Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Encyclopædia Britannica

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Encyclopædia Britannica

SkrywerSoos op 2008 4 411 genoemde bydraers
Omslagontwerperverskeie; Aanvanklike gravures deurAndrew Bell
LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (1768–1901)
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (1901–hede)
TaalEngels
OnderwerpAlgemeen
GenreEnsiklopedie
UitgewerEncyclopædia Britannica, Inc.
Uitgegee1ste tot 6de uitgawes (1768-1826): privaatuitgewers soosAndrew Bell, Archibald Constable en Colin Macfarquhar
7de tot 9de uitgawes (1827-1901): A & C Black
10de tot 14de uitgawes (1901-1973): Amerikaanse besighede, insluitende Sears Roebuck en die Benton Foundation
15de uitgawe: Benton Foundation en Encyclopædia Britannica, Inc. (as 'n afsonderlike entiteit, saam met Britannica.com Inc.)
MediumDruk (1768–2010)
Bladsye32 640 (15de uitgawe, 2010)
ISBN1-59339-292-3

DieEncyclopædia Britannica (Latyn vir "Britse Ensiklopedie") is 'n algemeneEngelstaligeensiklopedie gepubliseer deurEncyclopædia Britannica, Inc., 'n private maatskappy. Artikels is gemik op geletterde volwassenes, en word geskryf deur ongeveer 100 voltydse redakteurs en meer as 4 000 spesialisbydraers. Dit word beskou as die mees deskundig-onderlegde ensiklopedie.[1][2] Die 2010-weergawe van die 15de uitgawe, wat 32 volumes[3] en 32 640 bladsye beslaan, was die laaste gedrukte uitgawe. Sedert 2016 word dit uitsluitlik as 'n aanlyn ensiklopedie gepubliseer.

DieBritannica is die oudste Engelstalige ensiklopedie wat vir 244 jaar in druk was.[4] Dit is vir die eerste keer gepubliseer tussen 1768 en 1771 inEdinburg,Skotland, en het toegeneem in gewildheid en omvang, sodat die derde uitgawe (1797) en aanhangsel daarvan (1801) twintig bande beslaan het.[5][6][7] Die opgang in aansien het bygedra tot die werwing van toonaangewende bydraers, en die 9de uitgawe (1875–1889) en die11de uitgawe (1911) was 'n baken in terme van geleerdheid en letterkundige styl.[6] Beginnend by die 11de uitgawe, is dieBritannica se artikels verkort en vereenvoudig ter wille van groter aanvaarding in dieNoord-Amerikaanse mark.[6] In 1933, het dieBritannica die eerste ensiklopedie geword om "deurlopende hersiening" te aanvaar, waarvolgens die ensiklopedie onverpoos herdruk word, en elke artikel geskeduleerd opdateer word.[7]

Die laaste uitgawe, die 15de, beskik oor 'n unieke drieledige samestelling: 'n 12-bundelMicropædia met kort artikels (meestal minder as 750 woorde), 'n 17-bundelMacropædia met langer artikels (twee tot 310 bladsye) en 'n enkelbandPropædia wat 'nrangordelike raamwerk van kennis verskaf. DieMicropædia is gemik op vinnige naslaan van feite en as 'n gids tot dieMacropædia; lesers word aangeraai om diePropædia-raamwerk te raadpleeg om die onderwerp se konteks te verstaan en sodoende meer spesifieke artikels na te spoor.[8] Die grootte van dieBritannica het vir 70 jaar min of meer konstant gebly, en bevat ongeveer 40 miljoen woorde en 'n halfmiljoen onderwerpe.[9] Alhoewel dit sedert 1901 in dieVerenigde State gepubliseer word, het dieBritannicaBritse spelwyse behou.[1]

DieBritannica het moeite ondervind om winsgewend te bly.[4] Sekere artikels in vroeëre uitgawes is gekritiseer betreffende sorgvuldigheid, vooroordeel of ongekwalifiseerde bydraers.[6][10] Die akkuraatheid van dele van die 15de uitgawe is eweneens onder verdenking geplaas,[1][11] maar die bestuur vanBritannica het teenargumente op die kritiek gelewer.[12]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 123Kister, KF (1994).Kister's Best Encyclopedias: A Comparative Guide to General and Specialized Encyclopedias (2de uitgawe uitg.). Phoenix, Arizona: Oryx Press.ISBN 0897747445.
  2. Sader, Marian (1995).Encyclopedias, Atlases, and Dictionaries. New Providence, New Jersey: R. R. Bowker (A Reed Reference Publishing Company).ISBN 0-8352-3669-2.
  3. Bosman, Julie (13 Maart 2012)."After 244 Years, Encyclopædia Britannica Stops the Presses".The New York Times (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Junie 2020. Besoek op13 Maart 2012.
  4. 12"Encyclopedias and Dictionaries".Encyclopædia Britannica(15de uitgawe)18.(2007).Encyclopædia Britannica, Inc..257–286. 
  5. Frank A. Kafker en Jeff Loveland, red.,The Early Britannica: The Growth of an Outstanding Encyclopedia (Oxford: Voltaire Stigting, 2009).
  6. 1234Kogan, Herman (1958).The Great EB: The Story of the Encyclopædia Britannica. Chicago: TheUniversity of Chicago Press.
  7. 12"Encyclopædia".Encyclopædia Britannica(14de uitgawe).(1954).  Behalwe dat dit 'n uitstekende opsomming bied van dieBritannica se geskiedenis en vroeë aanverwante produkte, beskryf hierdie artikel ook die lewenssiklus van 'n tipieseBritannica uitgawe. 'n Nuwe uitgawe begin tipies namate sterk verkope afplat wanneer die ensiklopedie verouderd raak. Wanneer werk aan 'n nuwe uitgawe aangepak word, droog verkope van die ou uitgawe op, presies wanneer fiskale behoefte die akuutste is: 'n nuwe redaksiespan moet saamgestel word, en artikels moet gedelegeer word.Elkan Harrison Powell het hierdie wisseling in inkomste uitgewys as 'n bedreiging vir enige ensiklopedie, en het die hoop uitgespreek dat deurlopende hersiening 'n oplossing kan wees.
  8. The New Encyclopædia Britannica (15de uitgawe,Propædia uitg.). 2007. pp. 5–8.
  9. The New Encyclopædia Britannica (15de uitgawe,Indeks aanhef uitg.). 2007.
  10. Burr, George L. (1911)."The Encyclopædia Britannica: A Dictionary of Arts, Sciences, Literature and General Information".American Historical Review.17 (1). American Historical Association:103–109.doi:10.2307/1832843.
  11. Giles, Jim (15 Desember 2005)."Internet encyclopedias go head to head".Nature.438 (7070):900–901.doi:10.1038/438900a.PMID 16355180. Besoek op21 Oktober 2006.
  12. "Fatally Flawed: Refuting the recent study on encyclopedic accuracy by the journal Nature"(PDF). Encyclopædia Britannica, Inc. 2006. Besoek op21 Oktober 2006.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Internasionaal
Nasionaal
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Encyclopædia_Britannica&oldid=2696653"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp