Emund die Oue | |
---|---|
Koning van Swede | |
Bewind | c. 1050-1060 |
Voorganger | Anund Jakob |
Opvolger | Stenkil |
Oorlede | c. 1060 |
Vader | Olof Skötkonung |
Koningshuis | Huis van Munsö |
Eggenote | Astrid Njalsdotter (?) |
Emund die Oue ofEdmund (Sweeds:Emund den gamle) was van omstreeks 1050 tot omstreeks 1060 koning vanSwede.[1] Hy was die seun vanOlof Skötkonung en het sy broer,Anund Jakob, opgevolg. Sy kort bewind is gekenmerk deur onmin oor kerkbeleide en 'n afbakening van die Sweeds-Deense grens waaroor histories gedebatteer word.
Hy het twee bekende kinders gehad: Anund, wat voor sy vader oorlede is, en 'n dogter wie se naam nie bekend is nie, maar die eggenote was van koningStenkil van Swede.[2]
Emund was die laaste koning van die antiekeHuis van Munsö. Hy het tot minstens die somer van 1060 nog gelewe, en is waarskynlik kort daarna dood.[3] VolgensAdam van Bremen is hy opgevolg deur sy "nefie of stiefseun", of waarskynlik sy skoonseun, Stenkil. Met sy bewind het 'n nuwe dinastie begin wat tot die 1120's geduur het.[4]
Voorganger ←Anund Jakob | Sweedse koning | Opvolger Stenkil → |