Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
FIFA Sokker-Wêreldbeker
1er Campeonato Mundial de Fútbol
Toernooi-inligting
GasheerlandVlag van Uruguay Uruguay
StadMontevideo
Datums13 Julie – 30 Julie
Spanne13
Stadions(in 1 stad)
Finale uitslag
KampioeneVlag van Uruguay Uruguay (1 titel)
Tweede plekVlag van Argentinië Argentinië
Derde plekVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vierde plekVlag van Joego-Slawië Joego-Slawië
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel18
Doele70 (3.89 per wedstryd)
Bywoning590 549 (32 808 per wedstryd)
Meeste punteVlag van ArgentiniëGuillermo Stábile
(8 doele)[1]
Beste spelerVlag van UruguayJosé Nasazzi
1934

Die eersteFIFASokker-Wêreldbekertoernooi (Spaans:1er Campeonato Mundial de Fútbol;Engels:FIFA World Cup) is vanaf 13 tot 30 Julie 1930 in dieUruguaanse hoofstadMontevideo aangebied. Dit was die eersteSokker-Wêreldbekertoernooi wat in Uruguay enSuid-Amerika beslis is. Die toernooi is ter geleentheid van die eeufeesviering van Uruguay se eerstegrondwet gehuisves en dit was die enigste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat net in een stad gehuisves is. Elkeen van die 18 wedstryde is in een van drie sokkerstadions in Montevideo aangebied. Die volgende toernooi in Suid-Amerika is in1950 inBrasilië beslis en ook deur Uruguay gewen.

Die Jules Rimet-trofee waarom meegeding is

13 nasionale sokkerspanne (sewe van Suid-Amerika, vier vanEuropa en twee vanNoord-Amerika) het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930 deelgeneem. As gevolg van die destydse moeilike reis na Suid-Amerika het net enkele Europese nasionale sokkerspanne verkies om aan dié toernooi deel te neem wat tydens dieGroot Depressie plaasgevind het. DieSuid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie.

Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die beste span van elke groep na die halfeindrondte deurgedring het.Argentinië,Joego-Slawië, Uruguay en dieVerenigde State het hul onderskeidelike groepe gewen en na die halfeindrondte deurgedring. Uruguay het die trofee gewen nadat hulle Argentinië met 4–2 in die eindstryd geklop en sodoende hul eerste wêreldbekertitel ingepalm het. Die Verenigde State het in die derde en Joego-Slawië in die vierde plek geëindig; vir albei nasionale sokkerspanne is dit hul beste prestasie nog.

Toewysing

[wysig |wysig bron]

Uruguay is op 18 Mei 1929 inBarcelona deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930. Ander kandidaatlande wasHongarye,Italië,Nederland,Spanje enSwede, maar hulle het hulself voor die stemming onttrek.[2][3][4]

Kwalifisering

[wysig |wysig bron]
Deelnemende spanne volgens vastelande:

   Europa (4)

   Noord-Amerika (2)

   Suid-Amerika (7)

Die eerste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi was die enigste sonder ’n kwalifisering. Elke land wat met FIFA geaffilieer was, is genooi om deel te neem. Die volgende 13 nasionale sokkerspanne het FIFA se uitnodiging om deelname aanvaar:[5]

Suid-Amerika
Europa
Noord-Amerika

Stadions

[wysig |wysig bron]

Wedstryde is in die volgende stadions gespeel:

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930 (Uruguay)
Montevideo
Estadio CentenarioEstadio Gran Parque CentralEstadio Pocitos
34°53′40.38″S56°9′10.08″W / 34.8945500°S 56.1528000°W /-34.8945500; -56.1528000 (Estadio Centenario)34°53′3.7″S56°9′31.6″W / 34.884361°S 56.158778°W /-34.884361; -56.158778 (Estadio Gran Parque Central)34°54′18.378″S56°9′22.42″W / 34.90510500°S 56.1562278°W /-34.90510500; -56.1562278 (Estadio Pocitos)
Kapasiteit:90 000Kapasiteit:20 000Kapasiteit:1 000

Formaat

[wysig |wysig bron]

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930 is oor 18 dae tussen 13 verskillende nasies oor 18 wedstryde uitgespeel. Dit het op 13 Julie 1930 op die Estadio Pocitos in Montevideo met ’n wedstryd tussen Frankryk en Meksiko afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Estadio Centenario op 30 Julie met die eindstryd tussen Uruguay en Argentinië, waartydens die gasheer die Jules Rimet-trofee ingepalm het.[6]

Kalender

[wysig |wysig bron]

Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Julie
So
13
Ma
14
Di
15
Wo
16
Do
17
Vr
18
Sa
19
So
20
Ma
21
Di
22
SeremoniesOS
Groep 111121
Groep 2111
Groep 3111
Groep 4111
Uitklopfase
Julie
Wo
23
Do
24
Vr
25
Sa
26
So
27
Ma
28
Di
29
Wo
30
Uitklopfase111
Legende

   Seremonies

   Groepwedstryde

   Uitklopfase

   Eindstryd

Groepfase

[wysig |wysig bron]

Die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi is deur 13 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Daar is geen kwalifisering gehou om die deelnemende spanne te bepaal nie, die deelnemende spanne is egter deur FIFA genooi. Vir die groepfase is die 13 deelnemende spanne in vier groepe van óf drie óf vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die derde/vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die boonste span wat na die halfeindrondte deurgedring het.

Uitklopfase

[wysig |wysig bron]

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. In teenstelling met al die latere Sokker-Wêreldbekertoernooie is geen derde plek bepaal nie. FIFA het later die Verenigde State as derde gelys weens hul beter toernooiverloop.

Die wenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Nes die groepe is die halfeindstryde volgens loting bepaal. Groepwenners het teen groepwenners in ander groepe gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep 1 het teen die wenner van Groep 4 en die wenner van Groep 2 teen die wenner van Groep 3 gespeel.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes vanekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wedstryd die volgende dag herhaal.

Wedstryde

[wysig |wysig bron]
Kwalifiseer vir die halfeindrondte.
Uit die toernooi geskakel.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 10 Julie 1930 in die setel van die Uruguaanse Sokkervereniging in Montevideo gehou.

Groepfase

[wysig |wysig bron]

13 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste span in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep 1

[wysig |wysig bron]
Guillermo Subiabre teken die wendoel vir Chili teen Frankryk aan
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
Vlag van Argentinië Argentinië3300104+66
Vlag van Chili Chili320153+24
Vlag van Frankryk Frankryk310243+12
Vlag van Meksiko Meksiko3003413–90

13 Julie1930
15:00
Vlag van Frankryk Frankryk4–1Vlag van Meksiko MeksikoEstadio Pocitos, Montevideo
Toeskouers: 3 000
Skeidsregter: Domingo Lombardi, (Uruguay)
L. LaurentDoelpunt na 19 minute 19'
LangillerDoelpunt na 40 minute 40'
MaschinotDoelpunt na 43 minute 43',Doelpunt na 87 minute 87'
VerslagDoelpunt na 70 minute 70'Carreño

15 Julie1930
16:00
Vlag van Argentinië Argentinië1–0Vlag van Frankryk FrankrykEstadio Parque Central, Montevideo
Toeskouers: 18 000
Skeidsregter: Almeida Rêgo (Brasilië)
MontiDoelpunt na 81 minute 81'Verslag

16 Julie1930
14:45
Vlag van Chili Chili3–0Vlag van Meksiko MeksikoEstadio Parque Central, Montevideo
Toeskouers: 7 000
Skeidsregter: Henri Christophe (België)
VidalDoelpunt na 3 minute 3',Doelpunt na 65 minute 65'
M. RosasDoelpunt na 51 minute 51' (e.d.)
Verslag

19 Julie1930
12:50
Vlag van Chili Chili1–0Vlag van Frankryk FrankrykEstadio Centenario, Montevideo
Toeskouers: 50 000
Skeidsregter: Aníbal Tejada (Uruguay)
SubiabreDoelpunt na 65 minute 65'Verslag

19 Julie1930
15:00
Vlag van Argentinië Argentinië6–3Vlag van Meksiko MeksikoEstadio Centenario, Montevideo
Toeskouers: 50 000
Skeidsregter: Ulises Saucedo (Bolivië)
StábileDoelpunt na 8 minute 8',Doelpunt na 17 minute 17',Doelpunt na 80 minute 80'
ZumelzúDoelpunt na 12 minute 12',Doelpunt na 55 minute 55'
VaralloDoelpunt na 53 minute 53'
VerslagDoelpunt na 42 minute 42' (straf),Doelpunt na 65 minute 65'M. Rosas
Doelpunt na 75 minute 75'Gayón

22 Julie1930
14:45
Vlag van Argentinië Argentinië3–1Vlag van Chili ChiliEstadio Centenario, Montevideo
Toeskouers: 35 000
Skeidsregter: John Langenus (België)
StábileDoelpunt na 12 minute 12',Doelpunt na 13 minute 13'
M. EvaristoDoelpunt na 81 minute 81'
VerslagDoelpunt na 15 minute 15'Subiabre

Groep 2

[wysig |wysig bron]
Wedstryd tussen Joego-Slawië en Brasilië
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië220061+54
Vlag van Brasilië Brasilië210152+32
Vlag van Bolivië Bolivië200208–80

14 Julie1930
12:45
Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië2–1Vlag van Brasilië BrasiliëEstadio Parque Central, Montevideo
Toeskouers: 5 000
Skeidsregter: Aníbal Tejada (Uruguay)
TirnanićDoelpunt na 21 minute 21'
BekDoelpunt na 30 minute 30'
VerslagDoelpunt na 62 minute 62'Preguinho

17 Julie1930
12:45
Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië4–0Vlag van Bolivië BoliviëEstadio Parque Central, Montevideo
Toeskouers: 800
Skeidsregter: Francisco Mateucci (Uruguay)
BekDoelpunt na 60 minute 60',Doelpunt na 67 minute 67'
MarjanovićDoelpunt na 65 minute 65'
VujadinovićDoelpunt na 85 minute 85'
Verslag

20 Julie1930
13:00
Vlag van Brasilië Brasilië4–0Vlag van Bolivië BoliviëEstadio Centenario, Montevideo
Toeskouers: 1 200
Skeidsregter: Thomas Balvay (Frankryk)
ModeratoDoelpunt na 37 minute 37',Doelpunt na 73 minute 73'
PreguinhoDoelpunt na 57 minute 57',Doelpunt na 83 minute 83'
Verslag

Groep 3

[wysig |wysig bron]
Wedstryd tussen Roemenië en Peru
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
Vlag van Uruguay Uruguay220050+54
Vlag van Roemenië Roemenië210135–22
Vlag van Peru Peru200214–30

14 Julie1930
14:50
Vlag van Roemenië Roemenië3–1Vlag van Peru PeruEstadio Pocitos, Montevideo
Toeskouers: 300
Skeidsregter: Alberto Warnken (Chili)
DeșuDoelpunt na 1 minute 1'
StanciuDoelpunt na 79 minute 79'
KovácsDoelpunt na 89 minute 89'
VerslagDoelpunt na 75 minute 75'Souza Ferreira

18 Julie1930
14:30
Vlag van Uruguay Uruguay1–0Vlag van Peru PeruEstadio Centenario, Montevideo
Toeskouers: 70 000
Skeidsregter: John Langenus (België)
CastroDoelpunt na 60 minute 60'Verslag

21 Julie1930
14:50
Vlag van Uruguay Uruguay4–0Vlag van Roemenië RoemeniëEstadio Centenario, Montevideo
Toeskouers: 80 000
Skeidsregter: Almeida Rêgo (Brasilië)
DoradoDoelpunt na 7 minute 7'
ScaroneDoelpunt na 24 minute 24'
AnselmoDoelpunt na 30 minute 30'
CeaDoelpunt na 35 minute 35'
Verslag

Groep 4

[wysig |wysig bron]
Wedstryd tussen die Verenigde State en België
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State220060+64
Vlag van Paraguay Paraguay210113–22
Vlag van België België200204–40

13 Julie1930
15:00
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State3–0Vlag van België BelgiëEstadio Parque Central, Montevideo
Toeskouers: 10 000
Skeidsregter: José Macías (Argentinië)
McGheeDoelpunt na 23 minute 23'
FlorieDoelpunt na 45 minute 45'
PatenaudeDoelpunt na 69 minute 69'
Verslag

17 Julie1930
14:45
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State3–0Vlag van Paraguay ParaguayEstadio Parque Central, Montevideo
Toeskouers: 800
Skeidsregter: José Macías (Argentinië)
PatenaudeDoelpunt na 10 minute 10',Doelpunt na 15 minute 15',Doelpunt na 50 minute 50'Verslag

20 Julie1930
15:00
Vlag van Paraguay Paraguay1–0Vlag van België BelgiëEstadio Centenario, Montevideo
Toeskouers: 900
Skeidsregter: Ricardo Vallarino (Uruguay)
Vargas PeñaDoelpunt na 40 minute 40'Verslag

Uitklopfase

[wysig |wysig bron]
Héctor Castro teken die wendoel vir Uruguay teen Argentinië aan
 HalfeindrondteEindrondte
       
26 Julie – Montevideo
 Vlag van Argentinië Argentinië6 
 Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State1 30 Julie – Montevideo
   Vlag van Argentinië Argentinië2
27 Julie – Montevideo  Vlag van Uruguay Uruguay4
 Vlag van Uruguay Uruguay6
 Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië1 

Halfeindrondte

[wysig |wysig bron]

26 Julie1930
14:45
Vlag van Argentinië Argentinië6–1Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde StateEstadio Centenario, Montevideo
Toeskouers: 72 886
Skeidsregter: John Langenus (België)
MontiDoelpunt na 20 minute 20'
ScopelliDoelpunt na 56 minute 56'
StábileDoelpunt na 69 minute 69',Doelpunt na 87 minute 87'
PeucelleDoelpunt na 80 minute 80',Doelpunt na 85 minute 85'
VerslagDoelpunt na 89 minute 89'Brown

27 Julie1930
14:45
Vlag van Uruguay Uruguay6–1Vlag van Joego-Slawië Joego-SlawiëEstadio Centenario, Montevideo
Toeskouers: 79 867
Skeidsregter: Almeida Rêgo (Brasilië)
CeaDoelpunt na 18 minute 18',Doelpunt na 67 minute 67',Doelpunt na 72 minute 72'
AnselmoDoelpunt na 20 minute 20',Doelpunt na 31 minute 31'
IriarteDoelpunt na 61 minute 61'
VerslagDoelpunt na 4 minute 4'Vujadinović

Eindstryd

[wysig |wysig bron]

30 Julie1930
15:30
Vlag van Uruguay Uruguay4–2Vlag van Argentinië ArgentiniëEstadio Centenario, Montevideo
Toeskouers: 93 000
Skeidsregter: John Langenus (België)
DoradoDoelpunt na 12 minute 12'
CeaDoelpunt na 57 minute 57'
IriarteDoelpunt na 68 minute 68'
CastroDoelpunt na 89 minute 89'
VerslagDoelpunt na 20 minute 20'Peucelle
Doelpunt na 37 minute 37'Stábile


Sokkerwêreldkampioen 1930
Vlag van Uruguay Uruguay

FIFA se terugwerkende ranglys

[wysig |wysig bron]

In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydseFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[7][8] Die ranglys vir die 1930-toernooi is soos gevolg:

Deelnemende spanne volgens ranglys:

   Kampioen

   Tweede plek

   Derde plek

   Vierde plek

   Groepfase

   Geen deelname

     GasheerlandUruguay
FIFA se president Jules Rimet oorhandig die Wêreldbekertrofee aan Raúl Jude, president van die Uruguaanse Sokkervereniging
RangSpanGroepWedWenGelVerDVDT+/–Pte
1Vlag van Uruguay Uruguay34400153+128
2Vlag van Argentinië Argentinië15401189+98
3Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State4320176+14
4Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië2320177±04
In die groepfase uitgeskakel
5Vlag van Chili Chili1320153+24
6Vlag van Brasilië Brasilië2210152+32
7Vlag van Frankryk Frankryk1310243+12
8Vlag van Roemenië Roemenië3210135−22
9Vlag van Paraguay Paraguay4210113−22
10Vlag van Peru Peru3200214−30
11Vlag van België België4200204−40
12Vlag van Bolivië Bolivië2200208−80
13Vlag van Meksiko Meksiko13003413−90

