‘nEpiek (vanaf die Oudgriekse byvoeglike naamwoordἐπικός (epikos), vanἔπος (epos) "woord, storie,gedig"[1]) is ʼn omslagtige verhalende gedig, gewoonlik oor 'n ernstige onderwerp wat detail bevat oor heroïese dade en gebeure van groot belang vir 'n beskawing of nasie.[2] Mondelinge digkuns kan ook as 'n epiek kwalifiseer, en Albert Lord en Milman Parry voer aan dat klassieke eposse in wese 'n mondelinge vorm van digkuns was.
Nog 'n tipeheldedig ofepiek is 'n epyllion (meervoud: epyllia) ook genoemklein-epos, wat 'n verkorte verhalende gedig is met 'nromantiese ofmitologiese tema. Die term is in die negentiende eeu in gebruik geneem. Dit verwys merendeels na die geleerde, korter heksametriese gedigte van die Hellenistiese periode en die ooreenstemmende werke in Rome bestaande uit die neoteriese era; tot 'n mindere mate sluit die term ook sommige gedigte in uit dieEngelse Renaissance, veral dié beïnvloed deurOvidius. Die bekendste voorbeeld van 'n klassieke epyllion is moontlik Catullus 64.
Van die bekendste voorbeelde van epiese digkuns sluit in dieRamayana,Mahabharata, die OudgriekseIlias en dieOdussee, die OudengelseBeowulf, of diePortugese digter Luís de Camões seLusiade (Os Lusíadas, 'n historiese benaming vir diePortugese, die bewoners van Lusitanië), 'n geïdealiseede geskiedenis vanPortugal.[3]