The Spirit of Romance (1910) Personae (The Collected Poems), (1926; nuwe hersiene uitgawe 1949) Literary Essays (1954) The Cantos (1970)
Ezra Pound, volledige naam:Ezra Westin Loomis Pound (*30 Oktober1885 in Hailey,Idaho,Verenigde State; †1 November1972 inVenesië,Italië), was 'n Amerikaanse digter en literêre kritikus wat as een van die mees vooraanstaande verteenwoordigers van die "moderne" beweging binne die Britse en Amerikaanse literatuur beskou word.
Hy het in die Romaanse tale gestudeer en vir 'n kort tyd klas gegee voordat hy na Europa vertrek het. Sy eerste gedigte (deur homself uitgegee asA lume spento; 1908) was nog heeltemal in die tradisie van die Engelse digterRobert Browning (1812-1889), maar toe hy eers inLonden was, het hy gou een van die belangrikste avant-garde figure geword.
Hy was een van die inisieerders van die groep imagiste en is net soos hulle deur die Chinese en Japanse digkuns geïnspireer, veral deur die beeldgebruik in die kort Japanse haikoe-gedig. Die imagiste het hom egter gou teleurgestel en in 1914/15 het Pound vir die tydskrifBlast geskryf oor die streng vortisisme, waartoe ook die skilder Wyndham Lewis en die beeldhouer Henri Gaudier-Brzeska behoort het.
Pound het sy lewe lank belang gestel in ander kulture en literature. Hiervan getuig onder meer sy vertalings van die werk van die Provensaalse troebadoerArnaut Daniel en die 13de-eeuse Italiaanse digterGuido Cavaleanti (1912), van Chinese gedigte (Cathay, 1915), van die Japanse No-spele (1917) en sy vrye verwerking van die werk van die Latynse digterPropertius (ca. 50- 16 v.C.):Homage to SextusPropertius (1917).
In hierdie tydperk het hy saam metT.S. Eliot probeer om die versvorme te vernuwe sonder om tot vormloosheid te verval. Later het Pound en Eliot se sienswyse egter verskil: Eliot het die probleme van daardie jare as veral religieus en moreel gesien, en Pound as meer kultureel en sosiaal. Pound se ontnugtering oor die Westerse samelewing kan duidelik gesien word uit die siklusHugh SelwynMauberley (1920). In dieselfde jaar het hy naFrankryk vertrek, maar hom in1924 inItalië gevestig. Hy het in onder andere prosawerke soosABC ofreading (1934) enGuide to Kulchur (1938) gepleit vir 'n wêreldkultuur en hom beywer vir ekonomiese hervormings.
Ezra Pound se laaste rusplek op die Venesiaanse eiland San Michele. Alhoewel sy ouers na ander deelstate verhuis het toe hy net vyftien maande oud was, het Pound hom sy lewe lank met sy geboorte-deestaatIdaho geïdentifiseer
Hierdie idees word ook herhaal in sy lewenswerk (meer as 100Cantos), waaraan hy van 1915 tot en met sy dood gewerk het. In die dertigerjare was Pound ʼn groot bewonderaar vanMussolini, wat hy as die redder van Italië gesien het, en hy het ook tydens die oorlog anti-Amerikaansepropaganda vir die Italiaanse radio gemaak. Na die oorlog is Pound deur die Amerikaners gevange geneem, maar vanweë ontoerekenbaarheid in 'n psigiatriese inrigting verpleeg.
DieCantos het geen duidelike opbou nie (ondanks "fugatiese" herhalings van bepaalde temas, en gereelde verwysings naHomerus seOdussee enDante seParadiso). Daar is totale obskure aanhalings en sinspelings wat getuig van Pound se politieke opvattings. Pound se meesterlike beheersing van die verstegniek is egter bo alle twyfel verhewe, en daarmee ook sy posisie as groot vernuwer van die Engelstalige poësie, 'n status wat hy met Yeats en Eliot deel.
Syradiouitsendings in Italië gedurende dieTweede Wêreldoorlog, waarin hy die standpunte van diefascistiese Mussolini-bewind verdedig het, het ná die oorlog tot sy inhegtenisneming gelei. Hy het tot1958 in aanhouding gebly.
Tydens sy gevangenskap het hy die beroemdePisan cantos (waarvoor hy in1949 die Bollingen-prys ontvang het) en in die inrigting dieRock drill-reeks geskryf. In 1958 is hy vrygespreek en het hy na Italië teruggekeer, waar hy op 1 November1972 inVenesië oorlede is. Hy het sy laaste ruspek op dieVenesiaanse eilandSan Michele gevind. Pound se vroeëre werke is minder ingewikkeld en word oor die algemeen hoër aangeslaan as dieCantos.
DieBlaine County Historical Museum in Ezra Pound se geboorteplek Hailey, Idaho herinner met 'n klein versameling historiese dokumente en boeke aan die digter.[1]