Meeste doele aangeteken

[wysig |wysig bron]

Meeste doele aangeteken:[1]

RangSpelerDoele
1Vlag van ArgentiniëGuillermo Stábile8
2Vlag van UruguayPedro Cea5
3Vlag van Verenigde State van AmerikaBert Patenaude4
4Vlag van UruguayPeregrino Anselmo3
Vlag van Joego-SlawiëIvan Bek3
Vlag van ArgentiniëCarlos Peucelle3
Vlag van BrasiliëPreguinho3
8Vlag van UruguayHéctor Castro2
Vlag van UruguayPablo Dorado2
Vlag van UruguaySantos Iriarte2
Vlag van FrankrykAndré Maschinot2
Vlag van ArgentiniëLuis Monti2
Vlag van MeksikoManuel Rosas2
Vlag van ChiliGuillermo Subiabre2
Vlag van ChiliCarlos Vidal2
Vlag van BrasiliëModerato Wisintainer2
Vlag van Joego-SlawiëĐorđe Vujadinović2
Vlag van ArgentiniëAdolfo Zumelzú2
RangSpelerDoele
19Vlag van ArgentiniëMario Evaristo1
Vlag van ArgentiniëAlejandro Scopelli1
Vlag van ArgentiniëFrancisco Varallo1
Vlag van FrankrykLucien Laurent1
Vlag van FrankrykMarcel Langiller1
Vlag van Joego-SlawiëBlagoje Marjanović1
Vlag van Joego-SlawiëAleksandar Tirnanić1
Vlag van MeksikoJuan Carreño1
Vlag van MeksikoRoberto Gayón1
Vlag van ParaguayLuis Vargas Peña1
Vlag van PeruSouza Ferreira1
Vlag van RoemeniëAdalbert Deșu1
Vlag van RoemeniëNicolae Kovacs1
Vlag van RoemeniëConstantin Stanciu1
Vlag van UruguayHéctor Scarone1
Vlag van Verenigde State van AmerikaJim Brown1
Vlag van Verenigde State van AmerikaTom Florie1
Vlag van Verenigde State van AmerikaBart McGhee1
Vlag van MeksikoManuel RosasED
Guillermo Stábile

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,1(en)"Goals scored".FIFA. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 14 Junie 2021. Besoek op14 Junie 2021.
  2. (en)"FIFA World Cup™ host announcement decision"(PDF).FIFA.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 12 April 2019. Besoek op14 Julie 2018.
  3. (en)"History of FIFA – The first FIFA World Cup™".FIFA.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Maart 2019. Besoek op14 Julie 2018.
  4. (en)"Uruguay 1930".BBC. 11 April 2002.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2019. Besoek op14 Julie 2018.
  5. (en)"History of the FIFA World Cup™ preliminary competition (by year)"(PDF).FIFA. November 2009.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2013. Besoek op23 Oktober 2013.
  6. (en)"Formats of the FIFA World Cup final competitions"(PDF).FIFA. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 27 Februarie 2008.
  7. (en)"page 45"(PDF).FIFA.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op14 Julie 2018.
  8. (en)"FIFA World Cup: Milestones, facts & figures. Statistical Kit 7"(PDF).FIFA. 26 Maart 2013.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2013. Besoek op21 Mei 2013.

Verdere leesstof

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930.


Sokker-Wêreldbekertoernooie

Uruguay 1930Italië 1934Frankryk 19381942Brasilië 1950Switserland 1954Swede 1958Chili 1962Engeland 1966Meksiko 1970Wes-Duitsland 1974Argentinië 1978Spanje 1982Meksiko 1986Italië 1990Verenigde State 1994Frankryk 1998Suid-Korea/Japan 2002Duitsland 2006Suid-Afrika 2010Brasilië 2014Rusland 2018Katar 2022Kanada/Meksiko/Verenigde State 2026Marokko/Portugal/Spanje 2030Saoedi-Arabië 2034

Internasionaal
Nasionaal
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=FIFA_Sokker-Wêreldbekertoernooi_in_1930&oldid=2632709"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp