Etna is ’n aktiewevulkaan aan die ooskus van die eilandSisilië in die suide vanItalië. Dit is die hoogste berg op die eiland en die hoogste en aktiefste vulkaan inEuropa buite dieKaukasus.[1]
Dieberg lê op twee konvergerendetektoniese plate, dieAfrika-plaat enEurasiese Plaat. Dit is op die oomblik 3357m hoog, maar dit wissel na gelang van uitbarstings op sy kruin.[2] Dit beslaan ’n gebied van 1190km2, met ’n deursnee van 140km by sy basis. Dit is omtrent twee en ’n half keer so hoog soos die tweede hoogste vulkaan in Italië,Vesuvius.
In dieGriekse mitologie hetZeus, die hoofgod en god van die lug en donderweer, die dodelike monsterTifon onder die berg vasgekeer. Die smeltoonde vanHefaistos was ook glo onder die berg geleë.[3]
Etna is een van die wêreld se aktiefste vulkane en daar vind feitlik voortdurend aktiwiteit plaas. Die vrugbare vulkaangrond is goed virlandbou, en wingerde en boorde is oor die laer hange van die berg en die breë Vlakte van Catania in die suide versprei. Vanweë sy geskiedenis van onlangse aktiwiteit en nabygeleë bewoners is Etna deur dieVerenigde Nasies as ’nvulkaan van die dekade aangewys.[4] In Junie 2013 is dit gevoeg op die lys vanUnesco se lys vanwêrelderfenisgebiede.[5]
Vulkaniese aktiwiteit op Etna het sowat 500000 jaar gelede die eerste keer voorgekom, met uitbarstings wat onder die see aan die antieke kuslyn van Sisilië voorgekom het.[6]
’n Foto wat met ’n langbeligtingstyd geneem is van ’n dubbele uitbarsting op Etna.
Sowat 300000 jaar gelede het aktiwiteit suidwes van die kruin begin voordat dit 170000 jaar gelede na die huidige middel verskuif het. Uitbarstings het lae begin vorm en ’nstratovulkaan het vorm aangeneem. Die toename in die berg se grootte is soms onderbreek deur groot uitbarstings, wat veroorsaak het dat die kruin inmekaargetuimel het om kraters te vorm.
Van sowat 35000 tot 15000 jaar gelede het Etna ’n paar hoogs ontploffende uitbarstings beleef en dit hetlawastrome gevorm wat grootignimbrietneerslae agtergelaat het. As van hierdie uitbarstings is tot so ver suid asRome se grens, 800km noord van daar, gevind.
Sowat 8000 jaar gelede het die oostekant van die vulkaan inmekaargestort en ’n enorme grondstorting veroorsaak. Dit het ’n groot depressie aan daardie kant gelaat wat bekend is asValle del Bove ("Vallei van die Os"). Volgens navorsing in 2006 het dit ’n groottsoenami veroorsaak wat sy merk gelaat het op verskeie plekke in die Oos-Mediterreense gebied. Dit kon die rede gewees het dat die nedersetting Atlit-Jam inIsrael, wat nou onder die seevlak lê, in dié tyd skielik ontruim is.[7]
Die steil kante van die vallei het daarna nog talle kere inmekaargestort. Die mees onlangse instorting by Etna se kruin was vermoedelik sowat 2000 jaar gelede en dit het die Klavierkrater gevorm.
Etna verskuif met gemiddeld sowat 14mm per jaar in die rigting van dieMiddellandse See; die massief gly op ’n onstewige laag bo-op die ouer skuins laag.[8][9]
’n Kunstenaar se voorstelling van die uitbarsting in 1766.
Etna se uitbarstings volg verskeie patrone. Die meeste vind naby die kruin plaas waar daar vyf apartekraters voorkom. Ander uitbarstings vind aan die sye plaas. Daar is meer as 300 gate wat in grootte wissel van klein gate in die grond tot groot kraters van honderde meters breed. Kruinuitbarstings kan hoogs ontploffend en skouspelagtig wees, maar dit bedreig selde die bewoonde gebiede om die vulkaan. Daarenteen kan uitbarstings aan die berg se sye so laag as ’n paar honderd meter bo die grond plaasvind, dikwels naby of in bewoonde gebiede. Sedert 2000 het Etna vier sulke uitbarstings gehad – in 2001, 2002-'03, 2004-'05 en 2008-'09. Kruinuitbarstings het in 2006, 2007-'08, Januarie-April 2012 en in Julie-Oktober 2012 plaasgevind.
In 396v.C. het ’n uitbarsting van Etna die poging van dieKartagers in die wiele gery om tydens die Tweede Sisiliaanse Oorlog teen dieSirakuse op te ruk.
’n Buitengewoon woeste, hoë kruinuitbarsting het in 122v.C. plaasgevind en ’n groot hoeveelheid materiaal in die suidooste laat val.[11]
Die Romeinse digterVergilius gee moontlik ’n eerstehandse beskrywing van ’n uitbarsting inAeneis.[12]
In die eerste 1500 jaar is talle uitbarstings nie aangeteken nie of verslae het verlore gegaan. Van die belangrikstes is een omstreeks 1030n.C. naby Monte Ilice aan die laer suidoostelike sy toe lawa sowat 10km ver gevloei het, en een omstreeks 1160 (of 1224) naby die dorpie Mascalucia toe lawa tot by die see gevloei het.
Etna se vernietigendste uitbarsting sedert 122v.C. het op 11 Maart 1669 begin en lawa uitgespoeg wat tot 10 dorpies aan sy suidelike sy verwoes het voordat dit die mure van die dorpCatania vyf weke later, op 15 April, bereik het. Die mure het die lawa grootliks verdeel sodat dit na die see gevloei en Catania se hawe gevul het. ’n Paar geboue is ook verwoes nadat lawa deur ’n swak deel van die muur gebreek het. Ondanks latere verslae van duisende slagoffers, maak bronne uit dié tyd geen melding van slagoffers nie.[13]
’n Videogreep van Etna se uitbarsting in November 2013.’n Laterale krater van die uitbarsting in 2002–2003 net onder die kruin.Die suidelike sy van Etna, met laterale keëls van die 2001-uitbarsting.
’n Groot lawavloei van ’n uitbarsting in 1928 het vir die eerste keer sedert 1669 gelei tot die verwoesting van ’n bewoonde gebied. Dit het op 2 November hoog aan Etna se noordelike sy begin, maar nuwe skeure wat uitgebars het, het al hoe laer af gevorm. Die derde en kragtigste van dié uitbarstings was op 4 November op ’n baie lae hoogte, sowat 1200m bo die seevlak, in ’n gebied bekend as Ripe della Naca. Die dorpieMascali, net onder die Ripe della Naca, is binne twee dae feitlik heeltemal verwoes.Benito Mussolini sefascistiese regering het die ramp vir propagandadoeleindes gebruik; ontruimings-, hulp- en herbouingsoperasies is voorgehou as modelle van fascistiese beplanning. Mascali is op ’n ander plek herbou.
Ander groot uitbarstings van die 20ste eeu was in 1949, 1971, 1979, 1981, 1983 en 1991–1993. In 1971 het lawa die Etna-sterrewag toegevloei en verskeie dorpies aan die berg se oostelike hang bedreig. In Maart 1981 het die dorp Randazzo aan die noordwestelike sy net-net verwoesting vrygespring. In die uitbarsting van 1991–1993 is die dorp Zafferana bedreig, maar dit is gered danksy pogings om die lawavloei te herlei.[14]
In Julie-Augustus 2001 het die eerste uitbarstings aan ’n sy van Etna sedert 1991–1993 voorgekom – uit sewe aparte skeure aan die suidelike hang. Dit was ’n massamedia-uitbarsting: in die piektoeristeseisoen. Verskeie joernaliste was ook reeds in Italië om dieG8-beraad inGenua by te woon. Verder het dit naby een van die toeristegbiede op die vulkaan geskied en was dit maklik bereikbaar. ’n Deel van die Etna Sud-toeristegebied is beskadig, maar andersins was dit ’n redelik beskeie uitbarsting gemeet aan Etna-standaarde.
In 2002–2003 het ’n veel groter uitbarsting ’n hoë kolom as in die lug geskiet wat maklik uit die ruimte gesien kon word en tot so ver asLibië, 600km suid oor die Middellandse See, geval het.Seismiese aktiwiteit van die uitbarsting het die oostelike sy tot 2meter ver laat gly en baie huise is beskadig. In Julie-September 2006 het intense uitbarstings weer voorgekom.
Op 4 September 2007 het ’n skouspelagtige uitbarsting plaasgevind. ’n Uitbarsting vroeg die oggend van 13 Mei 2008 net oos van Etna se kruinkraters, is vergesel van meer as 200 aardbewings en aansienlike grondverskuiwings in die gebied van die kruin. Aktiwiteit het oor 417 dae stadig afgeneem, tot 6 Julie 2009. Dit was die langste uitbarsting van Etna sedert die een van 1991–1993, wat 473 dae geduur het.
Van Januarie 2011 tot Februarie 2012 was daar intense aktiwiteit in die kruinkraters. Die Catania-lughawe is verskeie kere gesluit weens gereelde uitbarstings en askolomme.[15][16][17][18][19][20]
In 2014 het ’n uitbarsting aan Etna se een sy plaasgevind. Dit was die eerste sedert 2008-'09.
Op 3 Desember 2015 het ’n uitbarsting plaasgevind wat lawa 1km ver die lug ingeskiet het, met ’n askolom van tot 3km hoog.[21][22] In die volgende paar dae het askolomme hoogtes van tot 7km bereik en die Catania-lughawe is vir ’n paar uur gesluit.[23]
’n Uitbarsting op 16 Maart 2017 het 10 mense beseer, onder andere lede van ’nBBC News-televisiespan, nadatmagma ontplof het toe dit met sneeu in aanraking kom.[24][25]
↑Martin-Schutz, Alicia."Mt. Etna" (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Februarie 2013.
↑Pareschi,M. T.;Boschi,E.&Favalli,M.(2007),"Holocene tsunamis from Mount Etna and the fate of Israeli Neolithic communities",Geophysical Research Letters34(16): L16317,doi:10.1029/2007GL030717,Bibcode:2007GeoRL..3416317P
↑Barberi,F.;Carapezza,M. L.;Valenza,M.;Villari,L.(1993),"The control of lava flow during the 1991–1992 eruption of Mt. Etna",Journal of Volcanology and Geothermal Research56(1–2): 1–34,doi:10.1016/0377-0273(93)90048-V,Bibcode:1993JVGR...56....1B