Die tiendeFIFASokker-Wêreldbekertoernooi (Duits:Fußball-Weltmeisterschaft 1974;Engels:FIFA World Cup) is vanaf 13 Junie tot 7 Julie 1974 inWes-Duitsland (BRD) aangebied. Dit was die eersteSokker-Wêreldbekertoernooi wat in Wes-Duitsland aangebied is en die sesde inEuropa. Ná dieOlimpiese Somerspele 1972 inMünchen was die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 die tweede groot sportkompetisie in Wes-Duitsland.
Die Sokker-Wêreldbekertrofee waarom meegeding is
16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die tweede rondte deurgedring het. Die boonste spanne van albei groepe het in die eindstryd ontmoet, terwyl die tweede spanne in die klein finale gespeel het. Wes-Duitsland het die trofee gewen nadat hulleNederland met 2–1 in die eindstryd geklop en sodoende hul tweede wêreldbekertitel ingepalm het. Wes-Duitsland het daarmee die eerste land geword wat die nuwe FIFA Wêreldbekertrofee verower het, nadat die Jules Rimet-trofee tydens die vorigeFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 permanent aan die driemalige kampioenBrasilië oorhandig is. Wes-Duitsland was ook die vierde gasheer náUruguay in1930,Italië in1934 enEngeland in1966 wat die toernooi gewen het.Pole het in die derde en die verdedigende kampioen Brasilië in die vierde plek geëindig.
Dit was die enigste verskyning van die Oos-Duitse nasionale sokkerspan by ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi. Oos- en Wes-Duitsland was volgens loting in dieselfde groep en die Oos-Duitsers kon tydens dié toernooi as enigste span daarin slaag om die gasheer en latere kampioen Wes-Duitsland te klop. Albei Duitse nasionale sokkerspanne het van die eerste na die tweede rondte deurgedring, maar die DDR is sonder oorwinnings uitgeskakel, terwyl die BRD al sy drie wedstryde gewen en tot die eindstryd deurgedring het.
Reeds drie maande vroeër, op 16 April 1966, is dieBeierse hoofstadMünchen as gasheer vir dieOlimpiese Somerspele 1972 aangewys. Die jaar 1966 was sodoende ’n deurbraak in die Wes-Duitse sportdiplomatie, aangesien 21 jaar ná die einde van dieTweede Wêreldoorlog en dieNasionaal-Sosialistiese heerskap ’n Duitse staat weer as waardig beskou is om twee van die vernaamste internasionale sportkompetisies aan te bied.[3]
Die gasheer Wes-Duitsland en die verdedigende kampioen Brasilië het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 gekwalifiseer. Van die 14 oorblywende plekke is agt vir nasionale sokkerspanne vanUEFA (Europa) gereserveer, twee virCONMEBOL (Suid-Amerika), asook een elk virCAF (Afrika) enCONCACAF (Karibiese gebied,Noord- enSentraal-Amerika). Twee plekke is tydens uitspeelwedstryde tussenAFC (Asië) enOFC (Oseanië), asook tussen UEFA en CONMEBOL beslis.
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 is oor 25 dae tussen 16 verskillende nasies oor 38 wedstryde uitgespeel. Dit het op 13 Junie 1974 op die Waldstadion in Frankfurt am Main met ’n wedstryd tussen die verdedigende kampioen Brasilië en Joego-Slawië afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Olympiastadion in München op 7 Julie met die eindstryd tussen Nederland en Wes-Duitsland, waartydens die gasheer die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het.[5]
Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die tweede rondte, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 is deur 16 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
Een vir ’n gelykop;
geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die tweede rondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Die tweede rondte het uit twee groepe met vier spanne elk bestaan, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne gespeel het. Die boonste span in elke groep het na die eindstryd deurgedring, terwyl die naaswenner in albei groepe in die klein finale ontmoet het.
Beide die eindstryd en die kein finale moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes vanekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner van die klein finale deur ’nstrafskopkompetisie bepaal. Die eindstryd sou ná ’n gelykopuitslag binne enkele dae herhaal word en eers daarna sou dit deur ’n strafskopkompetisie beslis word.
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die eerste en die tweede rondte met die aansluitende eindstryd. Die loting is op 5 Januarie 1974 in dieGroße Sendesaal des Hessischen Rundfunks in Frankfurt am Main gehou.
16 spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die tweede rondte deurgedring. In die tweede rondte het net die boonste span van albei groepe in die eindstryd verskyn en die tweede span van albei groepe in die klein finale om die derde plek.
In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydseFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[6][7] Die ranglys vir die 1974-toernooi is soos gevolg: