Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Embrio

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Deel van ’n reeks oor
Menslike groei
en ontwikkeling
Beeld van ’n fetus in die baarmoeder
Stadiums
Sigoot  •Embrio  •Fetus
 •Baba  • Peuter
 •Kind  •Adolessent  •Volwassene
Biologiese mylpale
Bevrugting  •Swangerskap  •Geboorte  •Taalverwerwing  •Puberteit  •Menopouse  •Veroudering  •Dood
Ontwikkeling en menslike sielkunde
Kind  •Volwassenheid  •Moraal
s  b  w
’n Sewe weke ouemenslike embrio.

’nEmbrio is ’n vroeë stadium in die ontwikkeling van ’n meersellige,diploïede,eukariotieseorganisme. In organismes watseksueel voortplant, ontwikkel ’n embrio gewoonlik uit ’nsigoot, die enkelesel wat die gevolg is van diebevrugting van die vroulikeeiersel deur die manlikespermsel. Byplante,diere en sommigeprotiste sal die sigoot begin verdeel deurmitose om ’n meersellige organisme voort te bring.

By mense word ’nswangerskap gewoonlik beskou as vanaf die embriostadium van ontwikkeling, tussen die vyfde en elfde week ná bevrugting,[1] en die embrio word van die twaalfde week af ’nfetus genoem.

Ontwikkeling

[wysig |wysig bron]

By diere

[wysig |wysig bron]

Indierkunde loop die ontwikkeling van die sigoot tot ’n embrio deur spesifieke, herkenbare stadiums van ’nblastula,gastrula enorganogenese. In die blastulastadium is daar gewoonlik ’n vloeistofgevulde holte, dieblastoseel, wat omring is deur ’n sfeer of plaat van selle, wat ook die blastomeer genoem word.

Die binnekant van ’nGinkgo-saad, met die embrio wat sigbaar is.

Tydensgastrulasie ondergaan die selle van die blastula ’n gekoördineerde proses van selverdeling en/of migrasie om twee (diploblastiese) of drie (triploblastiese)kiemlae te vorm. As daar drie lae is, word dit dieendoderm,ektoderm enmesoderm genoem. Die posisie en rangskikking van die kiemlae hang streng van die spesie af en wissel na gelang van die soort embrio wat gevorm word.

Tydens organogenese lei molekulêre en sellulêre wisselwerking tussen die kiemlae, saam met die selle se ontwikkelingspotensiaal, of vermoë om te reageer, tot die verdere differensiasie van orgaanspesifieke seltipes. Tydens neurogenese vorm sekere selle van die ektoderm byvoorbeeld die brein, ruggraat en perifere senuwees.

By plante

[wysig |wysig bron]

Inplantkunde is ’n "embrio" deel van ’nsaad. Dit bestaan uit weefsel wat later die blare, stam en wortels sal vorm, sowel as een of meer saadlob. Sodra die embrio begin ontkiem – uit die saad groei – word dit ’n saailing of kiemplantjie genoem.

Mosplante en varings vervaardig ook ’n embrio, maar nie sade nie. By hierdie plante begin die embrio sy bestaan geheg aan die binnekant van dieargegonium van diegametofiet waaruit die eiersel ontstaan het. Die struktuur en ontwikkeling van die embrio verskil van plantgroep tot plantgroep. Dit word nie meer as ’n embrio beskou sodra dit tot buite die omsluitende argegonium ontwikkeling het nie.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Pregnancy week by week".Mayo (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2020. Besoek op21 Februarie 2016.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Embrio&oldid=2434497"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp