DieEssene (Hebreeus: אִסִּיִים,Isiyim;Koine: Ἐσσηνοί, Ἐσσαῖοι of Ὀσσαῖοι,Essenoi, Essaioi ofOssaioi) was 'nmistisistieseJoodse sekte tydens die tydperk van dieTweede Tempel wat van die 2de eeu v.C. tot die 1ste eeu n.C. floreer het.[1]
Volgens die Joodse historikusJosephus het die Essene in groot getalle bestaan; duisende het deur die tyd vanRomeinse Iudaea gelewe. Hulle was minder as dieFariseërs enSadduseërs, die ander twee groot sektes van destyds. Die Essene het in verskeie stede gewoon, maar in gemeenskappe bymekaargekom wat toegewy was aan willekeurigearmoede,asketisme (hulle priesters wasselibaat) en rituele reiniging.[3]
Die Essene het in moderne tye beroemd geraak vanweë die ontdekking van 'n groot groep godsdiensdokumente bekend as dieDooie See-rolle, wat vermoedelik 'n biblioteek van die Essene was. Onder die dokumente is talle kopieë van dele van dieHebreeuse Bybel wat waarskynlik van 300 v.C tot met hulle ontdekking in 1946 onaangeraak was.
Die eerste verwysing na die sekte is deur die Romeinse skrywerPlinius die ouere (gesterf in 79 n.C.) in syNatuurgeskiedenis.[4] Plinis vertel in 'n paar reëls dat die Essene geen geld besit nie, duisende generasie al bestaan en dat hulle priesters nie trou nie. Volgens Plinius woon hulle iewers bo Ein Gedi, aan die Dooie See.
Josephus het later 'n gedetailleerde beskrywing van die Essene inDie Joodse oorlog (omstreeks 75 n.C.) gegee, met 'n korter beskrywing inOudheidkunde van die Jode (omstreeks 94 n.C.) enDie Lewe van Flavius Josephus (omstreeks 97 n.C.). Hy het beweer hy het eerstehandse kennis van hulle gehad en dat hulle een van drie sektes van Joodsefilosofie was,[5] saam met die Fariseërs en Sadduseërs. Hy vertel dieselfde inligting van godvresendheid, selibaat, die afwesigheid van persoonlike eiendom en van geld, die geloof in gemeenskaplikheid, en 'n streng navolging van dieSabbat. Hy sê ook hulle eet saam ná gebed, wy hulle toe aan welsyn, verbied uitinge van woede, bestudeer die boeke van die ouderlinge, hou geheime en ken die name van die engele in hulle geskrifte baie goed.
Plinius, ook 'n geograaf, het gesê hulle woon in die woestyn naby die noordweskus van die Dooie See, waar die Dooie See-rolle ontdek is.[6]