Nasa-satellietbeeld van EswatiniKaart van Eswatini
Die eerste inwoners van die hedendaagse Eswatini was sedert 25 000 v.C. dieBoesmans wat vir hul rotstekeninge orals in Suider-Afrika bekend staan en veral jagter-versamelaars was. DieBantoevolke het sowat 1000 jaar gelede Suider-Afrika binne beweeg en hulle hier as landbouers en veewagters gevestig. Die land se bevolking bestaan veral uitSwazi's en hul taal is Swati, ook bekend as Swazi. Onder leierskap van Ngwane III het hulle in die middel van die 18de eeu hul koninkryk gestig.[8] Beide die land en die volk is naMswati II, die 19de-eeuse koning wat die koninkryk verenig en uitgebrei het, genoem; diehedendaagse grense is tydens dieWedloop om Afrika in 1881 bepaal.[9] Na dieTweede Vryheidsoorlog het die koninkryk in 1903 'n Britse protektoraat geword. Op 6 September 1968 het die land onder sy destydse naam Swaziland van dieVerenigde Koninkryk onafhanklik geword.[10] Eswatini is 'n unitêre parlementêre absolutemonargie binne dieStatebond met 'n eiemonarg (Ngwenyama) asstaatshoof. Eswatini is een van slegs vyf lande binne die Statebond met 'n inheemse monarg op die troon (die ander vier isBroenei,Lesotho,Maleisië enTonga).
Op 19 April 2018, met die dubbele viering van die land se goue herdenkingsjaar en die huidige koning se 50ste verjaardag, hetMswati III aangekondig dat sy land se naam verander van Swaziland na Eswatini, die naam wat algemeen in Swazi gebruik word.[11] Eswatini beteken "Land van die Swazi's" in Swazi en is deels aangeneem om verwarring te voorkom met die soortgelyk genoemdeSwitserland.[12][13]
'n Tradisionele 19de-eeuse Swazi-houer, gemaak uit houtOp hierdie kaart van Suider-Afrika vanaf 1896 is Eswatini gemerk as Swaziland.
Volgens oorlewering het die voorvaders van die huidige Swazi-volk gedurende die 10de eeu suidwaarts in Afrika getrek en hulle gevestig in wat vandag Mosambiek is. Na skermutselings met die plaaslike bevolking van die gebied waar die huidigeMaputo is, het die Swazi's hulle in 1750 in die noorde vanZoeloeland gevestig.
Daar het hulle egter weer met die veel magtigerZoeloebevolking gebots, waarop hulle noord beweeg en hulle in die begin van die 19de eeu in die gebied gevestig het wat vandag as Eswatini bekend staan. Tydens die regering van Mswati, een van die belangrikste leiers sedert hulle vestiging, het die Swazi's vir die eerste keer met die Britte in aanraking gekom. Die Swazi's het die Britse verteenwoordigers gevra om hulle teen die aanvalle van die Zoeloes te beskerm.
Na die dood van Mswati het die Swazi's 'n stryd gehad om hulle onafhanklikheid te behou. Die nuwe regeerder, Mbandzeni, het Blankes toegelaat om in Swaziland te boer, te myn en besighede te begin. Dit het ernstige bestuursprobleme meegebring en in 1894 het die Verenigde Koninkryk en dieZuid-Afrikaansche Republiek 'n konvensie gesluit waarvolgens die ZAR die land sou administreer en beskerm. Na dieTweede Vryheidsoorlog (in 1903) het die Britte die administrasie van Swaziland oorgeneem.
Een van die eerste take van die Britse administrateurs was om die groot aantal verwarrende konsessies watMbandzeni aan vreemdelinge toegestaan het, te ontrafel. Ondanks die feit dat die Swazi's se stamwette bepaal dat die grond nooit aan iemand anders mag behoort nie, het die Britse regering besluit om dit tussen die konsessiehouers en die Swazi's te verdeel en twee derdes daarvan is aan die konsessiehouers toegewys.
Die kwessie van die konsessies het sedertdien die politiek van Swaziland beïnvloed: toe koningSobhuza II in 1921 as Ngwenyama – die leeu en opperhoof van die Swazi's – gekroon is, het hy onmiddellik met 'n politieke en regstryd begin om weer beheer oor die konsessies te kry.
Die Britse regering het aanvanklik gehoop dat Swaziland bySuid-Afrika ingelyf sou word. Die Swazi's het egter deurentyd daarteen beswaar gemaak en na dieTweede Wêreldoorlog het die Verenigde Koninkryk ingestem om die land op onafhanklikheid voor te berei.
Die onderwys, mediese dienste en landbouprojekte is grotendeels verbeter in 'n poging om die land te ontwikkel. Verskeie politieke partye is na die voorbeeld van Westerse lande gestig, almal met die strewe om onafhanklikheid te verkry en die land ekonomies te ontwikkel. Die aktiwiteite van die politieke partye was egter hoofsaaklik tot die stede beperk en het weinig steun geniet.
80% van die Swazi's het dekades gelede op die platteland gewoon. Die tradisionele Swazileiers, insluitende die koning en die Nasionale Swazi-raad, het toe 'n ander politieke groep, die Nasionale Imbokodvo-beweging, gestig. Die beweging het 'n noue verband met die tradisionele leefwyse van die Swazi's gehad. In reaksie op die ontwakende politieke bewustheid en druk het die Britse regering in 1964 besluit om ’n verkiesing uit te roep sodat 'n wetgewende raad ingestel kon word.
Die Imbokodvo het in die verkiesing 24 setels verower, maar het na sy oorwinning radikaler beginsels van ander partye aangeneem en net so sterk druk vir onafhanklikheid begin toepas. In 1966 het die Britse regering ingestem om samesprekings oor 'n nuwe grondwet te hou.
Die Blanke inwoners van die land wou hê dat daar 'n afsonderlike verkiesing vir gereserveerde Blanke setels in die parlement gehou moes word, maar die Grondwetkomitee, wat bestaan het uit verteenwoordigers van die koning, die Nasionale Swaziraad, die ander politieke partye en die Britse regering, het die voorstel verwerp.
'n Grondwetlike monargie is as staatsvorm vir Swaziland aanvaar en in 1967 is 'n verkiesing uitgeroep om die verteenwoordigers vir die parlement te verkies. Swaziland het op 6 September 1968 onafhanklik geword.
Die Koninkryk Eswatini is met sy oppervlakte van 17 364 vierkante kilometer die tweede kleinste staat op die vasteland vanAfrika náGambië. Eswatini is landgebonde en word deurMosambiek in die ooste en die Suid-Afrikaanse provinsiesMpumalanga in die noorde en ooste enKwaZulu-Natal in die suide begrens. Die landsgrense het 'n totale lengte van 535 kilometer, waarvan 105 km met Mosambiek en 430 km metSuid-Afrika gedeel word.
Eswatini kan in vier geografiese streke verdeel word. In die ooste strek dieLebomboberge op 'n maksimumhoogte van 600 meter en 'n droë subtropiese klimaat in 'n noord-suidrigting. Dielaeveld wes daarvan lê sowat 200 m boseevlak en word deur 'n droë bosveldlandskap oorheers. Dieklimaat hier is al byna tropies warm – gedurende diesomermaande styg die kwik soms bo 32 °C. Die streek is onder meer geskik vir die verbouing vansuikerriet.
Die middelveld met sy vrugbare heuwellande en valleie het 'n gemiddelde hoogte van 700 m bo seevlak. Dit beslaan ruim 'n kwart van Eswatini se totale oppervlakte. Diehoëveld in die weste van die land lê sowat 1 300 m boseevlak en gaan in die weste in die Suid-AfrikaanseDrakensberge oor. Hier word onder meer bosgebiede aangetref.
Die streek het oor die algemeen 'n gerieflike klimaat, alhoewel die jaarliksereënval hier net soos diehumiditeitsvlakke hoër is as in die res van die land.
Die hoogste punt van Eswatini met 1 862 m is Emlembe in die noordweste digby diegrens met Suid-Afrika, die laagste punt (21 m) is die rivierloop van die Groot Usutu. Die meeste neerslae in Eswatini sak as kort reënbuie uit, terwyl langdurige reën nouliks voorkom. Die langste rivier wat deur Eswatini vloei is die Lusutfu.
Eswatini het 'n totale bevolking van 1,1 miljoen (2020-skatting), hoofsaaklikSwazi's (wat deel uitmaak van dieNguni-taalgroep binne dieBantoevolke en nouverwant aan dieZoeloes is) met klein minderhede van Zoeloes,Tsongas enSjangaans.
Sowat 60 persent van die bevolking is aanhangers van onafhanklike kerke soos die Zionistekerk. Ander belangrike denominasies isProtestants (15 persent),Rooms-Katoliek (5 persent) enAnglikaans (1 persent). Aanhangers van inheemsegodsdienste verteenwoordig sowat 'n vyfde van die totale bevolking.