English Electric Canberra | |
---|---|
Tipe | Bomwerper |
Vervaardiger | English Electric |
Nooiensvlug | 13 Mei 1949 |
Vrygestel | 25 Mei 1951 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruiker | Britse Lugmag |
Aantal gebou | VK: 900 |
DieEnglish Electric Canberra is 'nstraalvliegtuig wat deur dieBritse Lugmag bedryf is. Dit was hulle eerste straalaangedrewebomwerper. Sekere modelle het meer as vyftig jaar diens gedoen in die Britse Lugmag. DieCanberra is ontwerp om dieDe Havilland Mosquito te vervang met dieselfde visie: dié vliegtuig moes so hoog kon vlieg en vinnig wees dat wapens vir verdediging onnodig sou wees. DieCanberra was net so veelsydig as dieMosquito: dit is gebruik as 'n ligte bomwerper, gevorderde opleidingsvliegtuig en vir verkenning.
Die eerste prototipe, VN799, het sy nooiensvlug op 13 Mei 1949 te Warton onder beheer van toetsvlieënier Roland Beamont onderneem. Die toetsvlugte het bewys dat dieCanberra net so beweegbaar was op alle hoogtes as dieMosquito en dit ook goed hanteerbaar was teen lae snelhede. Verdere ontwikkeling het gelei tot die B.2 model wat in April 1950 die eerste keer gevlieg het. Dit is in diens gestel in Mei 1951 by Binbrook in 101 Eskader en word toe amptelik die eerste straalaangedrewe bomwerper van die Britse Lugmag.
Die Britse Lugmag het baieCanberra's bestel enEnglish Electric se produksievermoë oorskry, gevolglik is kompeterende maatskappye soosAvro,Handley Page enShort aangestel om ook van die vliegtuie te vervaardig.
'n Kragtiger model, die B.6, is in 1954/55 in diens gestel. DieCanberra het aktiewe diens gedoen inMaleisië asook tydens die 1956Suezkanaalkrises. DieCanberra is ook onder lisensie vervaardig in die Verenigde State vir dieAmerikaanse Lugmag. Die eerste van 400 eenhede is uitgerol op 20 Julie 1953. Hierdie AmerikaanseCanberra's het aan baie missies en gevegte tydens dieViëtnamoorlog deelgeneem.
Daar is ookCanberra's onder lisensie vervaardig inAustralië waar hulle bekend gestaan het as die MK-20. Die ontwerp was gebaseer op die Britse B-2 model. Die grootste verskil was dat die Australiese model groter brandstoftenks gehad het en twee bemanningslede kon dra. In September 1958 het 2 Eskader van dieKoninklike Australiese Lugmag aanvalle geloods op terroriste in die noorde van Maleisië; die eerste keer dat straalaangedrewe bomwerpers van Australië aanvalle loods. In 1967 was 2 Eskader ook na Viëtnam gestuur as deel van Australië se belofte vir hulp. Hier was hulle deel van die Amerikaanse Lugmag se 35ste Taktiese Vegtervleuel. 2 Eskader het ses persent van die vleuel se aanvalle gedoen en 16 persent van die suksesse behaal. Daar was 11 963 aanvalle geloods in Viëtnam en 76 389 bomme neergelaat vir slegs die verlies van twee vliegtuie. Op 30 Junie 1982 het 2 Eskader hulle laaste aanval geloods voor hulle uit Viëtnam onttrek is.
Canberra's is ook verkoop aanArgentinië,Indië,Peru asookNasa. Fotoverkenningsvliegtuie is vroeg reeds ontwikkel en is bekend as model PR.9. Hierdie vliegtuie is eers in 2004 deur die Britse Lugmag uit diens onttrek. In 2003 het dieCanberra's van 39 Eskader 56 verkenningstogte voltooi oorIran ter ondersteuning van die Britse en koalisiemagte.
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motore | 2 |
Tipe motor | Straalmotore metnabranders |
Vervaardiger | Rolls-Royce Avon 109 |
Kraglewering per motor | 3 405 kg stukrag |
Vlerkspan | 19,51 m |
Lengte | 19,96 m |
Hoogte | 4,75 m |
Vlerkoppervlakte | 89,19 m2 |
Maks. opstygmassa | 24 062 kg |
Maks. snelheid | 973km/h |
Operasionele hoogte | 14 634m |
Togafstand | 1 779km |
Klimvermoë | 1 220 m per minuut |
Bewapening | Tot 2,724 kg se bomme in die romp twee 454kg bomme onder vlerke |