Lande waar Engels of 'n Engelse kreool 'n inheemse meerderheidstaal is
Lande waar Engels 'n amptelike maar nie inheemse meerderheidstaal is nie
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.
Engels (English, [ˈɪŋɡlɪʃ],luister(hulp·inligting)) is 'nWes-Germaanse taal wat vanuitEngeland ontwikkel het. Dit is die derde mees algemene "eerste" taal (inheemse sprekers), met omtrent 335 miljoen mense in 2002. Engels hetlingua franca-status in baie dele van die wêreld, as gevolg van die militêre,ekonomiese,wetenskaplike,politieke enkulturele invloed van dieVerenigde Koninkryk en later dieVerenigde State. Waar moontlik word omtrent alle studente wêreldwyd verplig om 'n bietjie Engels te leer, en kennis van Engels is feitlik 'n voorvereiste om te kan werk in vele velde en beroepe. Die meeste hoër akademiese inrigtings, byvoorbeeld, vereis 'n basiese vlak van Engels.
EN: Engels gesimboliseer deur die taal-kodeISO 639-1
Moderne Engels, soms beskryf as die eerste wêreldwyelingua franca[4][5] is die belangrikste internasionale taal virkommunikasie, wetenskap,lugvaart,vermaak,toerisme,radio,diplomasie en in die sakewêreld.[6] Die uitbreiding van dietaal vanaf die Britse eilande tot oor die hele wêreld het saam met die groei van dieBritse Ryk begin, en aan die einde van dienegentiende eeu was die taal reeds wêreldwyd versprei.[7] Die taal is dominant in die Verenigde State en deur sy groeiende ekonomiese en kulturele invloed en sy magstatus sedert dieTweede Wêreldoorlog het die posisie van die taal wêreldwyd versterk.[5]
'n Goeie kennis van Engels is 'n vereiste in 'n aantal werkgebiede en beroepe soosgeneeskunde eninformatika; as gevolg daarvan verstaan ten minste eenmiljard mense die basiese beginsels van Engels. Dit is ook een van die sesamptelike tale van dieVerenigde Nasies.
Taalkundiges soos David Crystal erken dat een van die gevolge van die groei van Engels (nes ander wêreldwye tale) is dat die taalkundige diversiteit op baie plekke ter wêreld verlore gaan, in besondereAustralasië enNoord-Amerika.
Engels ontstaan uit vele Germaanse dialekte, wat naGroot-Brittanje gebring is deur die Angelsaksiese koloniste aan die begin van die 5de eeu, veral dieAngele-Saksers en die Jute.
Die taal word sterk beïnvloed deur dieOud-Noorse taal van dieVikings. Na die Normandiese verowering van Engeland in1066, ondervind die taal 'n sterkFranse invloed en ontwikkel vanOu Engels totMiddelengels. 'n Rede vir die verandering was die algemene gebruik van leenwoorde uit die Normandiese woordeskat en die gebruik van Normandiese spelreëls. Hedendaagse Engels ontwikkel self daaruit en gaan voort met die opneem van buitelandse leenwoorde, veral uitLatyn enGrieks. Dit verkry ook leenwoorde vanuit dieIndiese tale.
Diegrammatikale struktuur van Engels is nog steeds oorwegend Germaans met enkele Romaans-ontleende sinskonstruksies. Van die totale Engelsewoordeskat is baie woorde (ongeveer 60%) egter vanaf Franse en Latynse herkoms. Mense verwys soms na Engels as 'n oorbruggingstaal tussen die wêreld van dieGermaanse enRomaanse tale.
Met Engels word deurgaans soos volg geperiodiseer:
Oudengels,7de en8ste eeu, ook bekend as Angelsaksies, soos verklaar inBeowulf.
Die Engelse taal is vanaf die20ste eeu die invloedrykstetaal ter wêreld. Dit is deels as gevolg van die Britse koloniale uitbreiding in die19de eeu waardeurEngels in baie voormalige kolonies nog steeds die vernaamste (amptelike en bestuurs-) taal is, maar veral ook deur die kulturele en wetenskaplike dominerende Verenigde State.
Engels word deur vele mense as hul tweede taal gepraat. As mens die eerste- en tweedetaalsprekers bymekaar tel, is dit selfs die mees gebruikte taal ter wêreld. Beskou mens slegs die eerstetaalsprekers, dan word Engels nog oortref deurMandaryns enSpaans. Die taal dien aslingua franca vir kommunikasie in wetenskap, tegnologie en in die internasionale politieke en ekonomiese arena oor die hele wêreld.
'n Inisiatief van dieUniversiteit van Cambridge, dieUniversity of Cambridge ESOL examination, is 'n reeks skooleksamens wat die beheersing van die Engelse taal deur nie-moedertaalsprekers toets. Wêreldwyd neem jaarliks twee miljoen mense in meer as 130 lande aan die eksamens deel.
Engels het 'n baie groot woordeskat en daar kom gereeld twee woorde voor vir 'n enkele begrip: een Germaans en een Romaans (byvoorbeeld 'freedom' en 'liberty' beteken beide 'vryheid'). Die verskil in gebruik word grotendeels bepaal deur die register: die Germaanse woord by voorkeur in die daaglikse lewe en die Romaanse sinonieme in amptelike geskrewe taal. Die totale aantal woorde in die Engelse taal is 'n onderwerp van bespreking, maar volgens die Oxford Woordeboek is dit minstens 500 000.
Volgens dieShorter Oxford Dictionary is die woorde in Engels van hierdie oorsprong:
Engels het 'n baie dieportografie, dit wil sê daar is weinig verband tussen uitspraak en skryfwyse. 40 klanke word op 1120 verskillende wyses geskryf. Volgens die navorser Eraldo Paulesu van die Milaanse Universiteit is dit die oorsaak dat in Engelstalige lande tweemaal soveeldisleksie-diagnoses voorkom as inItalië. In Italiaans word 25 klanke op slegs 33 verskillende wyses geskryf.
↑(en)"Lecture 7: World-Wide English".EHistLing. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 April 2007. Besoek op26 Maart 2007.{{cite web}}: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link)