Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
FIFA Sokker-Wêreldbeker
IV Campeonato Mundial de Futebol – Brasil
Toernooi-inligting
GasheerlandVlag van Brasilië Brasilië
Datums24 Junie – 16 Julie
Spanne16 (van 3 konfederasies)
Stadions(in 6 stede)
Finale uitslag
KampioeneVlag van Uruguay Uruguay (2 titels)
Tweede plekVlag van Brasilië Brasilië
Derde plekVlag van Swede Swede
Vierde plekVlag van Spanje Spanje
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel22
Doele88 (4 per wedstryd)
Bywoning1 043 500 (47 432 per wedstryd)
Meeste punteVlag van BrasiliëAdemir (8 doele)[1]
Beste spelerVlag van BrasiliëZizinho
1938
1954

Die vierdeFIFASokker-Wêreldbekertoernooi (Portugees:IV Campeonato Mundial de Futebol – Brasil, [ˈkwaʁtu kɐ̃pjoˈnatu mũdʒiˈaw dʒi ˌfutʃiˈbɔw];Engels:FIFA World Cup) is vanaf 24 Junie tot 16 Julie 1950 inBrasilië aangebied. Dit was die eersteSokker-Wêreldbekertoernooi wat in Brasilië aangebied is en die tweede inSuid-Amerika. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi ná die einde van dieTweede Wêreldoorlog vyf jaar vroeër, nadat die toernooie van1942 en 1946 weens die wêreldwye oorlog gekanselleer is. Die vorigeFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938 is twaalf jaar vroeër inFrankryk beslis.

Die Jules Rimet-trofee waarom meegeding is

16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die beste span van elke groep na die finale rondte deurgedring het. Brasilië,Spanje,Swede enUruguay het hul onderskeidelike groepe gewen en na die finale groep deurgedring. Dit was die enigste toernooi wat nie deur ’n enkele eindwedstryd beslis is nie en die beste span van die finale groepfase het die Jules Rimet-trofee verower. Uruguay het die trofee gewen nadat hulle Brasilië met 2–1 in die laaste wedstryd geklop en sodoende hul tweede wêreldbekertitel ingepalm het. Swede het in die derde en Spanje in die vierde plek geëindig.

DieSuid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. BeideDuitsland enJapan is nie toegelaat om aan die kwalifisering deel te neem nie. Verskeie ander lande soosHongarye, dieSowjetunie enTsjeggo-Slowakye wou nie aan die kwalifisering deelneem nie, terwylBelgië enOostenryk inEuropa;Burma,Filippyne enIndonesië inAsië;Argentinië,Ecuador enPeru in Suid-Amerika hulleself aan die kwalifisering onttrek het.Indië,Skotland enTurkye het ná hul suksesvolle kwalifisering aan die toernooi onttrek. Die nasionale sokkerspan vanEngeland het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem, nadat die vier Britse nasionale sokkerbeheerliggame vier jaar vroeër by FIFA heraangesluit het.

Toewysing

[wysig |wysig bron]

Brasilië is op 26 Julie 1946 inLuxemburg deur FIFA gekies as die gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950; gelyktydig is dieFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 aanSwitserland toegeken. Daar was geen ander lande wat hulself as kandidate beskikbaar gestel het nie. Dié Sokker-Wêreldbekertoernooi is oorspronklik vir 1949 beplan, maar dit is om organisatoriese redes na 1950 verskuif.[2]

Kwalifisering

[wysig |wysig bron]

Die gasheer Brasilië en die verdedigende kampioenItalië het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 gekwalifiseer. Van die 14 oorblywende plekke is sewe vir Europese nasionale sokkerspanne gereserveer, ses vir dieAmerikas en een vir Asië.

Die tweeSpilmoondhede Duitsland en Japan is weens hul oorlogsmisdade tydens die Tweede Wêreldoorlog onder internasionale sanksies geplaas en hulle is nie toegelaat om aan die kwalifisering deel te neem nie. Hul gedeeltelik gedwonge bondgenote en die geannekseerde Oostenryk kon wél aan die kwalifisering deelneem.

Die Britse nasies is ná hul heraansluiting by FIFA vier jaar vroeër genooi om aan die toernooi deel te neem en die 1949–50 Britse Tuiskampioenskap het as kwalifisering gedien, waartydensEngeland eerste en Skotland tweede geëindig het. Skotland wou egter net deelneem nadat hulle dié kampioenskap gewen het en hulle het dus hulself onttrek.

Verskeie nasies anderkant dieYstergordyn soos Hongarye, die Sowjetunie en Tsjeggo-Slowakye het geweier om aan die kwalifisering deel te neem.

Die Suid-Amerikaanse lande Argentinië, Ecuador en Peru het ná die loting vir die kwalifiseringsgroepe hulleself onttrek, waardeurBolivië,Chili,Paraguay en Uruguay sonder enige wedstryd gekwalifiseer het. Die Asiatiese lande Burma, Filippyne en Indonesië het hulleself aan die kwalifisering onttrek, waardeur Indië sonder enige wedstryd gekwalifiseer het. In Europa het België en Oostenryk hulleself aan die kwalifisering onttrek, waardeurSwitserland en Turkye sonder afsluiting van hul finale rondte van wedstryde gekwalifiseer het.[3][4]

Kwalifiserende spanne

[wysig |wysig bron]

Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[5]

Uitslag van die kwalifisering:

   Geen deelname

   Land is deur FIFA verban en nie toegelaat om aan kwalifisering deel te neem nie

   Land het homself onttrek of is nie deur FIFA aanvaar nie

   Land het nie gekwalifiseer nie

   Land het gekwalifiseer

   Land het gekwalifiseer, maar homself later onttrek

SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie
Vlag van Bolivië Bolivië2de11930Groepfase(1930)
Vlag van Brasilië Brasilië4de41938Derde plek(1938)
Vlag van Chili Chili2de11930Groepfase(1930)
Vlag van Engeland Engeland1ste1Debuut
Vlag van Indië Indië1ste1Debuut
Vlag van Italië Italië3de31938Kampioen(1934,1938)
Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië2de11930Vierde plek(1930)
Vlag van Meksiko Meksiko2de11930Groepfase(1930)
Vlag van Paraguay Paraguay2de11930Groepfase(1930)
Vlag van Skotland Skotland1ste1Debuut
Vlag van Spanje Spanje2de11934Kwarteindrondte(1934)
Vlag van Swede Swede3de31938Vierde plek(1938)
Vlag van Switserland Switserland3de31938Kwarteindrondte(1934,1938)
Vlag van Turkye Turkye1ste1Debuut
Vlag van Uruguay Uruguay2de11930Kampioen(1930)
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State3de11934Derde plek(1930)

Ná hul suksesvolle kwalifisering het Skotland en Turkye hulleself onttrek. Die in die kwalifisering uitgeskakelde landeFrankryk,Portugal en dieRepubliek Ierland is deur FIFA genooi om die leë plekke in te neem, maar net Frankryk het dit aanvaar. Ná die loting van die groepfase het Frankryk en Indië hulleself onttrek, maar daar was nie genoeg tyd om ander spanne te nooi nie, waarvolgens die derde groep uit drie spanne en die vierde groep net uit twee spanne bestaan het.[6]

Stadions

[wysig |wysig bron]

Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

Rio de JaneiroSão PauloBelo Horizonte
Estádio do MaracanãEstádio do PacaembuEstádio Sete de Setembro
22°54′43.8″S43°13′48.59″W / 22.912167°S 43.2301639°W /-22.912167; -43.2301639 (Estádio do Maracanã)23°32′55.1″S46°39′54.4″W / 23.548639°S 46.665111°W /-23.548639; -46.665111 (Estádio do Pacaembu)19°54′30″S43°55′4″W / 19.90833°S 43.91778°W /-19.90833; -43.91778 (Estádio Independência)
Kapasiteit:199 854Kapasiteit:60 000Kapasiteit:30 000
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 (Brasilië)
CuritibaPorto AlegreRecife
Estádio Durival de BrittoEstádio dos EucaliptosEstádio Ilha do Retiro
25°26′22″S49°15′21″W / 25.43944°S 49.25583°W /-25.43944; -49.25583 (Estádio Vila Capanema)30°3′42″S51°13′38″W / 30.06167°S 51.22722°W /-30.06167; -51.22722 (Estádio dos Eucaliptos)8°3′46.63″S34°54′10.73″W / 8.0629528°S 34.9029806°W /-8.0629528; -34.9029806 (Estádio Ilha do Retiro)
Kapasiteit:10 000Kapasiteit:20 000Kapasiteit:10 000

Formaat

[wysig |wysig bron]

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 is oor 23 dae tussen 16 verskillende nasies oor 22 wedstryde uitgespeel. Dit het op 24 Junie 1950 op die Estádio do Maracanã in Rio de Janeiro met ’n wedstryd tussen die gasheer Brasilië en Meksiko afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 16 Julie met die laaste en beslissende wedstryd tussen Uruguay en Brasilië, waartydens Uruguay die Jules Rimet-trofee ingepalm het.[7]

Kalender

[wysig |wysig bron]

Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase en ’n siaan blokkie op die finale rondte.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Junie/Julie
Sa
24
So
25
Ma
26
Di
27
Wo
28
Do
29
Vr
30
Sa
1
So
2
Ma
3
Di
4
Wo
5
Groep 111211
Groep 2222
Groep 3111
Groep 41
Finale rondte
Julie
Do
6
Vr
7
Sa
8
So
9
Ma
10
Di
11
Wo
12
Do
13
Vr
14
Sa
15
So
16
Finale rondte222
Legende

   Groepfase

   Finale rondte

Groepfase

[wysig |wysig bron]

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 is deur 16 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van óf drie óf vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die derde/vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die boonste span wat na die finale rondte deurgedring het.

Finale rondte

[wysig |wysig bron]

Die finale rondte het uit een groep met vier spanne bestaan, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne gespeel het. Die span wat in die finale rondte die meeste wedstrydpunte versamel het, het die toernooi en daarmee die Jules-Rimet-trofee gewen.

Wedstryde

[wysig |wysig bron]
Kwalifiseer vir die finale rondte.
Uit die toernooi geskakel.

Groepfase

[wysig |wysig bron]
DieMaracanã-stadion net voor die afskop van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950

13 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste span in elke groep het na die finale rondte deurgedring. Die loting is op 22 Mei 1950 in die Departement van Buitelandse Sake in Rio de Janeiro gehou.

Groep 1

[wysig |wysig bron]
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
Vlag van Brasilië Brasilië321082+65
Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië320173+44
Vlag van Switserland Switserland311146–23
Vlag van Meksiko Meksiko3003210–80

24 Junie1950
15:00
Vlag van Brasilië Brasilië4–0Vlag van Meksiko MeksikoEstádio do Maracanã,Rio de Janeiro
Toeskouers: 82 000
Skeidsregter: George Reader (Engeland)
AdemirDoelpunt na 30 minute 30',Doelpunt na 79 minute 79'
JairDoelpunt na 65 minute 65'
BaltazarDoelpunt na 71 minute 71'
Verslag

25 Junie1950
18:00
Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië3–0Vlag van Switserland SwitserlandEstádio Independência,Belo Horizonte
Toeskouers: 7 500
Skeidsregter: Giovanni Galeati (Italië)
MitićDoelpunt na 59 minute 59'
TomaševićDoelpunt na 70 minute 70'
OgnjanovDoelpunt na 75 minute 75'
Verslag

28 Junie1950
15:00
Vlag van Brasilië Brasilië2–2Vlag van Switserland SwitserlandEstádio do Pacaembu,São Paulo
Toeskouers: 42 000
Skeidsregter: Ramón Azon Roma (Spanje)
AlfredoDoelpunt na 3 minute 3'
BaltazarDoelpunt na 32 minute 32'
VerslagDoelpunt na 17 minute 17',Doelpunt na 88 minute 88'Fatton

28 Junie1950
18:15
Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië4–1Vlag van Meksiko MeksikoEstádio dos Eucaliptos,Porto Alegre
Toeskouers: 11 000
Skeidsregter: Reginald Leafe (Engeland)
BobekDoelpunt na 19 minute 19'
Ž. ČajkovskiDoelpunt na 22 minute 22',Doelpunt na 62 minute 62'
TomaševićDoelpunt na 81 minute 81'
VerslagDoelpunt na 89 minute 89' (straf)Ortiz

1 Julie1950
15:00
Vlag van Brasilië Brasilië2–0Vlag van Joego-Slawië Joego-SlawiëEstádio do Maracanã,Rio de Janeiro
Toeskouers: 142 000
Skeidsregter: Benjamin Griffiths (Wallis)
AdemirDoelpunt na 4 minute 4'
ZizinhoDoelpunt na 69 minute 69'
Verslag

2 Julie1950
15:40
Vlag van Switserland Switserland2–1Vlag van Meksiko MeksikoEstádio dos Eucaliptos,Porto Alegre
Toeskouers: 4 000
Skeidsregter: Ivan Eklind (Swede)
BaderDoelpunt na 10 minute 10'
AntenenDoelpunt na 44 minute 44'
VerslagDoelpunt na 89 minute 89'Casarín

Groep 2

[wysig |wysig bron]
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
Vlag van Spanje Spanje330061+56
Vlag van Engeland Engeland310222±02
Vlag van Chili Chili310256–12
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State310248–42

25 Junie1950
15:00
Vlag van Engeland Engeland2–0Vlag van Chili ChiliEstádio do Maracanã,Rio de Janeiro
Toeskouers: 30 000
Skeidsregter: Karel van der Meer (Nederland)
MortensenDoelpunt na 27 minute 27'
MannionDoelpunt na 51 minute 51'
Verslag

25 Junie1950
15:00
Vlag van Spanje Spanje3–1Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde StateEstádio Durival de Britto,Curitiba
Toeskouers: 10 000
Skeidsregter: Mario Vianna (Brasilië)
IgoaDoelpunt na 81 minute 81'
BasoraDoelpunt na 83 minute 83'
ZarraDoelpunt na 89 minute 89'
VerslagDoelpunt na 17 minute 17'Pariani

29 Junie1950
15:00
Vlag van Spanje Spanje2–0Vlag van Chili ChiliEstádio do Maracanã,Rio de Janeiro
Toeskouers: 16 000
Skeidsregter: Alberto Malcher (Brasilië)
BasoraDoelpunt na 17 minute 17'
ZarraDoelpunt na 30 minute 30'
Verslag

29 Junie1950
18:00
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State1–0Vlag van Engeland EngelandEstádio Independência,Belo Horizonte
Toeskouers: 10 000
Skeidsregter: Generoso Dattilo (Italië)
GaetjensDoelpunt na 38 minute 38'Verslag

2 Julie1950
15:00
Vlag van Spanje Spanje1–0Vlag van Engeland EngelandEstádio do Maracanã,Rio de Janeiro
Toeskouers: 74 000
Skeidsregter: Giovanni Galeati (Italië)
ZarraDoelpunt na 48 minute 48'Verslag

2 Julie1950
18:00
Vlag van Chili Chili5–2Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde StateEstádio Ilha do Retiro,Recife
Toeskouers: 9 000
Skeidsregter: Mario Gardelli (Brasilië)
RobledoDoelpunt na 16 minute 16'
RieraDoelpunt na 32 minute 32'
CremaschiDoelpunt na 54 minute 54',Doelpunt na 82 minute 82'
PrietoDoelpunt na 60 minute 60'
VerslagDoelpunt na 47 minute 47'Wallace
Doelpunt na 48 minute 48' (straf)Maca

Groep 3

[wysig |wysig bron]
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
Vlag van Swede Swede211054+13
Vlag van Italië Italië210143+12
Vlag van Paraguay Paraguay201124–21
Vlag van Indië Indiëonttrek

25 Junie1950
15:00
Vlag van Swede Swede3–2Vlag van Italië ItaliëEstádio do Pacaembu,São Paulo
Toeskouers: 36 000
Skeidsregter: Jean Lutz (Switserland)
JeppsonDoelpunt na 25 minute 25',Doelpunt na 68 minute 68'
AnderssonDoelpunt na 33 minute 33'
VerslagDoelpunt na 7 minute 7'Carapellese
Doelpunt na 75 minute 75'Muccinelli

29 Junie1950
15:30
Vlag van Swede Swede2–2Vlag van Paraguay ParaguayEstádio Durival Britto,Curitiba
Toeskouers: 8 000
Skeidsregter: Robert Mitchell (Skotland)
SundqvistDoelpunt na 17 minute 17'
PalmérDoelpunt na 26 minute 26'
VerslagDoelpunt na 35 minute 35'López
Doelpunt na 74 minute 74'López Fretes

2 Julie1950
15:00
Vlag van Italië Italië2–0Vlag van Paraguay ParaguayEstádio do Pacaembu,São Paulo
Toeskouers: 26 000
Skeidsregter: Arthur Ellis (Engeland)
CarapelleseDoelpunt na 12 minute 12'
PandolfiniDoelpunt na 62 minute 62'
Verslag

Groep 4

[wysig |wysig bron]
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
Vlag van Uruguay Uruguay110080+82
Vlag van Bolivië Bolivië100108–80
Vlag van Frankryk Frankrykonttrek

2 Julie1950
18:00
Vlag van Uruguay Uruguay8–0Vlag van Bolivië BoliviëEstádio Independência,Belo Horizonte
Toeskouers: 6 000
Skeidsregter: George Reader (Engeland)
MíguezDoelpunt na 14 minute 14',Doelpunt na 40 minute 40',Doelpunt na 51 minute 51'
VidalDoelpunt na 18 minute 18'
SchiaffinoDoelpunt na 23 minute 23',Doelpunt na 54 minute 54'
PérezDoelpunt na 83 minute 83'
GhiggiaDoelpunt na 87 minute 87'
Verslag

Finale rondte

[wysig |wysig bron]
Alcides Ghiggia teken die wendoel vir Uruguay teen Brasilië aan
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
Vlag van Uruguay Uruguay321075+25
Vlag van Brasilië Brasilië3201144+104
Vlag van Swede Swede3102611–52
Vlag van Spanje Spanje3012411–71

9 Julie1950
15:00
Vlag van Uruguay Uruguay2–2Vlag van Spanje SpanjeEstádio do Pacaembu,São Paulo
Toeskouers: 45 000
Skeidsregter: Benjamin Griffiths (Wallis)
GhiggiaDoelpunt na 29 minute 29'
VarelaDoelpunt na 73 minute 73'
VerslagDoelpunt na 37 minute 37',Doelpunt na 39 minute 39'Basora

9 Julie1950
15:00
Vlag van Brasilië Brasilië7–1Vlag van Swede SwedeEstádio do Maracanã,Rio de Janeiro
Toeskouers: 139 000
Skeidsregter: Arthur Ellis (Engeland)
AdemirDoelpunt na 17 minute 17',Doelpunt na 36 minute 36',Doelpunt na 52 minute 52',Doelpunt na 58 minute 58'
ChicoDoelpunt na 39 minute 39',Doelpunt na 88 minute 88'
ManecaDoelpunt na 85 minute 85'
VerslagDoelpunt na 67 minute 67' (straf)Andersson

13 Julie1950
15:00
Vlag van Brasilië Brasilië6–1Vlag van Spanje SpanjeEstádio do Maracanã,Rio de Janeiro
Toeskouers: 153 000
Skeidsregter: Reginald Leafe (Engeland)
ParraDoelpunt na 15 minute 15' (e.d.)
JairDoelpunt na 21 minute 21'
ChicoDoelpunt na 31 minute 31',Doelpunt na 55 minute 55'
AdemirDoelpunt na 57 minute 57'
ZizinhoDoelpunt na 67 minute 67'
VerslagDoelpunt na 71 minute 71'Igoa

13 Julie1950
15:00
Vlag van Uruguay Uruguay3–2Vlag van Swede SwedeEstádio do Pacaembu,São Paulo
Toeskouers: 8 000
Skeidsregter: Giovanni Galeati (Italië)
GhiggiaDoelpunt na 39 minute 39'
MíguezDoelpunt na 77 minute 77',Doelpunt na 85 minute 85'
VerslagDoelpunt na 5 minute 5'Palmér
Doelpunt na 40 minute 40'Sundqvist

16 Julie1950
15:00
Vlag van Swede Swede3–1Vlag van Spanje SpanjeEstádio do Pacaembu,São Paulo
Toeskouers: 11 000
Skeidsregter: Karel van der Meer (Nederland)
SundqvistDoelpunt na 15 minute 15'
MellbergDoelpunt na 33 minute 33'
PalmérDoelpunt na 80 minute 80'
VerslagDoelpunt na 82 minute 82'Zarra

16 Julie1950
15:00
Vlag van Uruguay Uruguay2–1Vlag van Brasilië BrasiliëEstádio do Maracanã,Rio de Janeiro
Toeskouers: 200 000
Skeidsregter: George Reader (Engeland)
SchiaffinoDoelpunt na 66 minute 66'
GhiggiaDoelpunt na 79 minute 79'
VerslagDoelpunt na 47 minute 47'Friaça


Sokkerwêreldkampioen 1950
Vlag van Uruguay Uruguay

FIFA se terugwerkende ranglys

[wysig |wysig bron]

In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydseFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die kompetisie, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[8][9] Die ranglys vir die 1950-toernooi is soos gevolg:

Deelnemende spanne volgens ranglys:

   Kampioen

   Tweede plek

   Derde plek

   Vierde plek

   Groepfase

   Geen deelname

     GasheerlandBrasilië
DieUruguaanse nasionale sokkerspan wat die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het
RangSpanGroepWedWenGelVerDVDT+/–Pte
1Vlag van Uruguay Uruguay44310155+107
2Vlag van Brasilië Brasilië16411226+169
3Vlag van Swede Swede352121115–45
4Vlag van Spanje Spanje263121012−27
In die groepfase uitgeskakel
5Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië1320173+44
6Vlag van Switserland Switserland1311146−23
7Vlag van Italië Italië3210143+12
8Vlag van Engeland Engeland2310222±02
9Vlag van Chili Chili2310256−12
10Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State2310248−42
11Vlag van Paraguay Paraguay3201124−21
12Vlag van Meksiko Meksiko13003210−80
13Vlag van Bolivië Bolivië4100108−80

Meeste doele aangeteken

[wysig |wysig bron]

Meeste doele aangeteken:[1]

