| Eugen Böhm Ritter von Bawerk | |
![]() | |
| Gebore | 12 Februarie1851 Brünn,Oostenryk-Hongarye; tansBrno,Tsjeggië |
|---|---|
| Oorlede | 27 Augustus1914 Kramsach,Tirol,Oostenryk-Hongarye |
| Nasionaliteit | |
| Vakgebied | Ekonomie |
| Alma mater | Universiteit van Heidelberg Universiteit van Leipzig Universiteit van Jena Universiteit van Wene |
| Doktorale student(e) | Karl Knies, Wilhelm Roscher, Bruno Hildebrand |
| Bekend vir | Grondlegger van Weense Skool in die Ekonomiese Wetenskappe, Oostenrykse kapitaalteorie |
| Beïnvloed deur | Carl Menger,Willem van Ockham |
| Invloed op | Ludwig von Mises,Joseph Schumpeter, Henryk Grossman, Knut Wicksell |
Eugen Böhm Ritter von Bawerk ([bøːm ˈbaːvɛʁk], *12 Februarie1851 in Brünn (Brno) asEugen Böhm; †27 Augustus1914 in Kramsach,Tirol; dikwels kortEugen von Böhm-Bawerk genoem) was 'nOostenrykse ekonoom wat 'n beduidende bydrae tot die vestiging van die sogenaamde Weense Skool, een van die belangrikste denkrigtings in die moderneekonomie, gelewer het. Hy word daarnaas as grondlegger van die Oostenrykse kapitaalteorie beskou.[1]
Von Böhm-Bawerk het in die tydperk tussen 1895 en 1904 verskeie kere die amp van Oostenrykse minister van finansies beklee. Sy belangrikste werke sluit 'n reeks uitgebreide kritiese ontledings vanmarxisme in.