Epimeteus ofEpimetheus (Grieks: Ἐπιμηθεύς; "na" + "gedagte, dus "nagedagte"; "nakennis") was in dieGriekse mitologie uit die tweede geslagTitane. Sy tweelingbroer het die kontrasterende naamPrometeus ("voorsorg", "voorbedagtheid") gehad. Die twee was "verteenwoordigers van die mensdom".[1]
VolgensHesiodus (in syTeogonie, 527ff;) het Epimeteus die geskenkPandora van die gode aanvaar. Hoewel daarop gesinspeel word dat hulle getrou het, word dit nie eksplisiet genoem nie. In latere mites het hulle ’n dogter,Pirra.