Dit is 'n sagte en pletbare, silwerwit metaal wat in lug stabieler is as die meeste lantaniede. Dit los nogtans in verdunde sure op. Erbium word in Binne-Mongolie se bastnasiet aangetref, maar dit is 'n kleine komponent. Ander minerale soos xenotiem (yttriumfosfaat) en euxeriet is ryker bronne.[2]
Erbium se hoofgebruike hou verband met sypienk ione Er3+ waarvan die optiese fluoresserende eienskappe veral nuttig is in sekere laserprodukte. Talle mediese toerusting (byvoorbeeld in dermatologie en tandheelkunde) maak gebruik van Er:YAG-lasers en erbium-ione se2 940nm-emissie, wat hulpsaam is in onder meer laserchirurgie.