Kenteken van die Engelse nasionale vrouekrieketspan | |||||||||||||
| Konferensie | Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) | ||||||||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| Personeel | |||||||||||||
| Toetskaptein | Heather Knight | ||||||||||||
| EDI-kaptein | Natalie Sciver-Brunt | ||||||||||||
| T20I-kaptein | Tammy Beaumont | ||||||||||||
| Afrigter | |||||||||||||
| Geskiedenis | |||||||||||||
| Toetsstatus verkry | 1934 | ||||||||||||
| Internasionale Krieketraad (IKR) | |||||||||||||
| IKR-status | Volle lid (1909) | ||||||||||||
| IKR-streek | EKR (Europa) | ||||||||||||
| |||||||||||||
| Toetswedstryde (Toetse) | |||||||||||||
| Eerste toets | t | ||||||||||||
| Laaste toets | t | ||||||||||||
| |||||||||||||
| Vroue- kampioenskappe | 3/3 (eerste in 2014–16) | ||||||||||||
| Beste uitslag | Naaswenner (in 2014–16, 2017–20) | ||||||||||||
| Internasionale eendagwedstryde (EDIs) | |||||||||||||
| Eerste EDI | t Internasionale XI opCounty-krieketveld,Hove; 23 Junie 1973 | ||||||||||||
| Laaste EDI | t | ||||||||||||
| |||||||||||||
| Vrouekrieketwêreldbeker-verskynings | 13/13 (eerste in1973) | ||||||||||||
| Beste uitslag | Kampioen (in1973,1993,2009,2017) | ||||||||||||
| Twintig20-internasionale wedstryde (T20Is) | |||||||||||||
| Eerste T20I | t | ||||||||||||
| Laaste T20I | t | ||||||||||||
| |||||||||||||
| T20I-vrouewêreldbeker-verskynings | 9/9 (eerste in2009) | ||||||||||||
| Beste uitslag | Kampioen (in2009) | ||||||||||||
DieEngelse nasionale vrouekrieketspan (Engels:England women’s cricket team, afgekortEngland Women ofEngland W) is die nasionale vrouekrieketspan watEngeland enWallis intoets- en kitskrieket verteenwoordig. Sedert 1 Januarie 1997 word dit beheer deur dieEngelse en Walliese Krieketraad (ECB, van Engels:England and Wales Cricket Board) en is ’n volle lid van dieInternasionale Krieketraad (IKR) met toets-,EDI- enT20I-status.
Engeland is die gesamentlike oudste span in vrouetoetskrieket wat hul eerste toets reeds in 1934 teenAustralië gespeel het. Engeland is ná Australië die tweede suksesvolste span in internasionale vroue-eendagwedstryde en hulle het viervrouekrieketwêreldbekertitels gewen (in1973,1993,2009,2017). Hulle was ook suksesvol inT20I-vrouewêreldbekertoernooie en het een titel ingepalm (in2009).
Engeland is tans (Oktober 2025) tweede op die IKR-vroue-eendagranglys en tweede op die Twintig20-vrouewêreldranglys.[8][9] Ses voormalige Engelse spelers is in dieInternasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem.
Die Engelse en Walliese Krieketraad (EKR; Engels:England and Wales Cricket Board,ECB) is die beheerliggaam van krieket in Engeland en Wallis en toesighouer van die Engelse nasionale krieketspanne. Die EKR bestaan sedert 1 Januarie 1997 en verteenwoordig Engeland en Wallis by die Internasionale Krieketraad (IKR).[10] Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van toets-, EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en die reël van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is die ECB verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Engelse span. Die ECB se inkomste in die kalenderjaar van 2006 het £77 miljoen beloop.[11]
Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting. Net soos ander krieketlande beskik Engeland oor ’n o/19-nasionale span wat aan dieo/19-vrouekrieketwêreldbeker deelneem.[12]
Krieketwedstryde tussen vroue is in Engeland sedert die middel-18de eeu gedokumenteer, onder andere in 1745 tussenBramley Maids enHambledon Maids inGuildford.[13] Die eerste wedstryd tussengraafskappe is in Oktober 1811 tussenSurrey enHampshire beslis.[14] Die eerste krieketklub vir vroue,White Heather Club, is in 1887 inYorkshire gestig. In 1926 is dieVrouekrieketvereniging gestig, wat daarna die vrouekrieket in Engeland gereël het.[15]

In 1934 is die Engelse beheerliggaam vir ’n toer na Australië genooi, wat drie jaar vroeër hul eie krieketbeheerliggaam gestig het. Die deelnemende vroue moes die reiskoste van 80GBP vir die sesmaandse toer self betaal. Getroude vroue is ook nie toegelaat om aan die toer deel te neem nie, aangesien dit glo vir hulle nie gepas was om vir so ’n lang tyd nie by die huis te wees nie. Die span het in Oktober 1934 die skeepsreis aangepak en van 28 Desember 1934 af sy eerste vrouetoetswedstryd teenAustralië gespeel, wat hulle met nege paaltjies gewen het. Die uitstaande speler wasMyrtle Maclagan wie in die tweede toetswedstryd met 119 lopies ook die eerste honderdtal vir Engeland aangeteken het. Hulle het die reeks van drie wedstryde met 2–0 beklink en hulle het ook die vrouetoetswedstryd inNieu-Seeland gewen.[16][17]
Gedurende somer het Australië Engeland besoek enMolly Hide het diekaptein tot in 1954 geword.[18][19] Tydens dié toer het Engeland die eerste vrouetoetswedstryd verloor en die reeks het met 1–1 onbeslis geëindig.[20] Die sukses van hierdie toere het daartoe gelei dat gedurende winter 1939/40 ’n toer na Australië sou plaasvind en die span het reeds sy spelers benoem, maar dit moes weens dieTweede Wêreldoorlog afgelas word.[16]
Die eerste toer ná die oorlog was gedurende winter 1948/49 weer in Australië en Nieu-Seeland en het vier spelers ingesluit wat ook voor die oorlog vrouetoetswedstryde gespeel het. Die toer, wat op ’n oorlaaide seevaartuig begin het, het hulle inColombo ’n wedstryd teenAll Ceylon XI gespeel en die toer het naas die vier vrouetoetswedstryde ook 30 toerwedstryde ingesluit. Langs hierdie wedstryde het die spelers ook sosiale verpligtinge gehad, wat egter ná ’n maand ingeperk is aangesien dit vir die span ’n las geword het. In Australië is die span in die eerste vrouetoetswedstryd geklop, waarmee hulle ook die reeks en die As verloor het, terwyl hulle die vrouetoetswedstryd in Nieu-Seeland gewen het. Ná sewe maande het hulle in Mei weer in Engeland aangekom.[21][22][23]
Nadat die As-reeks in 1951 met 1–1 onbeslis geëindig het, het gedurende somer 1954 Nieu-Seeland vir die eerste keer Engeland besoek, maar in die reeks teen die gasvroue met 0–1 vasgeval. Eers in 1957/58 kon weer ’n toer in dieSuidelike Halfrond gereël word, maar elkeen van die ses vrouetoetswedstryde het onbeslis geëindig. Tydens die 1960/61-seisoen het die Engelse vir die eerste keer ’n toer na Suid-Afrika onderneem en hulle kon die reeks met 1–0 beklink. In 1963 het die span die laaste wedstryd van die drie wedstryde in die reeks teen die Australiërs gewen, veral danksy die kapteinMary Duggan se honderdtal van 101 onoorwonne lopies in die eerste beurt en haar altesaam sewe paaltjies (4/42 en 3/40).[24] Daarmee het Engeland vir die eerste keer ná die oorlog die As-urn herwin. Ná die onbesliste 1968/69-reeks in Australië het hulle die trofee behou.
Met dieVrouekrieketwêreldbeker 1973 is dieinternasionale eendagwedstryde se tydperk ingelui. Onder haar kapteinRachael Heyhoe Flint het hulle die eindstryd teen Australië gewen en die eerstevrouekrieketwêreldbekertoernooi beklink.[25][26] Daarna het hulle ook die As-reeks in beklink, voordat ’n maer periode teen die Australiërs begin het. Onder andere het hulle tydens die drie daaropvolgende vrouekrieketwêreldbekereindstryde (in1978,1982,1988) in die eindstryd teen Australië vasgeval en ook die As-urn kon hulle in ses reekse nie herwin nie, voor die 2002/03-reeks het die span slegs in 1998 ’n onbesliste reeks aangeteken. Daarteenoor het Engeland teen ander opponente meer sukses behaal. Onder andere het hulle in die EDI-reeks teenWes-Indië in 1979 onbeslis gespeel en die reekse teen Nieu-Seeland in 1984 enIndië in 1986 het hulle maklik gewen.

Tydens dieVrouekrieketwêreldbeker 1993 op eie bodem het Engeland onderKaren Smithies die eindstryd teen Nieu-Seeland gewen, waardeur vrouekrieket in Engeland baie gewildheid verwerf het.[27] Daarna is die Engelse span in die EDI-reekse teen Indië en Nieu-Seeland verslaan en tydens die vrouekrieketwêreldbekertoernooie in1997 en2000 kon hulle nie die eindstryd haal nie. In 1998 is die vrouekrieket se bestuur verander en dieEngelse en Walliese Krieketraad (England and Wales Cricket Board,ECB) het by die Vrouekrieketvereniging oorgeneem, waarmee die professionalisering gepaard gegaan het.[28] Daarmee het die span ook nuwe momentum verkry en hulle het gedurende somer 2002 onder kapteinClare Connor teen Indië geseëvier en daarna ook reekse teenSuid-Afrika (in 2003, 2003/04 en 2004/05) asook Nieu-Seeland (in 2004) beklink. Tydens dieVrouekrieketwêreldbeker 2005 het hulle in die halfeindstryd egter weer teen Australië vasgeval. Daarteenoor het die Engelse gedurende somer 2005 weer die As-reeks beklink.[29]
Daarna hetCharlotte Edwards as kaptein oorgeneem. Onder haar het Engeland dieVrouekrieketwêreldbeker 2009 inAustralië beklink[30] en ook die heel eersteT20I-vrouewêreldbeker 2009 op eie bodem gewen. Voorheen kon hulle ook die As-urn twee keer verdedig (in 2007/08 en 2009). Hulle moes die trofee egter in 2010/11 weer oorhandig en tydens beide dieT20I-vrouewêreldbekertoernooie in2012 en2014 het Engeland in die eindstryd teen Australië vasgeval. Tydens dieVrouekrieketwêreldbeker 2013 het hulle die derde plek behaal en daarna kon hulle die As-reekse in 2013 en 2013/14 beklink. Van 2014 af het die eerste spelers sentrale kontrakte met die Engelse beheerliggaam onderteken.[31]
In 2016 hetHeather Knight die nuwe kaptein geword. Onder haar het die Engelse in dieVrouekrieketwêreldbeker 2017 teen Indië geseëvier.[32] Tydens dieT20I-vrouewêreldbeker 2018 is hulle in die eindstryd deur Australië verslaan en ook tydens die As-reekse sedert 2015 is die Engelse telkens deur die Australiërs geklop (in 2017/18, 2019 en 2021/22). Daarna het die Engelse die eindstryd van dieVrouekrieketwêreldbeker 2022 teen dieselfde opponent verloor.[33] Tydens dieT20I-vrouewêreldbeker 2023 is hulle in die halfeindstryd deur die Suid-Afrikaanse gasvroue uitgeskakel.[34] Tydens dieVrouekrieketwêreldbeker 2025 het die Engelse in die halfeinstryd teen die Proteas vasgeval.[35]

Ses voormalige Engelse spelers is vir hul uitstekende prestasies in dieInternasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem:[36]
| Speler | Posisie | Inskrywing |
|---|---|---|
| Rachael Heyhoe Flint | Kolwer | 2010 |
| Enid Bakewell | Veelsydig | 2012 |
| Claire Taylor | Paaltjiewagter-kolwer | 2018 |
| Jan Brittin | Veelsydig | 2021 |
| Charlotte Edwards | Kolwer | 2022 |
| Sarah Taylor | Paaltjiewagter-kolwer | 2025 |
Daar het altesaam 170 spelerstoets-, 153 spelersEDI- en 68 spelersT20I-wedstryde vir Engeland gespeel. Vervolgens die spelers wat vir die Engelse span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.
| Toets | EDI | T20I | |||||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| Speler | Tydperk | Toetse | Lopies | Speler | Tydperk | EDIs | Lopies | Speler | Tydperk | T20Is | Lopies |
| Janette Brittin | 1979–1998 | 27 | 1 935 | Charlotte Edwards | 1997–2016 | 191 | 5 992 | Danni Wyatt-Hodge | 2010–hede | 178 | 3 335 |
| Charlotte Edwards | 1996–2015 | 23 | 1 676 | Tammy Beaumont | 2009–hede | 140 | 4 738 | Natalie Sciver-Brunt | 2013–hede | 137 | 2 960 |
| Rachael Heyhoe Flint | 1960–1979 | 22 | 1 594 | Natalie Sciver-Brunt | 2013–hede | 129 | 4 354 | Charlotte Edwards | 2004–2016 | 095 | 2 605 |
| Carole Hodges | 1984–1992 | 18 | 1 164 | Heather Knight | 2010–hede | 157 | 4 325 | Heather Knight | 2010–hede | 132 | 2 331 |
| Enid Bakewell | 1968–1979 | 12 | 1 078 | Sarah Taylor | 1998–2011 | 126 | 4 101 | Sarah Taylor | 2006–2019 | 090 | 2 177 |
| Korrek teen: 31 Oktober 2025[37] | Korrek teen: 31 Oktober 2025[38] | Korrek teen: 31 Oktober 2025[39] | |||||||||
| Toets | EDI | T20I | |||||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| Speler | Tydperk | Toetse | Paaltjies | Speler | Tydperk | EDIs | Paaltjies | Speler | Tydperk | T20Is | Paaltjies |
| Mary Duggan | 1949–1963 | 17 | 77 | Katherine Sciver-Brunt | 2005–2022 | 141 | 170 | Sophie Ecclestone | 2016–hede | 101 | 142 |
| Myrtle Maclagan | 1934–1951 | 14 | 60 | Sophie Ecclestone | 2016–hede | 082 | 141 | Katherine Sciver-Brunt | 2005–2023 | 112 | 114 |
| Katherine Sciver-Brunt | 2004–2022 | 14 | 51 | Jenny Gunn | 2004–2019 | 144 | 136 | Anya Shrubsole | 2008–2020 | 079 | 102 |
| Enid Bakewell | 1968–1979 | 12 | 50 | Laura Marsh | 2006–2019 | 103 | 129 | Natalie Sciver-Brunt | 2013–hede | 137 | 090 |
| Gillian McConway | 1984–1987 | 14 | 40 | Anya Shrubsole | 2008–2022 | 086 | 106 | Sarah Glenn | 2019–hede | 073 | 089 |
| Korrek teen: 31 Oktober 2025[40] | Korrek teen: 31 Oktober 2025[41] | Korrek teen: 31 Oktober 2025[42] | |||||||||
Tot op hede was 15 spelers reeds diekaptein vir Engeland tydens ’n toetswedstryd, 19 tydens ’n EDI en tien tydens ’n T20I.[43]
| Toets[44] | EDI[45] | T20I[46] | ||||
|---|---|---|---|---|---|---|
| No. | Naam | Tydperk | Naam | Tydperk | Naam | Tydperk |
| 1 | Betty Archdale | 1934–1935 | Rachael Heyhoe Flint | 1973–1976 | Clare Connor | 2004–2005 |
| 2 | Molly Hide | 1937–1954 | Mary Pilling | 1977–1978 | Charlotte Edwards | 2006–2016 |
| 3 | Myrtle Maclagan | 1951 | Susan Goatman | 1979–1982 | Nicky Shaw | 2007 |
| 4 | Mary Duggan | 1957–1963 | Jan Southgate | 1984–1985 | Jenny Gunn | 2010–2013 |
| 5 | Cecilia Robinson | 1957–1958 | Carole Hodges | 1986–1987 | Heather Knight | 2016–2025 |
| 6 | Helen Sharpe | 1960–1961 | Jane Powell | 1988–1990 | Danielle Hazell | 2018 |
| 7 | Rachael Heyhoe Flint | 1966–1976 | Karen Smithies | 1990–2000 | Natalie Sciver-Brunt | 2021–2025 |
| 8 | Susan Goatman | 1979 | Helen Plimmer | 1991–1992 | Amy Jones | 2022 |
| 9 | Jan Southgate | 1984–1985 | Ella Donnison | 1999 | Kate Cross | 2024 |
| 10 | Carole Hodges | 1986–1987 | Clare Connor | 2000–2005 | Tammy Beaumont | 2025–hede |
| 11 | Helen Plimmer | 1991–1992 | Aran Brindle | 2001 | ||
| 12 | Karen Smithies | 1995–1999 | Charlotte Edwards | 2005–2016 | ||
| 13 | Clare Connor | 2001–2005 | Nicky Shaw | 2007–2010 | ||
| 14 | Charlotte Edwards | 2005–2015 | Heather Knight | 2016–2025 | ||
| 15 | Heather Knight | 2017–hede | Danielle Hazell | 2016 | ||
| 16 | Anya Shrubsole | 2018 | ||||
| 17 | Natalie Sciver-Brunt | 2018–hede | ||||
| 18 | Kate Cross | 2024 | ||||
| 19 | Amy Jones | 2022 | ||||
| Teenstander | Gespeel | Gewen | Verloor | Gelykop | Onbeslis | % Gewen | Eerste oorwinning | |
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| 53 | 9 | 14 | 0 | 30 | 16,98 | 31 Desember 1934 | ||
| 15 | 1 | 3 | 0 | 11 | 6,67 | 30 Junie 1986 | ||
| 23 | 6 | 0 | 0 | 17 | 26,09 | 18 Februarie 1935 | ||
| 8 | 3 | 0 | 0 | 5 | 37,50 | 3 Januarie 1961 | ||
| 3 | 2 | 0 | 0 | 1 | 66,67 | 18 Junie 1979 | ||
| Algeheel | 102 | 21 | 17 | 0 | 64 | 20,59 | 31 Desember 1934 | |
| Rekords volledig tot en met toets #151 op 30 Januarie – 1 Februarie 2025. Laaste keer hersien op 31 Oktober 2025.[47] | ||||||||
| Teenstander | Wedstryde | Gewen | Verloor | Gelykop | Onbeslis | % Gewen | Eerste oorwinning | ||||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| t. Volle lede | |||||||||||||||
| 90 | 24 | 62 | 1 | 3 | 26,67 | 28 Julie 1973 | |||||||||
| 2 | 2 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 27 Maart 2022 | |||||||||
| 20 | 18 | 2 | 0 | 0 | 90,00 | 5 Desember 1988 | |||||||||
| 80 | 42 | 36 | 0 | 2 | 52,50 | 1 Januarie 1978 | |||||||||
| 86 | 47 | 37 | 1 | 1 | 54,65 | 8 Januarie 1978 | |||||||||
| 16 | 13 | 0 | 0 | 3 | 81,25 | 12 Desember 1997 | |||||||||
| 21 | 18 | 1 | 0 | 2 | 85,71 | 21 Desember 1997 | |||||||||
| 48 | 36 | 11 | 0 | 1 | 75,00 | 15 Augustus 1997 | |||||||||
| 29 | 21 | 6 | 0 | 2 | 72,41 | 6 Junie 1979 | |||||||||
| t. Assosiaatlede | |||||||||||||||
| 8 | 8 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 20 Julie 1983 | |||||||||
| Internasionale XI | 4 | 4 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 23 Junie 1973 | ||||||||
| 1 | 1 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 7 Julie 1973 | |||||||||
| 1 | 1 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 18 Junie 1973 | |||||||||
| 10 | 10 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 6 Desember 1988 | |||||||||
| 1 | 1 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 10 Augustus 2001 | |||||||||
| 1 | 1 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 20 Julie 1973 | |||||||||
| Algeheel | 418 | 247 | 155 | 2 | 14 | 59,09 | 18 Junie 1973 | ||||||||
| Rekords volledig tot en met EDI #1519 op 30 Oktober 2025. Laaste keer hersien op 31 Oktober 2025. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en tel gelykop as ’n halwe oorwinning.[48] | |||||||||||||||
| Jaar | Uitslag |
|---|---|
| 1973 | Kampioen |
| 1978 | Naaswenner |
| 1982 | Naaswenner |
| 1988 | Naaswenner |
| 1993 | Kampioen |
| 1997 | Halfeindrondte |
| 2000 | Vyfde plek |
| 2005 | Halfeindrondte |
| 2009 | Kampioen |
| 2013 | Derde plek |
| 2017 | Kampioen |
| 2022 | Naaswenner |
| 2025 | Halfeindrondte |
| 2029 | N.v.t. |
| Teenstander | Wedstryde | Gewen | Verloor | Gelykop | Onbeslis | % Gewen | Eerste oorwinning | |||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| t. Volle lede | ||||||||||||||
| 45 | 20 | 22 | 2 | 1 | 44,44 | 19 Junie 2009 | ||||||||
| 4 | 4 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 28 Maart 2014 | ||||||||
| 4 | 3 | 1 | 0 | 0 | 75,00 | 23 Junie 2012 | ||||||||
| 35 | 24 | 11 | 0 | 0 | 68,57 | 11 Junie 2009 | ||||||||
| 40 | 32 | 8 | 0 | 0 | 80,00 | 21 Junie 2009 | ||||||||
| 18 | 17 | 1 | 0 | 0 | 94,44 | 16 Junie 2009 | ||||||||
| 12 | 10 | 2 | 0 | 0 | 83,33 | 14 Junie 2009 | ||||||||
| 28 | 23 | 4 | 0 | 1 | 82,14 | 10 Augustus 2007 | ||||||||
| 32 | 22 | 9 | 1 | 0 | 68,75 | 12 November 2009 | ||||||||
| t. Assosiaatlede | ||||||||||||||
| 1 | 1 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 13 Oktober 2024 | ||||||||
| 1 | 1 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 26 Februarie 2020 | ||||||||
| Algeheel | 220 | 157 | 58 | 3 | 2 | 78,50 | 10 Augustus 2007 | |||||||
| Rekords volledig tot en met T20I #2545 op 26 Oktober 2025. Gelykop verwys na wedstryde wat deur ’n valbyl (soos ’n Superboulbeurt) beslis is. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en gelykop as ’n halwe oorwinning (ongeag die valbyl).[49] | ||||||||||||||
| Jaar | Uitslag |
|---|---|
| 2009 | Kampioen |
| 2010 | Groepfase |
| 2012 | Naaswenner |
| 2014 | Naaswenner |
| 2016 | Halfeindrondte |
| 2018 | Naaswenner |
| 2020 | Halfeindrondte |
| 2023 | Halfeindrondte |
| 2024 | Groepfase |
| 2026 | gekwalifiseer |
| 2028 | N.v.t. |
| Jaar | Uitslag |
|---|---|
| 2024 | Vierde plek |
| Wikimedia Commons bevat media in verband metEngelse nasionale vrouekrieketspan. |