'nMotor is 'n stuk gereedskap wat een of ander vormenergie omskep in meganiese energie. Die meeste motors werk in 'n draaibeweging, alhoewel lineêre motors ook algemeen is. Tipies word die woordenjin gebruik vir 'n motor wat 'nvoertuig aandrywe.
'n MercedesV6-enjin is 'n voorbeeld van 'n binnebrandenjin
Daar word gewoonlik onderskei tussen watter tipes drywing 'n motor of enjin gebruik. So kry ons:
stoomenjin wat die druk van onstnappende stoom gebruik om 'nturbine te draai.
binnebrandenjin wat die verbranding (of kompressie, in die geval vandieselenjins) van 'n brandstof in beweging omskep.
elektriese motor wat elektrisiteit gebruik om 'n magneetveld te skep wat 'n wiel draai
stirling motor wat temperatuurverskille gebruik om gas deur turbines te stuur.
Die 'stirling motor' en stoomenjin is voorbeelde van 'n buitebrandenjin.