Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Evelyn Waugh

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Evelyn Waugh

Engelse skrywer en joernalis


Gebore
28 Oktober1903
inLonden,Engeland,
Verenigde Koninkryk


Oorlede
10 April1966
Combe Florey,Somerset,Verenigde Koninkryk


Literêre genres

Romans, biografieë, kortverhale, reisverhale, outobiografiese werke, satires


Bekende werke

Decline and Fall (1928)
A Handful of Dust (1934)
Brideshead Revisited (1945)
Sword of Honour (1952-1961)

Arthur Evelyn St. John Waugh ([ˈɑrθər ˈiːvlɪn ˈsɪndʒən wɔː]; *28 Oktober1903, †10 April1966), algemeen bekend asEvelyn Waugh, was 'nEngelse roman-, biografie- en reisverhaalskrywer wat hom ook as joernalis en resensent bekwaam het. Evelyn Waugh is een van die bekendste 20e-eeuse skrywers van satiriese romans.

Baie van sy werke bevat skerp kommentaar op die waardes en gewoontes van die rykes. Soos die meeste goeie satiriese werke, het Waugh sʼn 'n moraliserende motief; in sy geval dieKatolisisme, wat na1930 ʼn steeds belangriker tema in sy werk geword het. Hy het aanHertford College,Oxford, gestudeer en was een van die "bright young things", 'n groep ryk, ligsinnige jongmense, wat hy later ongenadiglik skerp in sy romans ontleed het.

Hy het in die dertigerjare wyd gereis, onder meer as korrespondent vanThe Daily Express, en in dieTweede Wêreldoorlog inJoego-Slawië en in dieMidde-Ooste geveg. Helder taal en beskrywings van groteske wreedheid kenmerk Waugh se vooroorlogse romans.Decline and fall (1928) enVile bodies (1930) beskryf sy ervarings in die twintigerjare en die holle, amorele bestaan van die "bright young things".

Sy reise, veral in kolonialeAfrika, vind neerslag in die satiriese romansBlack mischief (1932) enScoop (1938). Waugh se bekendste werke is die oorlogstrilogieMen at arms (1952),Officers and gentlemen (1955) enUnconditional surrender (1961), wat later saamgevat is onder die titelSword of honour (1966).

Sy ernstigste roman isBrideshead revisited (1945), waarin hy die tweespalt tussen godsdienstige gevoelens en wêreldse belewenisse saamvat. y het in 1930 lidmaat van dieRooms-Katolieke Kerk geword en die spanning tussen die profane en die geestelike is 'n hooftema in sy werk. Hy is op10 April1966 in Combe Florey in die graafskapSomerset oorlede.

Bronnelys

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Evelyn_Waugh&oldid=2669620"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp