeskakel.
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1978 is beslis tydens die militêre diktatuur wat in 1976 tydens ’nstaatsgreep aan bewind gekom het. Dié regse militêre diktatorskap is vir die ontvoering en verdwyning van sowat 30 000 mense tydens ’n soortburgeroorlog teen linkse guerillas en intellektuele verantwoordelik. Die destydse Argentynse bewind het die toernooi vir die tentoonstelling van ’n “suiwer Argentinië” misbruik en dit het ná die titelverowering net ’n kort tyd van gewildheid onder Argentyne geniet.[2]
DieSuid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne vanIran enTunisië het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem. Dit was die laaste toernooi met die oorspronklike aantal van 16 nasionale sokkerspanne; vir die volgendeFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982 inSpanje is die aantal na 24 verhoog.
Die gasheer Argentinië en die verdedigende kampioenWes-Duitsland het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1978 gekwalifiseer. Van die 14 oorblywende plekke is agt vir nasionale sokkerspanne vanUEFA (Europa) gereserveer, drie virCONMEBOL (Suid-Amerika), asook een elk virCAF (Afrika) enCONCACAF (Karibiese gebied,Noord- enSentraal-Amerika). Twee plekke is tydens uitspeelwedstryde tussenAFC (Asië) enOFC (Oseanië), asook tussen UEFA en CONMEBOL beslis.
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1978 is oor 25 dae tussen 16 verskillende nasies oor 38 wedstryde uitgespeel. Dit het op 1 Junie 1978 op die Monumental-stadion in Buenos Aires met ’n wedstryd tussen die verdedigende kampioen Wes-Duitsland en Pole afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 25 Junie met die eindstryd tussen Nederland en Argentinië, waartydens die gasheer die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 ingespan.[5]
Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1978 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die tweede rondte, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1978 is deur 16 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
Een vir ’n gelykop;
geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die tweede rondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Die tweede rondte het uit twee groepe met vier spanne elk bestaan, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne gespeel het. Die boonste span in elke groep het na die eindstryd deurgedring, terwyl die naaswenner in albei groepe in die klein finale ontmoet het.
Beide die eindstryd en die kein finale moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes vanekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner van die klein finale deur ’nstrafskopkompetisie bepaal. Die eindstryd sou ná ’n gelykopuitslag binne enkele dae herhaal word en eers daarna sou dit deur ’n strafskopkompetisie beslis word.
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die eerste en die tweede rondte met die aansluitende klein finale en die eindstryd. Die loting is op 14 Januarie 1978 in dieCentro Cultural General San Martín in Buenos Aires gehou.
16 spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die tweede rondte deurgedring. In die tweede rondte het net die boonste span van albei groepe in die eindstryd verskyn en die tweede span van albei groepe in die klein finale om die derde plek.
Die groepswedstryd tussen Frankryk en Hongarye was opvallend omdat albei spanne vir die wedstryd opgedaag het met wit truie, en Frankryk gevolglik gedwing was om wit-en-groen gestreepte truie by die plaaslike klub Kimberley de Mar del Plata te leen.[6]
In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydseFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[7][8] Die ranglys vir die 1978-toernooi is soos gevolg:
Deelnemende spanne volgens ranglys:
Kampioen
Tweede plek
Derde plek
Vierde plek
Tweede rondte
Eerste rondte
Geen deelname
GasheerlandArgentiniëDaniel Passarella wys die FIFA Sokker-Wêreldbekertrofee nadat Argentinië die toernooi gewen het