RangSpelerDoele
1Vlag van BrasiliëAdemir8
2Vlag van UruguayÓscar Míguez5
3Vlag van SpanjeEstanislau Basora4
Vlag van BrasiliëChico4
Vlag van UruguayAlcides Ghiggia4
Vlag van SpanjeZarra4
7Vlag van SwedeKarl-Erik Palmér3
Vlag van UruguayJuan Alberto Schiaffino3
Vlag van SwedeStig Sundqvist3
10Vlag van SwedeSune Andersson2
Vlag van BrasiliëBaltazar2
Vlag van Joego-SlawiëŽeljko Čajkovski2
Vlag van ItaliëRiccardo Carapellese2
Vlag van ChiliAtilio Cremaschi2
Vlag van SwitserlandJacques Fatton2
Vlag van SpanjeSilvestre Igoa2
Vlag van BrasiliëJair2
Vlag van SwedeHasse Jeppson2
Vlag van Joego-SlawiëKosta Tomašević2
Vlag van BrasiliëZizinho2
RangSpelerDoele
21Vlag van BrasiliëAlfredo1
Vlag van BrasiliëFriaça1
Vlag van BrasiliëManeca1
Vlag van ChiliAndrés Prieto1
Vlag van ChiliFernando Riera1
Vlag van ChiliGeorge Robledo1
Vlag van EngelandWilf Mannion1
Vlag van EngelandStan Mortensen1
Vlag van ItaliëErmes Muccinelli1
Vlag van ItaliëEgisto Pandolfini1
Vlag van Joego-SlawiëStjepan Bobek1
Vlag van Joego-SlawiëTihomir Ognjanov1
Vlag van MeksikoHoracio Casarín1
Vlag van MeksikoHéctor Ortiz1
Vlag van ParaguayAtilio López1
Vlag van ParaguayCésar López Fretes1
Vlag van SwitserlandCharles Antenen1
Vlag van SwitserlandRené Bader1
Vlag van SwedeBror Mellberg1
Vlag van UruguayJulio Pérez1
Vlag van UruguayObdulio Varela1
Vlag van UruguayErnesto Vidal1
Vlag van Verenigde State van AmerikaJoe Gaetjens1
Vlag van Verenigde State van AmerikaJoe Maca1
Vlag van Verenigde State van AmerikaGino Pariani1
Vlag van Verenigde State van AmerikaFrank Wallace1
Ademir de Menezes

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,1(en)"Goals scored".FIFA. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 19 April 2021. Besoek op19 April 2021.
  2. (en)"FIFA World Cup™ host announcement decision"(PDF).FIFA.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 12 April 2019. Besoek op14 Julie 2018.
  3. (en)"World Cup 1950 Qualifying". rsssf.com.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 November 2019. Besoek op14 Julie 2018.
  4. (en)"World Cup 1950 qualifications". rsssf.com.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 September 2019. Besoek op14 Julie 2018.
  5. (en)"History of the FIFA World Cup™ preliminary competition (by year)"(PDF).FIFA. November 2009.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2014. Besoek op9 Julie 2014.
  6. (en)"Brazil's first World Cup draw".FIFA. 3 Desember 2013.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op14 Julie 2018.
  7. (en)"Formats of the FIFA World Cup final competitions"(PDF).FIFA. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 27 Februarie 2008.
  8. (en)"page 45"(PDF).FIFA.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 30 Maart 2020. Besoek op14 Julie 2018.
  9. (en)"FIFA World Cup: Milestones, facts & figures. Statistical Kit 7"(PDF).FIFA. 26 Maart 2013.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2014. Besoek op16 Julie 2014.

Verdere leesstof

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950.


Sokker-Wêreldbekertoernooie

Uruguay 1930Italië 1934Frankryk 19381942Brasilië 1950Switserland 1954Swede 1958Chili 1962Engeland 1966Meksiko 1970Wes-Duitsland 1974Argentinië 1978Spanje 1982Meksiko 1986Italië 1990Verenigde State 1994Frankryk 1998Suid-Korea/Japan 2002Duitsland 2006Suid-Afrika 2010Brasilië 2014Rusland 2018Katar 2022Kanada/Meksiko/Verenigde State 2026Marokko/Portugal/Spanje 2030Saoedi-Arabië 2034

Internasionaal
Nasionaal
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=FIFA_Sokker-Wêreldbekertoernooi_in_1950&oldid=2830244"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp