Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Enschede

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Enschede


KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Nederland Nederland
 Koördinate52°13′N6°53′E / 52.217°N 6.883°O /52.217; 6.883
 Stigting1325
 ProvinsieOverijssel
 Oppervlakte: 
 - Totaal161,84vk km
 Hoogte bo seevlak0 m m
 Bevolking: 
 - Totaal (2011)157 000
 - Groot-Enschede361 000
 - Twente650 000
 - Bevolkingsdigtheid1 000/vk km
 TydsoneUTC+1
 -SomertydUTC+2
 Burgemeester (party)Roelof Bleker (onafhanklik)
 Amptelike webwerfwww.enschede.nl
 Wikimedia CommonsEnschede

Enschede (uitspraak(hulp·inligting)) is 'nmunisipaliteit en 'n stad in die provinsieOverijssel inNederland. Hierdie stad is die grootste stad van Overijssel met meer as 160 000 inwoners (2011). Enschede is die elfde stad van Nederland. Dit is inTwente geleë en word in die noorde begrens deur die munisipaliteite Dinkelland,Oldenzaal en Losser, in die ooste deurGronau inDuitsland, in die suide deur Haaksbergen, en in die weste deurHengelo

Die naam se betekenis is waarskynlik "An die Schede" (Aneschedhe, 1118) Oud-saksies:scheed ('skeiding' of 'grens'). Die naam verwys na ’n grens aan ’n moerasgebied.

Enschede ontstaan in die vroeëmiddeleeue en hetstadsregte in 1325 gekry.

Die stad was op13 Mei2000 in die wêreldnuus toe die vuurwerkfabriek SE Fireworks in Roombeek ontplof het en 23 mense gesterf het.

Enschede is wêreldbekend vir dieUniversiteit Twente, diesokkerklubFC Twente en die plaaslikebierGrolsch.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]
Kaart van Enschede 1570

Enschede ontstaan in die vroeëmiddeleeue naby 'n kleinkasteel. In1325 kry Enschedestadsregte van diebiskop vanUtrecht. Tydens dieTagtigjarige Oorlog steun dieKatolieke stad dieSpanjaarde en veg dus teen dieNederlandse opstandelinge. Op18 Oktober1597 word die stad ingeneem deur die Nederlanders onderPrins Maurits van Oranje-Nassau. Die verdedigingswerke van die stad word gesloop en Enschede bly vir 200 jaar slegs 'n klein stad.

NadatBelgië in1830 sy onafhanklikheid uitroep (waar die swaartepunt van Nederlandse industrie toe was), stimuleer die regering dieindustrie inTwente. In1863 brand byna die hele stad af. Met die heropbou ontstaan ook moderne tekstielfabrieke en in die 19e eeu groei dit tot 'n belangrike stad in Nederland. Enschede vertoon steeds baie geboue uit hierdie eeu.

Tydens dieTweede Wêreldoorlog is die stad tweemaal gebombardeer. Deur ingryping van Joodse nyweraars is verpligte registrasie van Jode voorkom, waardeur meer as die helfte van die Joodse bevolking van Enschede die oorlog oorleef het. In die sestigerjare van die vorige eeu het baie industrieë verhuis nalaerloonlande maar in1961 word dieUniversiteit Twente gestig. Enschede verander van 'n nywerheidstad na 'n universiteitstad.

Besienswaardighede

[wysig |wysig bron]
Die Sinagoge van Enschede
  • Die Grote Kerk
  • Die stadhuis (ontwerp deur Gijsbert Friedhoff, gebou 1930-1933)
  • Die Twentse teater (klein saal uit 1889; groot saal uit 1953)
  • Die Elderinkshuis (gebou 1783)
  • Die Ryksmuseum Twenthe
  • Die Sinagoge (ontwerp deur Karel de Bazel; gebou 1927-1928)
  • Die ambagskool
  • Die Regbank (ontwerp deur W.C. Metzelaar, gebou in 1903; Jo Janssen, 2002)
  • DieGrolsch Veste (sokkerstadion van FC Twente)
  • Die kampus van dieUniversiteit Twente
  • Die nuwe distrik Roombeek kenmerk homself met baie moderne geboue, herbou na die vuurwerkramp in 2000.
Die Grote Kerk aan die Oude Markt

Stadsdele

[wysig |wysig bron]

Die stad Enschede het vyf stadsdele:

  • Stadsdeel Sentrum (o.a. Sentrum, Het Zeggelt, Lasonder, De Bothoven)
  • Stadsdeel Noord (o.a. Twekkelerveld, Lonneker, Deppenbroek, Bolhaar, Mekkelholt, Roombeek)
  • Stadsdeel Oos (o.a. Velve-Lindenhof, De Eschmarke, ’t Ribbelt, Stokhorst, Dolphia, ’t Hogeland, Glanerbrug)
  • Stadsdeel Suid (Wesselerbrink, Helmerhoek, Stroinkslanden)
  • Stadsdeel Wes (Boswinkel, Ruwenbos, Pathmos, Stadsveld, ’t Zwering, ’t Havengebied, De Marssteden, Boekelo, Usselo, Twekkelo)

Infrastruktuur

[wysig |wysig bron]

Enschede beskik oor 'n lughawe, Enschede Lughawe Twente, wat nie tans gebruik word nie, maar binnekort weer oopgestel sal word. Die stad het ook vier treinstasies (met 'n spoor naHengelo en die res van Nederland en 'n spoor na dieDuitse stede Gronau,Münster enDortmund). Die nasionale padA35 loop deur die stad en sluit aan by dieA1 en die Duitse nasionale paaie. Enschede het ook 'n hawe, wat aansluiting het via die Twentekanaal aan die IJsselrivier. In die stad en sy omgewing is 'n uitgebreidebusnetwerk en daar is planne vir 'ntremstelsel.

Onderwys

[wysig |wysig bron]

Enschede beskik sedert 1961 oor 'nuniversiteit: die Universiteit Twente. Die stad het ook 'n hogeschool: die Saxion Hogeschool (die Nederlandse 'hogeschool' is wel 'n tersiêre opleidingsentrum en kan nie vergelyk word met die Suid-Afrikaanse 'hoërskool' nie).

Sport

[wysig |wysig bron]

Die grootste sport in Enschede is sokker. Twee keer het 'n Enschedese klub dienasionale sokkertitel gewen:Sportclub Enschede in 1926 en FC Twente in 2010. Tans is FC Twente die enige professionele sokkerspan van die stad en een van die grootste klubs in Nederland. Vroeër het Enschede 'n baie belangrike rol as sokkerstad gespeel met suksesvolle klubs asSportclub Enschede,Enschedese Boys,vv Rigtersbleek enPW.Atletiek is ook 'n groot sport in Enschede. Met die Enschede Marathon (die ouste marathon van Nederland en die op een na ouste vanEuropa) en die Batavierenrace (die grootste afloswedloop van die wêreld, vanNijmegen na Enschede) is die padwedlope swaar verteenwoordig. Beide wedlope het 'n groot internasionaal deelnemersveld. Ook atletiekklub AC Tion behoort tot die sterkste atletiekklubs van Nederland. Sedert die bou van IJsbaan Twente ('n 400 m skaatsbaan) in 2008 speel Enschede ook 'n rol in die Nederlands-gewilde sport langbaanskaats.Die Militry ('n dissipline in dieruitersport) vind jaarliks in Boekelo plaas.

Trivia

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metEnschede.
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Enschede&oldid=2669099"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp